DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 6
23 Jan.2008 08:14
Julle almal wat nou hier lees, sal eendag voor MY kom staan en EK sal julle alles kan wys wat julle op aarde gedoen het en ook wat julle nagelaat het om te doen, terwyl EK jou ‘n opdrag gegee het. Elke een sal voor MY kom staan en hoe jou gesindheid teenoor MY was, sal dan ook bepaal hoe jy voor MY sal staan. Daar sal van julle wees wat deur MY opgetel word, omdat julle MY liefhet en dan sal daar die wees wat MY net as vriend wil hê. So iemand sal dan ook nie deur MY opgetel word nie, omdat jy nie jou vriende dra nie. Wie word dan deur MY opgetel en gedra? Die wat in MY ‘n Vader soek. ‘n Vader sal SY kinders optel en dra, maar ‘n vriend sal net met sy vriend praat en gesels, maar daar sal nie verdere aanraking plaasvind nie. MY kinders, julle is in MY oë MY kinders, maar die van julle wat MY net as Vriend wil hê, sal bitter spyt wees daaroor, omdat EK julle dan nie sal optel en julle sal dra nie. EK sal julle bystaan en julle help , maar die noue verhouding wat EK met julle gesoek het, sal nie daar wees nie. Dink daaraan en gaan kyk hoe jy MY sien. Is dit net as Vriend en Broeder? Of is EK jou Vader ook? Is EK jou Vertroueling wanneer jy probleme het, of is EK jou Verlosser ook? MY kinders, EK wil alles vir julle wees en Ek wil met julle in die eg tree ook. Dit beteken dat EK met julle almal Een wil word. Maar die van julle wat MY wel liefhet, maar net as Vriend, of net as Verlosser, sal nie met MY Een kan word, voordat EK nie álles in jou lewe geword het nie. MY lieflingskinders, EK wil hê dat julle julleself moet losmaak van alles om julle en ook selfs van julle mense wat julle so liefhet. Dit beteken nie dat julle mekaar nie meer moet liefhê nie, maar dit beteken dat jy MY eerste moet stel en nie jou vrou of kind of man nie. Wanneer jy MY eerste stel, sal jy doen wat EK jou vra en dit wat ‘n mens van jou verwag, tweede stel. Julle almal hou daarvan om styf teen jou huweliksmaat te lê omdat julle mekaar baie liefhet. Maar wanneer EK julle roep om te kom bid, in plaas daarvan om saam met jou huweliksmaat in die bed te klim, moet jy MY dan ook eerste stel en met MY kom praat wanneer EK jou roep. Dit is dan wanneer EK eerste in jou lewe kom. Voordat jy wil doen wat vir jou lekker is, moet jy MY eers kom vra of dit is wat EK wil hê en as dit nie is nie, moet jy jou huweliksmaat teleurstel, sodat jy MY Woord kan doen. EK sal ook in jou huweliksmaat se hart werk en hy/sy sal verstaan dat EK eerste kom. Dit is die reiniging waarvan EK praat tussen man en vrou en EK het nog nooit iemand beveel om te skei in die sin van die woord wat julle verstaan nie. Wie EK bymekaar gesit het, mag niemand verbreek nie en dit sal so bly. Poog eerder daarin om jou huweliksmaat na MY te bring deurdat jy MY eerste kies en EK sal haar of hom bewerk en hy of sy sal dit begin verstaan en insien. My kinders, julle weet nie wat alles om julle gebeur in die geesteswêreld nie en sal daarom ook nie verstaan waarom EK julle beveel om van mekaar “geskei” te lewe nie, maar die wat wel van mekaar afgesien het ter wille van MY, sal dit ook alles verstaan en is bly daaroor omdat EK in hulle albei se lewens werk en hulle altwee die reiniging ondergaan en EK sal hulle altwee weer vir mekaar gee - gereinig en skoon en heeltemal in MY wil. Daarom wil EK julle almal aanspoor om MY heel eerste te kies en MY jou alles te maak. Eerstens jou Vader, jou Broer, jou Vriend, jou Verlosser, jou Koning en selfs jou Huweliksmaat. EK wil jou Eerste Man wees as jy ‘n vrou is en EK sal jou aardse man aan jou teruggee. Kom sien MY ook as jou Vervanger vir jou vrou en EK sal haar ook weer aan jou teruggee. EK sal jou Eerste en jou Laaste wees as jy MY so begeer, en alles wat jy ter wille van MY opgegee het, sal dan weer aan jou teruggegee word en jy sal bly wees omdat jy die hartseer van die skeiding moes deurmaak, omdat jy en jou mense skoon en rein vir mekaar teruggegee word.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205