DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 2
22 Jan.2008 07:23
Gaan na die mier, luiaard en word wys! Waarom het die skrywer van díe spreuk dit gesê? Was dit net omdat die miere flukse diertjies is, of is daar iets anders agter dit verberg? Kom EK vertel julle waarom hy so gesê het. MY kinders, in die ryk van die miere is daar mos ‘n koningin en al die miere skarrel net om haar gelukkig te hou, sodat sy die mierkolonie kan voorsien van eiers en so die voortleef van die nes verseker. Maar daar is nog iets anders wat julle nie weet nie. Waarom sterf die mierkolonie uit as die koningin vrek? Daar is mos genoeg ander miere en eiers om die voortbestaan van die nes te verseker! Maar wat julle nie weet nie, is dat die koningin die siel van die nes in haarself dra. Sy hou die lewe van die nes in haar vet liggaam vas. MY kinders, dit klink nou vir julle snaaks, omdat die miere elkeen sy eie lewe ook het en kan rondbeweeg sonder dat hulle naby die koningin is. Maar sy verskaf aan hulle ‘n sielesubstansie wat hulle almal aan die lewe hou en dit is die belangrikheid van die koningin. Sy het alles in haar “hande”. Het julle al gesien dat die miertjies verantwoordelik vir haar versorging, haar die hele tyd streel sodat sy moet eiers lê? Dit is nie die enigste rede daarvoor nie. Hulle streel haar lyfie en daardeur skei sy genoeg van die sielesubstansie af sodat al die miere in die hele nes van haar geur ontvang en daardeur krag kry om aan te gaan. Die miertjies asem dit in terwyl hulle in die nes rondloop, al is sy in die heel onderste kamer teenwoordig, en hulle ontvang dan hulle krag van haar. MY kinders, die geestelike betekenis daarvan is dan ook as volg. Julle MY kinders, moet die hele tyd julle krag van MY ontvang en terwyl julle dan in die stad rondgaan en MY GEES aan ander uitdeel, sal julle ook krag van MY ontvang. Dit is die rede vir die koningin in die nes en net soos wat die miertjies in die gange rondloop en haar sielesubstansie inasem, moet julle in MY gange van die wysheid en liefde rondloop sodat julle kan bly leef. MY GEES sal julle almal aan die lewe hou en julle sal kan voortgaan en ander mense na MY bring en sodoende die voortbestaan van MY kinders bevestig. EK wil julle almal na MY bring waar julle in Liefde sal voortleef en nooit sal sterf nie. Julle sal almal uitsterf as dit nie vir MY, julle Koning was nie. Kom na MY en EK sal alles vir julle dra en julle sal ook julle kragsubstansie van MY ontvang en niemand sal sonder MY kan oorleef nie. Daarom is die wêreld en sy mense dood in die gees, omdat hulle nie na MY kom en MY GEES inasem nie. Julle wat MY GEES inasem, sal net soos die miertjies kan voortgaan en in werksaamheid verkeer. Sodoende sal julle ook die “nes” waarin MY kinders verkeer vergroot en sal nie uitsterf nie. EK is liefde en as jy in liefde voortleef, sal jy aanhou lewe en nie omkom nie. Julle Ewige Skepper en Vader van alle tye sê hierdie woorde aan julle. As julle nie alles verstaan nie, sal dit aan julle duidelik gemaak word as julle dit met julle harte begeer.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205