DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Hoofstuk 15 Die voorbereiding vir die onthulling van die laaste toestand van die kerk, en vir die blootlê van die booshede en valshede waarin hulle is, van wie diegene afgeskei word wat die Verlosser bely het, en gelewe het volgens Sy bevele. Open. 15:1 En ek het ‘n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik: (`n Openbaring deur die Verlosser aangaande die toestand van die kerk op aarde, en wat dit is volgens liefde en geloof), sewe engele met die sewe laaste plae, (en die booshede en valshede in die kerk, wat in die algemeen blootgelê is deur die Verlosser sodanig as wat hulle is in die laaste toestand daarvan, want daarmee is die grimmigheid van God voleindig. (en die verwoesting van die kerk, en dan die einde daarvan) Open. 15:2 En ek het gesien iets soos ‘n see van glas, gemeng met vuur. (op die verste grens van die geestelike wêreld, waar diegene saam versamel was wat godsdiens gehad en daaruit aanbid het, maar nie die goedheid van lewe nie). En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, en diegene wat geloof alleen met die leerstellings daarvan verwerp het, en het dit sodoende nie erken, en ook nie die valshede daarvan opgeneem, en ook nie die Woord vervals het nie), het ek by die see van glas sien staan, met siters van God. (in die Christen Hemel binne die grense, en die geloof van naaste liefde met diegene wat daar was) Open. 15:3 En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, (in belydenis vanuit naaste liefde en dus vanuit `n lewe volgens die bevele van die Wet, wat die Tien Gebooie is), en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; (en dat alle dinge van die wêreld, hemel en die kerk was geskep en gemaak deur die Verlosser vanuit Goddelike Liefde en Goddelike Wysheid), regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges! (omdat alle dinge wat voortkom vanuit Hom regverdig en waar is, en dat Hy Goddelike Goedheid self en Goddelike Waarheid self in die hemel en in die kerk is). Open. 15: 4 Wie sal U nie vrees nie, Jahweh, en u Naam nie verheerlik nie? (en dat Hy alleen lief gehad en aanbid moet word). Want U alleen is heilig; (omdat Hy die Woord, die Waarheid en Voorligting is), want al die nasies sal kom en voor U aanbid, (en dat almal wat in die goedheid van liefde en naaste liefde is die Verlosser alleen as God erken), omdat u regverdige dade openbaar geword het. (omdat die Waarhede van die Woord dit openlik getuig). Open. 15:5 En ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, die tempel van die tent van die getuienis in die hemel is geopen. (en dat die hoogste hemel gesien was, waar die Verlosser in Sy Heiligheid in die Woord, en in die Wet is, wat die Tien Gebooie is). Open. 15:6 En die sewe engele met die sewe plae het uit die tempel uitgekom, (die voorbereiding deur die Verlosser vir invloei vanuit die hoogste hemel binne die kerk, dat booshede en valshede daarvan blootgelê, en die boosheid sodoende van die goedheid geskei mag word, bekleed met rein, blink linne, en om die bors omgord met goue gordels. (omdat dit vanuit die suiwer en ware Waarhede en Goedhede van die Woord is) Open. 15:7 En een van die vier lewende wesens het aan die sewe engele sewe goue skale gegee, (dat daardie Waarhede en Goedhede, waardeur die booshede en valshede van die kerk blootgelê was, is geneem vanuit die letterlike betekenis van die Woord), vol van die grimmigheid van God wat leef tot in alle ewigheid. (en dat die booshede en valshede wat sal verskyn en ontbloot sal word deur die suiwer en ware Waarhede en Goedhede van die Woord). Open. 15:8 En die tempel het vol rook geword uit die heerlikheid van God en uit sy krag, (deur die Hoogste Hemel vol van die Verlosser se Geestelike en Hemelse Waarheid), en niemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie. (in sodanige graad daar, dat meer nie verdra kon word nie, en dit tot na die verwoesting, en die einde van daardie kerk gesien was). `n Teken in die hemel - openbaring vanaf die Verlosser aangaande die kerk op aarde, en wat dit is volgens liefde en geloof. Groot - is dinge wat van die liefde en wil is (hemels). Wonderlik - is dinge van die denke en geloof (geestelik).

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205