DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 5
23 Jan.2008 07:31
In die verlede het EK aan julle gesê dat julle alles wat julle doen eers aan MY moet opdra en EK sal dit dan vir julle laat uitwerk. Dit is die volgende verborgenheid wat EK aan julle bekend wil maak. Julle almal doen baie keer ‘n ding en daarna is julle spyt, omdat julle nie eers vir MY gevra het of dit die regte ding is nie. Dit is nie eers baie keer ‘n groot ding nie en word ook nie as sonde vir julle toegereken nie, maar wat julle nie weet nie, is dat EK dit nog beter vir julle sou laat uitloop het, as julle dit net aan MY gegee het om vir julle te reël. MY kinders, julle vra MY dikwels vir iets en kry dan geen direkte antwoord nie. Ook sal julle, as julle nie dadelik ‘n antwoord kry nie, en dit is volgens julle ‘n dringende versoek, maar julle eie koppe volg. EK wil julle wys dat julle heeltemal verkeerd handel in daardie opsig. EK het met MY kruisiging op aarde baie mense uit die dood verlos wat nie andersins daaruit sou kom nie. Baie van hulle wat in die gevangenis gesit het, was van plan om met Satan ‘n ooreenkoms aan te gaan sodat hulle net uit die gevangenis kon uitkom. Maar net voor dit kon gebeur, het EK MY intrede daar gemaak en EK het hulle almal daar uitgehaal. Die wat so amper deur Satan verlei is om sy vuilwerk te doen, is dan ook deur MY gered, maar hulle het nie so ‘n groot loon ontvang soos die wat MY in alle opsigte getrou gebly het nie. Daar was van hulle wat al etlike jare (gemeet in aardse jare) daar gesit het en was baie moeg daarvan. Die duisternis het hulle omgeef en hulle het begin twyfel of daar ooit redding vir hulle sou kom. MY kinders, daardie arme siele het dan ook dag en nag om hulp geroep en het gedink dat EK hulle nie hoor nie en dat EK hulle nooit sal red nie. Dit was dan ook die rede dat hulle begin twyfel het en het gedink dat hulle met die Satan ‘n ooreenkoms kan aangaan en sodoende hulleself kon red. Wat hulle nie geweet het nie, was dat Satan hulle nie sou gehelp het nie, maar net dieper in die afgrond sou gooi. EK het daar ingekom en hulle almal daar uitgehaal. Die wat daaraan gedink het om met die duiwel ‘n ooreenkoms te sluit, was dan ook bitter spyt dat dit selfs net in hulle gedagtes opgekom het, omdat hulle die saak in hulle eie krag wou oplos. MY kinders, hulle is ook deur MY daar uitgehaal, maar dit was vir hulle ‘n teleurstelling om te sien wat hulle toe alles verbeur het. Daarom sê EK ook vir julle, dat baie dinge wat julle self opgelos het op aarde, omdat julle te ongeduldig was vir MY helpende hand, baie beter vir julle sou gewees het en julle sou baie meer voordeel uit die saak getrek het, as julle dit in MY Hand gelos het. Julle het wel die saak goed opgelos gekry, maar dit sou vir julle nóg beter gewees het as julle eie oplossing. Dink daarom in die vervolg na voor julle iets self oplos en nie wil wag vir MY Stem wat vir julle die leiding sal gee nie. EK sal julle lei en julle sake vir julle die beste kan oplos. Los dit net in MY Hande, al kry jy nie ‘n antwoord op die tyd dat jy dit wil hê nie. EK sal jou wel antwoord en jou in jou saak help, sodat dit die beste vir almal sal wees.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205