DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 33
5 Feb.2008 06:53
EK sal julle wat na MY soek met vol harte, nooit los sodat julle MY nie sal vind nie. Baie keer is julle eensaam en voel julle deur almal verlate, al is julle tussen baie mense. MY kindertjies, julle moet dink aan MY kruisiging op Golgota en onthou dat EK SELF ook verlate gevoel het. EK het MY kruis gedra sonder dat iemand gehelp het en EK moes SELF MY weg baan. Julle daarenteen het vir MY om julle kruis op te neem en julle het MY om julle te dra, saam met julle sware kruis. EK, julle Vader, sal julle nie verlaat nie, al voel dit vir julle of julle alleen hierdie swaar pad moet loop. Wees net daarvan verseker dat julle nie deur MY verlaat sal word nie, en dat EK julle sal dra, al voel julle alleen. EK moet MYSELF van julle terugtrek, sodat julle die keuse self kan maak en ook dat julle die harde pad moet stap en verlate voel sodat julle nog kan besluit of julle voort wil gaan of nie. Kies julle om, ten spyte van die swaar pad, nog voort te gaan, sal EK weer kom en julle optel en julle sal voel dat EK weer met julle is en julle dra. Dit is ook deel van die reinigingsproses en julle sal nie deur My verlaat word vir ewig nie. MY Vader het MY verlaat, sodat EK SELF die pad kon stap en HY het weer met MY verenig op die vasgestelde tyd. Net so sal EK julle ook ‘n klein rukkie alleen laat sodat julle alleen kan stap en self ‘n keuse maak. EK sal MY dan na jou haas as EK sien dat jy aanhou stap, al word dit hoe swaar. Dan sal jy MY voel en jy sal weet dat EK met jou was. Anders as wat dit met MY kruisiging was, sal EK baie vinnig na jou kom, omdat EK weet dat julle swak mense is en nie mooi weet hoe om voort te gaan sonder MY leiding nie. EK sal niemand verlaat nie, al voel dit so. EK is nog steeds by jou, maar trek MY terug, sodat dit vir jou voel of EK nie meer teenwoordig in jou is nie. Maar EK is nog daar en sal jou dra en voor jy weet, is jy in MY arms. EK het in MY sterwensuur heeltemal verlate gevoel en daar was niemand wat MY kon dra nie. EK is met MY Vader verenig en al die krag is aan MY teruggegee. Dit belowe Ek julle ook almal, dat julle met krag vervul sal word en dat julle nie altyd so kragteloos en magteloos sal voel nie. Kom na MY, stap die pad na MY en EK sal jou optel en jou dra deur alles wat jy vir MY op aarde moet doen. Gee alles aan MY oor en vertrou net ten volle op MY.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205