DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 20
31 Jan.2008 07:24
Soos die kringloop van die son om die groot oersonne, so is die lewe elke dag. Dit hou net aan en aan en voel of dit in der ewigheid nooit sal ophou nie. In der waarheid hou dit nooit op nie, want as die lewe moet ophou, beteken dit dat EK moet ophou, en dit is heeltemal onmoontlik. EK was en is en sal vir ewig bly staan, omdat EK die Groot EK IS is. Almal wat MY in hulle harte het, sal ook vir ewig lewe, omdat EK nie dood kan gaan nie en as jy MY in jou binneste het, lewe jy net eenvoudig vir altyd. EK sal julle MY ewige lewe in die hiernamaals skenk en omdat julle MY liefhet, sal julle nooit kan verkoel nie, omdat MY liefde ‘n brandende vuur in die binneste van elke siel is, wat MY liefhet. Die brandende liefde kan nie uitgewis of geblus word nie en al kom jy te sterwe, leef jy dan eintlik éers. Geen mens kan MY liefde vir julle deurgrond nie en niemand ken MY weë tot op die laaste letter nie. Al wat julle moet weet, is om MY en julle naaste lief te hê en alles sal aan julle duidelik gemaak word, omdat die liefde niks bedek nie, maar alles in die openbaar bring. Die liefde bedek wel die sonde en sal, as iemand MY om vergifnis gesmeek het, daardie mens se sondes ook vergeet en dit nie weer ophaal en voor almal uitbring nie. Daarom moet julle liefde hê en sodoende sal julle MY liefde in julle laat vlamvat deurdat ander dit in julle sien en MY daardeur loof. Ander sal dan julle liefde vir MY raaksien en dit self begeer en julle sal op so ‘n manier skyn in die donker wêreld en niemand kan daardie lig verdof nie, tensy jy dit self nie meer wil hê nie, wat heel onwaarskynlik is, omdat die liefde die mees wonderlikste gevoel in jou binneste is. Niemand wat eers die liefde gesmaak het, wil daarvan ontslae wees nie en wil net nog meer daarvan hê. Op so ‘n manier vermeerder die liefde binne julle en laat julle innerlike so verhelder en verlig en kan nie weggesteek word nie, omdat MY lig bo alle ligte skyn. Elke een wat MY liefde binne hom/haar dra, sal meer daarvan ontvang as hulle wil en dit is dan die vermeerdering van die talente waarvan daar gepraat word in die Bybel. EK het nog nooit gepraat van aardse talente nie, maar van die vermeerdering van die liefde, en daarmee die kleure van die reënboog in jou hart, sal jy vir MY skyn en ander op die regte pad lei, deur jou lig wat die weg verlig. MY kinders, hoe meer liefde julle het, hoe meer sal julle die weg, met MY lig, vir ander verlig en hulle sodoende op die regte weg lei tot hulle by MY is en self die liefde uit MY hand kan ontvang. Gee jouself oor aan die liefde vir MY en vir die naaste en jy sal verstaan waarvan EK praat, as EK jou sal seën met die gawes waarvan daar gepraat is in MY woord, die Bybel. MY gawes sal jou binnekant verlig en jy sal ander op die regte pad kan help en MY op so ‘n manier verheerlik, omdat EK die Een is wat jou daardie gawes en talente gegee het. EK sal elke een so seën en niemand sal deur MY afgeskeep word nie. Elke mens het ‘n spesifieke doel op aarde en sal dan ook deur MY daarvoor opgewek word op die regte tyd. As jy voel dat jy nie vir MY iets werd is nie, maak jy ‘n groot fout, omdat jy vir MY baie kosbaar en lieflik is, maar jou tyd het nog net nie gekom om MY werk, aan jou toegesê, te verrig nie. Moenie na ander kyk en hulle beny omdat hulle vir MY werk nie, omdat jou werk vir MY dalk nog baie groter as hulle s’n sal wees. Elke een moet vir MY werk en al is die werk hoe klein in jou oë, beteken dit vir MY baie, omdat EK jou liefhet. MY kinders, net die bereidwilligheid is al vir MY genoeg en dit sal vir jou tot loon wees. Kom, laat EK jou gebruik, sodat Ons ander se siele uit die donker put kan trek en net soos wat EK jou gered het, moet jy MY help om ander te help en elke mens wat so in opregtheid na MY kom, sal nie afgewys word nie en EK sal so iemand gebruik, omdat hy MY en sy naaste wil dien. Dien MY in opregtheid en jy sal ander help.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205