DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Hoofstuk 3 Die inhoud van die hele hoofstuk Hierdie hoofstuk behandel hulle in die Christen wêreld wat in dooie aanbidding is, wat sonder naaste liefde en geloof is, wat beskryf word deur die kerk in Sardis. Hulle wat in waarhede vanaf goedheid vanuit die Verlosser is, wat beskryf word deur die kerk in Philadelphia. Hulle wat om die beurt vanuit hulself, en vanuit die Woord glo, en dus heilige dinge ontheilig, wat beskryf word deur die kerk in Laodicea, Almal van hulle word op dieselfde manier geroep na die Nuwe Kerk van die Verlosser. Open. 3:1 En skryf aan die engel van die gemeente in Sardis: (aan hulle en aangaande hulle in dooie aanbidding, of in aanbidding wat sonder die goedheid van naaste liefde, en sonder die waarheid van geloof is) Dít sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het: (die Verlosser vanuit wie alle waarhede en al die kennis van goedheid en waarheid is) Ek ken jou werke, (dat Hy al die innerlike en uiterlike van `n mens gelyktydig sien) dat jy die naam het dat jy leef en jy is dood. (Dat dit gesien en geglo mag word deur hulself en deur ander, dat hulle geestelik lewend is, terwyl hulle tog geestelik dood is). Open. 3:2 Wees wakker, (om in waarhede te wees en in `n lewe daar volgens) en versterk die wat oorbly wat op die punt staan om te sterwe, (sodat die dinge wat aan hul aanbidding behoort lewe mag ontvang) want Ek het jou werke nie volkome voor God gevind nie. (dat die innerlike van hul aanbidding nie verenig is met die Verlosser nie) Open. 3:3 Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, (en dat hulle moet onthou dat alle aanbidding in die begin natuurlik is, en daarna deur waarhede geestelik word, naas baie ander dinge) en bewaar dit en bekeer jou; (dat hulle aandag moet gee aan hierdie dinge, en lewe gee aan hulle dooie aanbidding) as jy dan nie wakker word nie, (om in waarhede en in `n lewe volgens hulle te wees) sal Ek op jou afkom soos ‘n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie. (omdat die dinge wat van aanbidding is van hulle weggeneem sal word, en dat hulle nie sal weet wanneer en hoe dit gedoen was nie) Open. 3:4 Maar jy het enkele persone ook in Sardis (dat daar tussen hulle ook sommige is wat lewe in hulle aanbidding het) wat hulle klere nie besoedel het nie, (wie in waarhede is en wat hulle aanbidding nie besoedel het deur boosheid van lewe en valsheid daaruit verkry nie) en hulle sal saam met My in wit klere wandel omdat hulle dit waardig is. (dat hulle saam die Verlosser sal lewe, omdat hulle in waarhede vanuit Hom is), Open. 3:5 Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, (omdat hy wat hervorm word geestelik is) en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, (sodat hy gered sal wees) en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele. (dat hulle ontvang sal word wat in Goddelike Waarheid vanuit die Verlosser is) Open. 3:6 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. (terwyl hy wat verstaan moet gehoorsaam wat die Goddelike Waarheid hulle leer “wie sal wees van die Nuwe Kerk,” wat die Nuwe Jerusalem is) Open. 3:7 En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfia: (aan hulle en aangaande hulle, wat in waarhede vanuit goedheid vanaf die Verlosser is) Dít sê die Heilige, die Waaragtige, die Verlosser volgens Goddelike Waarheid wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie: (wat alleen almag het om te red) Open. 3:8 Ek ken jou werke. (dat Hy al die innerlike en uiterlike van `n mens in geheel sien) Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, (terwyl die hemel oop is vir hulle wat in Waarhede vanuit Goedheid vanaf die Verlosser is) en niemand kan dit sluit nie (sodat die hel hulle nie kan oorheers), want jy het min krag (terwyl hulle weet dat hulle niks kan doen vanuit hulself nie) en jy het my woord bewaar (omdat hulle lewe volgens die bevele van die Verlosser in Sy Woord) en my Naam nie verloën nie. (omdat hulle in aanbidding van die Verlosser is) Open. 3:9 Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, (hulle wat in valsheid van leerstellings is) van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg (wat sê dat die kerk met hulle is, en tog is dit nie) Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig (sodat baie wat in valsheid van leerstellings was, die waarhede van die Nuwe Kerk sal ontvang) en erken dat Ek jou liefgehad het. (terwyl hulle sal sien dat hulle liefgehad was, en ontvang word in die hemel deur die Verlosser Open. 3:10 Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, (omdat hulle geveg het teen boosheid) sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. (dat hulle beskerm en bewaar sal word op die dag van die laaste oordeel) Open. 3:11 Kyk, Ek kom gou! (met die koms van die Verlosser) Hou vas wat jy het, (terwyl hulle in tussentyd moet bly in hulle waarhede en goedhede) sodat niemand jou kroon kan neem nie. (sodat Wysheid nie sterf, vanwaar ewige geluk is) Open. 3:12 Wie oorwin, (hulle wat volhard in Waarhede en Goedhede) Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, (dat waarhede vanuit Goedhede vanaf die Verlosser, “met hulle” in wie hul bly, die kerk krag gee) en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; (sodat hulle daar sal bly tot in ewigheid) en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe (terwyl die Goddelike waarheid op hul harte geskryf sal wees) en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, (terwyl die leerstellings van die Nuwe Kerk op hul harte geskryf sal wees) wat uit die hemel van my God neerdaal, (wat sal wees vanuit die Goddelike Waarheid van die Verlosser, soos wat dit in die hemel is) en my nuwe Naam (die aanbidding van die Verlosser alleen, met nuwe dinge wat nie in die vorige kerk was nie) Open. 3:13 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. (terwyl hy wat verstaan moet gehoorsaam wat die Goddelike Waarheid van die Woord leer aan hulle wat van die Nuwe Kerk sal wees, wat die Nuwe Jerusalem is) Open. 3:14 En skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: (aan hulle en aangaande hulle in die kerk wat om die beurt vanuit hulself, en vanuit die Woord glo, en dus heilige dinge ontheilig) Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, (die Verlosser as die Woord, wat die Goddelike Waarheid vanuit Homself is) die begin van die skepping van God: (die Woord) Open. 3:15 Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. (dat hulle wat sodanig is, somtyds ontken dat die Woord Goddelik en Heilig is, en met ander tye erken) Was jy tog maar koud of warm! (terwyl dit vir hulle better is om vanuit die hart die heilige dinge van die Woord en die kerk te ontken, of vanuit die hart hulle te erken) Open. 3:16 Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie sal Ek jou uit my mond spuug, (dit is ontheiliging en afskeiding vanaf die Verlosser) Open. 3:17 Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword (terwyl hulle glo dat hulle in alle oorvloed besit die kennis van goedheid en waarheid, wat van die hemel en die kerk is) en het aan niks gebrek nie; (sodat hulle nie nog wysheid nodig het nie) en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig (terwyl alle dinge wat hulle weet aangaande hulle gladnie saamhang nie) en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie. (sodat hulle sonder die begrip van waarheid en sonder die wil van goedheid is) Open. 3:18 Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is sodat jy kan ryk word, (`n vermaning om vir hulself die goedheid van liefde vanaf die Verlosser te kry deur middel van die Woord sodat hulle wys mag word); en wit klere, dat jy jou kan aantrek (dat hulle vir hulself die Ware Waarhede van Wysheid moet kry) en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; (sodat die goedheid van hemelse liefde nie ontheilig en vermeng word ) en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien. (sodat hulle denke geheel mag word) Open. 3:19 Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek (omdat hulle nou geliefdes is, kan dit nie anders as om hulle in versoekings toe te laat). Wees dan ywerig en bekeer jou. (dat dit vanuit die liefde van waarheid gedoen word) Open. 3:20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. (dat die Verlosser met elkeen teenwoordig in die Woord is en is daar op dringende uitnodiging om ontvang te word, en Hy leer hoe) As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, (hy wat glo in die Woord en lewe volgens dit) sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My. (dat die Verlosser Homself verbind met hulle en hulle met Hom) Open. 3:21 Aan hom wat oorwin, (diegene wat verenig is met die Verlosser deur `n lewe volgens Sy bevele in die Woord) sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, (dat hulle verbinding sal hê met die Verlosser in die hemel) soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. (Soos Hy en die Vader een in die Hemel is) Open. 3:22 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. (terwyl hy wat verstaan, moet gehoorsaam wat die Goddelike Waarheid hulle leer “wat van die Nuwe Kerk sal wees,” wat die Nuwe Jerusalem is.) Die verduideliking En skryf aan die engel van die gemeente in Sardis: Bedoel aan hulle en aangaande hulle, wat in dooie aanbidding is, of in aanbidding wat sonder die goedheid van naaste liefde en sonder die waarheid van geloof is dat hulle wat in sodanige aanbidding is, bedoel word deur die kerk in Sardus, is duidelik vanuit wat geskryf is van dit, soos verstaan in die geestelike betekenis. Deur dooie aanbidding word bedoel aanbidding alleen, om na verskillende kerke te gaan, om preke te hoor, om na die nagmaal te gaan, om die Woord en boeke van vroomheid te lees, om te spreek omtrent die Verlosser, en van hemel en hel, of lewe na die dood, en in besonder vroomheid, te bid more en aand, en hulle nogtans nie begeer om die waarhede van geloof te ken nie, ook wil hulle nie die goedheid van naaste liefde te doen nie, en glo dat hulle verlossing het deur middel van aanbidding alleen, of slegs deur die geloof! Terwyl aanbidding sonder waarhede, en sonder ‘n lewe daar volgens tog alleenlik die uiterlike teken van naaste liefde en geloof is, waarin daar versteek mag wees alle soorte boosheid en valsheid, as naaste liefde en geloof nie in hulle is nie, want van hieruit bestaan ware aanbidding, of so nie is die aanbidding soos die vel of oppervlak van enige soort vrug, waarin versteek is vrot en wurm ge-ete vleis, wat `n dooie vrug is, dat sodanige aanbidding vandag in die kerk heers, is bekend.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205