DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 11
25 Jan.2008 06:35
Sal ‘n vader sy seun ‘n klip gee as hy vir ‘n brood vra? Sal hy vir sy seun ‘n slang gee as hy vir iets om te eet vra? Nee, MY kinders julle sal nie vir julle kinders iets anders gee as wat hy van jou vra nie, né. Waarom dink julle dan dat EK vir julle iets anders sal gee as wat julle vra? EK sal dit nooit doen nie en daarom is die vrees dat EK julle sal verlaat, ongegrond. MY kinders, julle sal nooit deur MY verlaat word as die verlange in jou binneste is om MY die hele tyd by jou te hê nie. EK sal by julle elkeen wat MY daar wil hê, bly. Maar al die wat MY nie daar wil hê nie, sal mos ook ontvang wat hulle wil hê. As hulle graag wil hê dat EK nie teenwoordig moet wees in hulle lewens nie, sal hulle mos nie kan huil wanneer die groot basuin blaas en EK op die wolke kom om MYNE te kom haal, en hulle moet agterbly en saam met die aarde brand nie. Daarom moet julle dit altyd onthou, omdat EK elke een se vrye wil respekteer en julle almal baie liefhet Selfs die sondaars wat MY nie by hulle wil hê nie, word deur MY bemin. Maar die wat MY ook bemin sal deur MY geseën en met baie groot liefde terug behandel word, terwyl die wat MY haat, ook deur MY op dieselfde manier behandel sal word as die manier waarop hulle MY behandel. Dit is ook ‘n verborgenheid dat iemand wat MY liefhet, deur MY gedra word, omdat hy nie daarvan bewus is voordat sy geestesoog oopgegaan het nie. Hy/sy sal dan sien hoedat hy in MY arms sit en EK hom deur alles dra en ook behoed, sonder dat hy eers daarvan bewus is. Julle dink dat julle nie deur MY gedra word nie, omdat julle niks kan voel en sien nie, maar MY krag werk op so ‘n manier dat julle dit nie voel nie. Baie keer het MY skryfknegte al gevra dat EK hulle sal help om die regte ding vir iemand te sê, en dan beloof EK hulle ook dat EK die woorde in hulle mond sal sit. Dan, as hulle met die betrokke persoon praat, voel dit of hulle self praat en of EK nie die woorde in hulle mond gesit het nie. Na die tyd kom vra hulle MY of hulle ooit die regte ding gesê het, omdat hulle voel dat dit uit hulleself uitgekom het. MY kinders, EK werk sag met elke een van julle, omdat julle sal beswyk as julle MY krag in julle sal voel die hele tyd. Daar is wel al mense wat MY kragtig in hulle voel werk het en hulle weet dat dit EK was wat deur hulle gepraat het, maar dit is net om hulle geloof te versterk en sal nie elke keer gebeur nie, sodat hulle ook in MY sal glo, terwyl hulle niks voel nie. MY kinders, wees nie bevrees nie, EK sal julle altyd bystaan en julle die regte woorde in die mond lê, as julle MY opreg wil dien en nie jou eie ego wil dien nie. EK sal julle lei en julle sal reg handel sonder dat jy die hele tyd ‘n krag in jou binneste voel. Wanneer jy jouself heeltemal aan MY oorgee, sal EK jou gebruik, omdat jy ‘n gewillige werktuig in MY hande is. Dit gaan oor die wen van siele. Sal Ek dan dat jy uit jou eie alles deurmekaar krap, deur die verkeerde woorde te gebruik, as jy iemand vir MY wil wen met ‘n opregte hart? Nee, EK weet wat die mense moet hoor en wat nie en daarom is jy partykeer teleurgesteld en dink jy dat jy vergeet het om dit of dat te sê en jy dink dat dit die regte ding sou gewees het om te sê, maar EK het geweet dat dit nie die regte ding is om te sê nie en het jou daarvan weerhou. Dit is alles MY krag wat in jou gewerk het en jy het dit nie agtergekom nie. Glo en vertrou altyd op MY en EK sal julle altyd in die waarheid inlei, sodat julle ander kan help wat nog in die gevangenes sit en EK sal jou die regte sleutel gee vir die regte persoon. Elke mens is anders as die ander een en moet dan ook op verskillende wyses benader word. EK weet hoe om elke een te benader sodat sy siel gered kan word en as jy dan met MY krag in jou praat, sal jy nooit verkeerd handel nie. Kom vra MY voordat jy met iemand gaan praat en EK sal jou altyd die regte woorde in die mond lê.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205