DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Hoofstuk 8 Die inhoud van die hele hoofstuk Die kerk van die hervormdes word hier behandel, volgens die kwaliteit van diegene daarin wat in geloof alleen is, die voorbereiding van die geestelike hemel vir kommunikasie met hulle, die ondersoek en openbaring van diegene daarin, wat in die innerlike van hierdie geloof is, van diegene wat in die uiterlike daarvan is, wat hulle is volgens die begrip van die Woord, dat hulle in valsheid en vandaar in boosheid is. Open. 8:1 En toe Hy die sewende seël oopgemaak het, (ondersoek deur die Verlosser na die toestand van die kerk, en vandaar na die lewe van diegene wat in Sy Geestelike Koninkryk, synde diegene wat in naaste liefde en die geloof daarvan is, in hierdie geval wie in geloof alleen is) toe kom daar stilte in die hemel omtrent ‘n halfuur lank.(dat die engele van die Verlosser se Geestelike Koninkryk grootliks verbaas was toe hulle diegene wat beweer het hulle is in die geloof in sodanige toestand sien). Open. 8:2 En ek het die sewe engele gesien wat voor God staan, (die hele Geestelike hemel in die teenwoordigheid van die Verlosser, hoor en doen wat Hy beveel) en sewe basuine is aan hulle gegee. (die ondersoek en openbaarmaking van die toestand van die kerk, en daaruit die lewe van diegene wat in geloof alleen is) Open. 8:3 En ‘n ander engel het gekom en met ‘n goue wierookbak by die altaar gaan staan, (Geestelike aanbidding, wat vanuit goedheid van naaste liefde is deur die Waarhede van geloof) en baie reukwerk is aan hom gegee, om dit met die gebede van al die heiliges op die goue altaar voor die troon te lê (versoening dat die engele van die Verlosser se Geestelike Koninkryk nie beseer sal word deur die geeste van die sataniese koninkryk daar onder nie); Open. 8:4 en die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God (die beskerming van hulle deur die Verlosser) Open. 8:5 En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; (Geestelike liefde, waarin hemelse liefde is, en die invloei daarvan tot in laer dinge, waar hulle was wie in geloof geskei van naaste liefde was) en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing. (nadat kommunikasie geopen was met hulle, was daar gehoor redenerings aangaande geloof alleen, en bevestigings ten gunste van dit) Open. 8:6 En die sewe engele met die sewe basuine het hulle gereed gemaak om te blaas. (dat hulle gereed gemaak en omgord was, om die toestand van die kerk te ondersoek, en vandaar die toestand van lewe met diegene wie se godsdiens geloof alleen is) Open. 8:7 En die eerste engel het geblaas, (die ondersoek en openbaring van die kwaliteit van die toestand van die kerk met diegene wie innerlik in die geloof was) en daar het hael en vuur gekom met bloed gemeng, (die valsheid vanuit helse liefde wat goedheid en waarheid vernietig, en die Woord vervals) en dit is op die aarde gegooi. En ‘n derde van die bome het verbrand, (dat met hulle, alle liefde en begrip van waarheid wat die mens van die kerk vorm, gesterf het) en al die groen gras het verbrand. (dus elke lewende ding van geloof) Open. 8:8, en die tweede Engel het geblaas - openbaring van wat die toestand van die kerk is met diegene wat uiterlike in daardie geloof is) iets soos ‘n groot berg wat brand met vuur, is in die see gegooi. (die verskyning van helse liefde met hulle) En ‘n derde van die see het bloed geword, (dat al die algemene waarhede met hulle vervals was) Open. 8:9 en ‘n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe (dat hulle wat gelewe het, en nog die geloof lewe, nie hervorm kan word en lewe ontvang nie), en ‘n derde van die skepe het vergaan. (dat al die kennis van goedheid en waarheid vanuit die Woord, vir die bediening van werk en lewe, met hulle vernietig was) Open. 8:10 En die derde engel het geblaas, (die ondersoek en openbaring van die toestand van die kerk met diegene wie se godsdiens geloof alleen is) en ‘n groot ster wat soos ‘n fakkel brand, het uit die hemel geval, (die verskyning van hulle eie intelligensie vanuit hoogmoed wat voortkom vanuit helse liefde) en dit het geval op ‘n derde van die riviere en op die waterfonteine. (dat al die waarhede van die Woord daaruit heeltemal vervals was) Open. 8:11 En die naam van die ster word genoem Alsem; en ‘n derde van die waters het als geword, (die helse valsheid vanwaar hulle eie intelligensie kry, en waardeur al die waarhede van die Woord vervals is) en baie mense het gesterwe van die water, omdat dit bitter geword het. (die uitsterf van Geestelike lewe as gevolg van die vervalste waarhede van die Woord) Open. 8:12 En die vierde engel het geblaas, (die ondersoek en openbaring van die toestand van die kerk met diegene wie se godsdiens geloof alleen is, as synde in die boosheid van valsheid en valsheid van boosheid) en ‘n derde van die son is getref en ‘n derde van die maan en ‘n derde van die sterre, sodat ‘n derde van hulle donker sou word (dat as gevolg van boosheid uit valsheid en van valsheid uit boosheid, het hulle nie geweet wat liefde is, of wat geloof, of enige waarheid is) en die dag vir sy derde deel nie lig sou gee nie, en die nag net so. (dat daar nie meer enige Geestelike Waarheid of natuurlike waarheid is wat diensbaar vir leerstellings en lewe met hulle vanuit die Woord is nie) Open. 8:13 En ek het gesien en gehoor ‘n engel wat in die middel van die hemel vlieg, (instruksie en voorspelling vanaf die Verlosser) wat met ‘n groot stem sê: Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas! (die innerlike bewening oor die verdoemde toestand van diegene in die kerk, wat hulself bevestig het in leerstellings en lewe in geloof geskei van naaste liefde) Die verduideliking Daar is twee koninkryke waarin die hele hemel verdeel is, die hemelse koninkryk, en die geestelike koninkryk. Die hemelse koninkryk bestaan uit diegene wat in liefde teenoor die Verlosser is, en daaruit in Wysheid. Die geestelike koninkryk bestaan uit diegene wat in naaste liefde is, en daaruit in intelligensie, omdat liefde teenoor die naaste in hierdie tyd genoem word “naaste liefde” en intelligensie, geloof en waarheid, bestaan die geestelike koninkryk uit diegene wat in naaste liefde is, en daaruit in geloof. Nou omdat die hemel geskei is in twee koninkryke, is die hel ook geskei in twee koninkryke wat teenoorgesteld is van hulle, die duiwelse koninkryk en die sataniese koninkryk. Die duiwelse koninkryk bestaan uit diegene wat in die liefde van oorheersing vanuit eie liefde is, en daaruit in dwaasheid, want die liefde is teenoorgesteld van hemelse liefde, en die dwaasheid daarvan is teenoorgesteld van hemelse wysheid. Die sataniese koninkryk bestaan uit diegene wat in die liefde van oorheersing vanuit die hoogmoed van hulle eie intelligensie is, en vandaar in waansinnigheid, hierdie liefde is teenoorgesteld van geestelike liefde, en die kranlsinnigheid daarvan is teenoorgesteld van geestelike intelligensie. Deur dwaasheid en kranksinnigheid word bedoel dwaasheid en kranksinnigheid in hemelse en geestelike dinge. Soortgelyke dinge moet verstaan word van die kerk op aarde, soos gesê van die hemel, want hulle is een. Aangaande hierdie twee koninkryke, sien die werk van Hemel en Hel. Die openbaring behandel alleenlik die toestand van die kerk aan die einde daarvan. Daarom, wat nou volg behandel diegene wat in die twee koninkryke van die hemel is, en van diegene in die twee koninkryke van die hel, en hulle kwaliteit. Open. 8:8-16 behandel diegene in die geestelike koninkryk, en die sataniese koninkryk. Open.17-18 behandel diegene wat in die hemelse koninkryk is, en in die duiwelse koninkryk, en daarna die laaste oordeel, en volgende die Nuwe Kerk wat die Nuwe Jerusalem is. Deur duiwels en satans word bedoel die hel. Omdat almal in die een hel genoem word, word dit duiwels genoem wat van die wil is, en in die ander word satans genoem wat van die denke is

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205