DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 26
3 Feb.2008 06:58
Gaan en verkondig MY woorde aan die nasies, was MY opdrag aan MY dissipels van ouds en nou ook aan julle. MY kinders, die nasies waarvan EK praat is al die mense van Israel wat nog verlore en verstrooid oor die hele wêreld is. EK sal sekere mense oproep om na die mense in die ander lande te gaan en MY woord daar te gaan verkondig en dit sal hulle baie aangenaam vind, omdat die mense wat daar is, baie honger vir MY woord is. Daar is min van MY woord beskikbaar in die ander lande, alhoewel EK ook ‘n paar profete daar opgewek het. Maar wanneer EK mense van Suid-Afrika daarheen sal stuur, sal hulle met gespitste ore luister, omdat hulle almal nog die Slag van Bloedrivier in hulle geheue het en dit beter onthou as julle eie volk met wie dit gebeur het. EK sal hulle harte open en hulle sal julle met ope arms verwelkom en julle sal baie na MY lei en sodoende sal julle loon by MY ook vergroot. EK weet wie EK na die buitenste lande gaan stuur en is SELF besig om hulle voor te berei vir die groot taak wat voorlê. EK stuur julle. Julle wat gaan, sal ryklik voorsien word van alles wat julle nodig het vir die reis en ook vir oorlewing daar vêr oor die see. Maar MY guns het op hierdie land geval en in Suid-Afrika sal EK MY Naam opbou en julle sal MY híer sien en daarom wil EK ook MY kinders van ander lande hierheen bring, sodat hulle MY ook hier sal sien. Dit is die nuwe volk wat EK vir MY gaan opbou en uit julle alleen sal die nuwe geslag van die nuwe aarde voortkom. Baie van julle wat nou hier sit, sal ook op MY nuwe aarde aanwesig wees en julle sal julle kindskinders se kindskinders aanskou. EK sal julle almal ryklik seën op MY nuwe aarde. Maar voor daardie tyd van ewige vrede aanbreek, sal julle eers vir MY in die wingerd moet gaan arbei. EK sal elke een wat in MY wingerd gaan werk, met alles toerus wat hy nodig het en niemand sal iets kortkom nie. EK sal julle alles gee wat julle nodig het, sodat julle vir MY siele kan wen en sodoende die mense wat nog in die sonde verstrik is, bevry. Dit gaan vir MY om die wen van siele voor die groot dag van Jahweh aanbreek en nie om die vergelding van die slegte werke nie. EK wil die slegte werke uitroei en dit tot niet maak, ja, maar die wen van siele is vir MY belangriker, omdat EK weet dat die bose baie grof teen MY kinders handel en sodra hulle by MY is, sal niks hulle meer kan skaad nie, al dreig die vyand met die dood. Die ewige dood sal die vyand nie aan MY kinders kan gee nie en daarom wil EK hê dat daar gearbei moet word aan MY siele, voor die oordeel kom. MY kinders, kom verklaar julleself bereid om MY werk te doen en EK sal julle seën en help deur alles wat julle moet doen. Julle sal saam met MY die ewige lewe ingaan en julle broeders wat julle uit die dood gered het, sal julle ewig dankbaar wees, terwyl hulle MY loof vir MY krag wat EK julle gegee het om hulle daar uit te gaan haal. Hulle sal MY in julle sien en julle aanneem in MY Naam en daarin lê ook vir hulle ‘n groot loon, omdat elke een wat iemand, deur MY gestuur, aanneem net omdat hy ‘n arbeider in MY Naam is, ook die loon van ‘n profeet sal ontvang. Dit moet julle weet en ook moet julle MY Naam daarvoor loof, omdat EK alleen die groot Ewige Wysheid is en julle volgens MY Wysheid rig.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205