DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 19
31 Jan.2008  06:51
Die verborgenheid is iets wat julle nie verstaan nie en EK sal dit aan julle verduidelik. Wie verstaan waarom iets vir iemand verborge gebly het, terwyl dit partykeer so ooglopend is soos die son aan die hemel? EK is die verborgenheid en terselfdertyd ook die mees helderste waaraan jy kan dink. EK is in die nabyheid en tog is Ek so vêr verwyderd dat niemand wat MY wil vind, MY kan vind as EK nie gevind wil word nie. EK openbaar MYSELF aan wie EK wil en daarom sal niemand wat MY soek vir sy eie gewin MY vind nie. EK hou MYSELF dan verborge en sal nie gevind word nie, al gaan daardie persoon tot op die verste uithoeke van die aarde. EK laat MY egter deur die liefde vind en elke een wat liefde in sy hart het, sal MY vind. Daarmee is die eieliefde nie ingesluit nie, omdat dit direk van die bose af kom. Sny enige eieliefde uit julle binneste uit en EK sal julle kom besoek. Wanneer julle MY met volle geloof en vertroue iets kom vra, sal julle MY ook vind, maar niemand wat My wil vind vir sy eie voordeel sal MY werklik vind nie. Dit sal vir die wêreld lyk of EK daardie persoon baie seën, maar in der waarheid is dit MY teenstander wat daardie persoon “seën” en hy sal dit self nie eens weet nie, omdat hy net op winsbejag uit is. Daar is vandag talle mense wat sê dat EK nie wil hê dat julle finansieel moet sukkel nie en roem dan daarop dat EK húlle so baie geseën het, sodat hulle in hulle rykdomme kan verswelg, maar dit is baie vêr van die waarheid af, omdat EK elke een wat na MY soek, reinig van die aardse besittings, omdat die aardse besittings ‘n baie groot struikelblok in mense se lewens is en hulle MY amper nooit kan vind wanneer hulle teveel het nie. Baie van die mense wat wel met aardse goedere geseën is en dit wel van MY af ontvang het, sal ook weet dat die aardse dinge niks is nie en sal daarmee handel soos wat EK graag wil hê dat hulle moet. Daarin is MY seën ook en hulle sal weet wat om daarmee te doen, terwyl die mens wat sy aardse goedere bo MY stel en daarop roem dat EK hom so geseën het, dikwels sy aardse goed bo sy naaste stel en in suinigheid voortleef, sonder om na die armes om hom te kyk. Daardie mens is dan nie deur MY geseën nie en het self sy rykdom gaan soek, sonder MY. EK wil nie hê dat julle moet sukkel nie, maar dit is geestelik bedoel en nie fisies nie. Om ‘n bietjie te sukkel en sonder die aardse rykdomme te moet gaan, beteken vir die siel oneindig baie en die siel vind baie baat daarby. Daarom wil EK hê dat julle ook armoede moet ken, sodat julle julleself na MY wend en MY dien. EK sal aan julle voorsien en EK wil hê dat julle julle hoop op MY moet bou en dán - eers dan - sal EK julle seën, sodat julle kan weet dat die seëninge net uit MY Hand uit kom. EK weet ook wie EK met rykdom kan seën en wie nie, omdat die meeste mense MY vergeet wanneer hulle rykdomme in hulle hande het. Maar die wat MY ken en liefhet, sal deur MY geseën word tot voordeel van ander. EK het ook MY maniere om te voorsien sodat elke ding wat van MY uitgaan, gedoen kan word en so voorsien EK ook vir die druk van MY Woord in die vorm van die boeke wat julle uit MY Hand ontvang. EK sal julle almal daarvoor seën en julle almal wat betrokke is by die druk van MY boeke sal ryklik daarvoor beloon word. MY kinders, dit is waarvan EK praat as EK sê dat EK julle seën tot voordeel van ander. Deur die druk van MY boeke word MY woord versprei en daarom seën EK almal wat daarby betrokke is. MY kinders, julle almal wat werk om MY woord uit te dra sal ook so deur MY gedra word, omdat julle onbaatsugtig werk en MY bo alles stel. Dink nie dat EK dit nie raaksien nie, omdat EK elke mens wat vir MY werk, sal beloon daarvoor, al is dit in die verborgenheid wat jy vir MY werk. EK sal julle egter in die openbaar, en voor al MY kinders, julle loon daarvoor gee, omdat julle nie omgee om vir MY die stryd op so ‘n manier te stry nie. Gaan in vrede, want EK, julle Vader, seën elke een wat MY woord versprei en hard werk om dit uit te kry.
Amen.
 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205