|
DIE BOEK VAN OPENBARING EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 1
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25. |
|
|
Emanuel Swedenborg – 1688-1772
Arcana Coelestia – Geheime van die Hemele
Die mens lees die Boek van Openbaringe in `n natuurlike, uiterlike en
letterlike sin, waar die engele dit in `n geestelike, innerlike sin lees. Die
Boek Openbaring word nou verduidelik en bekend gemaak volgens die
geestelike betekenis daarvan, waar Goddelike waarhede in oorvloed aan
die lig gebring word deur die Verlosser, vir diegene wat in Sy Nuwe Kerk
sal wees, wat ook die Nuwe Jerusalem is. Omdat die mens hierdie boek
op die letterlike sin interpreteer, verstaan hulle dit nie en verwag dat al
die profesieë daarvan aan die einde van die dae volbring sal word – wat
glad nie die waarheid is nie! Sien ook die gedeeltes oor “Die Laaste
Oordeel” wat al in 1757 volbring was, en ook “Daniël 12.”
Hierdie openbaring is van die Verlosser alleen, en word geopenbaar aan
hulle wat in Sy Nuwe Kerk sal wees, wat die nuwe Jerusalem is, en die
Verlosser as God van Hemel en Aarde erken, die Verlosser word ook as
die Woord beskryf.
|
|
|
|
|