DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Hoofstuk 14 Die inhoud: Is aangaande die Nuwe Christen Hemel. Die bekendmaking van die koms van die Verlosser, en dan die Nuwe kerk. `n Vermaning om nie terug te trek van geloof geskei van naaste liefde, waarin die kerk huidig is. Die ondersoek van hierdie, en die openbaring dat hulle werke boos is Open. 14:1 En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd-vier-en veertig duisend (die Verlosser is nou in die Nuwe Hemel vanuit Christene, wat Hom erken as die God van hemel en aarde, en in waarhede van leerstellings was vanuit Hom deur die Woord), met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe. (deur die erkenning van die Verlosser se Goddelike en die Goddelike Menswese met hulle). Open. 14:2 En ek het ‘n geluid uit die hemel gehoor soos die geluid van baie waters (die Verlosser wat spreek deur die Nuwe Hemel vanuit Goddelike Waarhede), en soos die geluid van ‘n harde donderslag, (en vanuit Goddelike Liefde), en ek het die geluid gehoor van siterspelers wat speel op hulle siters.(die belydenis van die Verlosser vanuit vreugde van die hart deur die engele van die laer hemele) Open. 14:3 En hulle het ‘n nuwe lied gesing voor die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge; (feesviering en verheerliking van die Verlosser voor Hom en voor die engele van die hoogste Hemele), en niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderd vier en veertig duisend. (dat geen ander vanuit die Christene kon verstaan, alleenlik hulle wat deur die Verlosser ontvang is in die Nuwe Hemel en dus vanuit liefde en geloof erken, dat die Verlosser alleen die God van hemel en aarde is), wat van die aarde vrygekoop is (dat hulle diegene was wat wedergebore kon word deur die Verlosser en dus vrygekoop is van die wêreld). Open. 14:4 Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; ( en dat hulle nie die Waarhede van die kerk vermeng het nie, en hulle nie besmet het met valshede van geloof nie, maar dat hulle die waarhede liefgehad het omdat dit waarhede is), dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; (omdat hulle verenig is met die Verlosser deur liefde en geloof in Hom, omdat hulle gelewe het volgens Sy bevele), dit is hulle wat gekoop is uit die mense (dit is diegene wat wedergebore kan word deur die Verlosser en dus vrygekoop van die wêreld), as eerstelinge vir God en die Lam. (is die eerste begin van die Christen hemel, wat een God erken in wie die drie eenheid is, en dat Hy die Verlosser is). Open. 14:5 En in hulle mond is daar geen bedrog gevind nie; (dat hulle nie vanuit sluheid en doel spreek en oortuig vir valsheid en boosheid), want hulle is sonder gebrek voor die troon van God. (omdat hulle in waarhede van goedheid vanuit die Verlosser is). Open. 14:6 En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg (is die aankondiging van die koms van die Verlosser, en van die Nuwe Kerk wat gaan neerdaal vanuit die hemel vanuit Hom), met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke. (aan almal wat in die goedhede vanuit godsdiens, en in waarhede vanuit leerstellings is). Open. 14:7 En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God (`n vermaning om nie booshede te doen, omdat dit teen die Verlosser is), en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; (en die erkenning en belydenis dat al die waarheid van die Woord vanaf die Verlosser is, waarvolgens elke mens geoordeel sal word), en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het. (omdat die Verlosser alleen aanbid moet word, omdat Hy alleen, Skepper, Redder en Verlosser is, en vanuit Hom alleen is die engele Hemel en die kerk, en alle dinge van hulle). Open. 14:8 En ‘n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon, die groot stad, (dat die Roomse Katolieke godsdiens, volgens die leerstellinge en stelsels daarvan, nou verstrooi is). omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery. (omdat sy almal verlei het wie sy kon onderwerp aan haar heerskappy, deur ontheiliging van die Woord en vermenging van die goedheid en waarheid van die kerk). Open. 14:9 En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê (deur verdere openbarings vanaf die Verlosser aangaande diegene in geloof geskei van naaste liefde) As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, (wie ookal erken en die leerstellings ontvang aangaande regverdiging en redding deur geloof alleen, dit bevestig, en lewe volgens dit). Open. 14:10 sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn (dat hulle die goedhede en waarhede van die Woord vervals, (en in hulle lewe van daardie vervalste dinge opneem), en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. Open. 14:11 En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, (sal eie liefde en die wêreld liefde en die wellus daarvan, en vanuit hierdie die trotsheid van hulle eie intelligensie, en daaruit marteling in die hel ontvang) en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang. (in `n ewige toestand van ongewenste dinge met diegene wat daardie geloof erken en ontvang, dit bevestig, en volgens dit lewe) Open. 14:12 Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar. (omdat die mense van die Verlosser se kerk ondersoek word deur versoekings vanaf hulle, wat die kwaliteit van sy lewe is volgens die bevele van die Woord en van sy geloof in die Verlosser) Open. 14:13 En ek het ‘n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf:- salig is van nou af die dode wat in Jahwehshua sterwe. (`n voorspelling vanaf die Verlosser wat die toestand van diegene wat van Sy kerk sal wees na die dood, dat hulle ewige lewe en vreugde sal ontvang) Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, (omdat die Goddelike Waarheid van die Woord leer dat hulle wat hulle siel kwel en hulle vlees kruisig terwille van daardie dinge, sal vrede in die Verlosser hê), en hulle werke volg met hulle. (volgens hulle liefde en geloof, en daaruit gedoen en gespreek het). Open. 14:14 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit wolk en een soos ‘n Menseseun wat op die wolk sit, (die Verlosser volgens die Woord) met ‘n goue kroon op sy hoof en in sy hand ‘n skerp sekel. (die Goddelike Wysheid vanuit Sy Goddelike Liefde, en die Goddelike Waarheid van die Woord) Open. 14:15 En ‘n ander engel het uit die tempel gekom (vanuit die Engel hemel), en met ‘n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het. (met smeekgebede van die engele van die Hemel aan die Verlosser, dat Hy `n einde moet maak, en die laaste oordeel voltrek, omdat dit nou die laaste toestand van die kerk is). Open. 14:16 En Hy wat op die wolk sit, het sy sekel oor die aarde laat gaan, en die aarde is afgemaai. (die einde van die kerk, omdat daar nie meer enige Goddelike Waarheid daar in is nie). Open. 14:17 En ‘n ander engel het uitgekom uit die tempel wat in die hemel is, en hy het ook ‘n skerp sekel gehad; (die hemele van die Verlosser se Geestelike Koninkryk, en die Goddelike Waarheid van die Woord met hulle). Open. 14:18 en ‘n ander engel wat mag oor die vuur gehad het, (die Hemele van die Verlosser se Hemelse Koninkryk, wat in liefde van goedheid vanuit die Verlosser is), het uit die altaar uitgekom en met ‘n groot stem geroep na hom wat die skerp sekel het, en gesê: Slaan jou skerp sekel in en samel die trosse van die wingerdstok van die aarde in, (die Verlosser se werking vanuit die goedheid van Sy Liefde deur die Goddelike Waarheid van Sy Woord in die werke van naaste liefde en geloof, met die mense van die Christen kerk), want sy druiwe het ryp geword (omdat dit die laaste toestand van die Christen kerk was). Open. 14:19 En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes (die einde van die huidige Christen kerk), en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van God. (en die ondersoek na die kwaliteit van hulle werke, dat hulle in boosheid was). Open. 14:20 En die parskuip is buitekant die stad getrap, (dat ondersoek gedoen was vanuit die Goddelike Waarheid van die Woord volgens die kwaliteit van die werke wat voort vloei vanuit die leerstellings van geloof van die kerk). en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde), (die geweld aan die Woord gedoen deur ontsettende vervalsings van die waarheid, en die begrip so gesluit daardeur, dat mense nouliks meer geleer kan word, en op so manier gelei kan word deur Goddelike Waarheid vanaf die Verlosser, twee honderd myl ver.(dit is blote valsheid van boosheid) Verduideliking Ek het gesien - dit is die dinge wat volg in die hoofstuk `n Lam - is die Verlosser as Goddelike Menswese Die berg Sion - die hemel Deur 144,000 -almal wat die Verlosser erken as die enigste God van hemel en aarde, wat in die waarhede van leerstellings vanuit goedheid van liefde vanuit Hom deur die Woord is. Geseël op die voorhoof - hulle was vernaam en geskei van die ander Christene, in hoofstuk 7, maar nou is hulle bymekaar versamel as een, en die hemel is uit hulle geskep. Hierdie hemel is versamel vanuit Christene, wat die Verlosser alleen nader, aanbid en gelewe het volgens Sy bevele in die Woord, deur booshede te vermy as sonde teen God. Hierdie Hemel is die Nuwe Hemel, waaruit die Heilige Jerusalem sal neerdaal, en dit is die Nuwe Kerk op aarde. Open.21;1-2. Die hemele wat voor die koms van onse Verlosser geskep was, en wat die ou hemele genoem word is bo die Nuwe Hemel. Die land Canaan, die kerk want die Woord was daar, en deur dit was die Verlosser geken, midde die land was die stad Sion, en onder dit die stad Jerusalem en altwee op `n berg. Sion en Jerusalem bedoel die innerlike dinge van die kerk en omdat die kerk in die hemele een is met die kerk op aarde. Sion en Jerusalem - bedoel die kerk ooral in die wêreld waar die Woord is Maar Sion - die kerk volgens liefde en Jerusalem - die kerk volgens die leerstellings van die liefde. Berg Sion - Hemel en kerk waar die Verlosser alleen aanbid word. Die twee noodsaaklikhede vir die toelating in die Nuwe Kerk en Nuwe Hemel is soos volg: `n Lewe volgens die Tien Gebooie, die toepassing daarvan in alle lewensomstandighede. Die geloof in die Drie eenheid van die Verlosser – as EEN WESE Vader – die Goddelike Hemelse Liefde; Seun - Goddelike Geestelike waarheid en Wysheid; Gees – die Goddelike Voorsienigheid wat van die Verlosser uitgaan wat alles onderhou; Dat die Vader in die Goddelike Menswese van die Verlosser is, DUS EEN WESE, soos wat ons as mens ook EEN wese in liggaam is, waarin siel en gees is, dus is Goddelike liefde en Goddelike waarheid binne die Goddelike natuurlike liggaam van die Verlosser as EEN wese, dus is die Verlosser ons Hemelse Vader en Skepper van die Hemel en Aarde in die Goddelike Menswese, dat Hy Sy natuurlike liggaam heeltemal vergoddelik het en daardeur alle werke doen in die Hemel sowel as op Aarde.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205