DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Hoofstuk 6 Die inhoud van die hele hoofstuk Dit behandel die ondersoek van diegene op wie die laaste oordeel voltrek sal word, en ondersoek word gedoen na wat die kwaliteit van hulle begrip van die Woord gewees het, en vandaar die kwaliteit van die toestand van hul lewe. Daar was diegene wat in die Waarhede vanuit goedheid was. Diegene wat sonder goedheid was. Diegene in minagting van Waarheid. En diegene wat heeltemal ontneem is van beide goedheid en waarheid. En die toestand van diegene wat bewaar word deur die Verlosser in die laer aarde, as gevolg van die boosheid, en wat gered sal word in die tyd van die laaste oordeel. En die toestand van diegene wat in boosheid (geestelike verleiding) en vandaar in valsheid (leuen) is, en wat dit sal wees op die dag van laaste oordeel Open. 6:1 En ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; ondersoek deur die Verlosser van al diegene op wie die laaste oordeel sal kom as gevolg van hulle begrip van die Woord, en vandaar as gevolg van hulle toestand van lewe) en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van ‘n donderslag (volgens die Goddelike Waarheid van die Woord): Kom kyk! (`n openbaring aangaande die eerste orde) Open. 6:2 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. (die begrip van Waarheid en Goedheid vanuit die Woord met hierdie) En hy wat daarop sit, het ‘n boog; (dat hulle die leerstellings van Waarheid en Goedheid vanuit die Woord gehad het, waarmee hulle geveg het teen die valsheid en boosheid wat vanuit die hel is) en aan hom is ‘n kroon gegee, (hulle onderskeidingsteken van geveg) en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin. oorwinning oor boosheid en valsheid vir ewig) Open. 6:3 En toe Hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede lewende wese sê (volgens die Goddelike Waarheid van die Woord ) Kom kyk! (in `n openbaring aangaande die eerste orde) Open. 6:4 En ‘n ander perd, ‘n vuurrooie, het uitgekom, (die begrip van die Woord vernietig net soos Goedheid, en vandaar net soos lewe, met hierdie.) en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem (die wegneem van naaste liefde, geestelike beskerming en innerlike vrede) en dat hulle mekaar sou doodmaak; (inwendige haat, besmettings vanuit die helle, en innerlike onrus) en ‘n groot swaard is aan hom gegee. (die vernietiging van Waarheid deur valsheid van boosheid) Open. 6:5 En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê (volgens die Goddelike Waarheid van die Woord) Kom kyk! (in `n openbaring aangaande die eerste orde) En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n swart perd; (die begrip van die Woord vernietig met hierdie, net soos Waarheid, en dus net soos leerstellings) en hy wat daarop sit, het ‘n skaal in sy hand. (die skatting van Goedheid en Waarheid, wat dit was met hierdie) Open. 6:6 En ek het ‘n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê (die Goddelike beskerming van die Woord deur die Verlosser) ‘n Rantsoen koring vir ‘n penning en drie rantsoene gars vir ‘n penning; (omdat die skatting van Goedheid en Waarheid so klein was en nouliks enigiets sal wees) en moenie die olie en die wyn beskadig nie. (dat dit deur die Verlosser voorsien is, dat die Heilige Goedhede en Waarhede wat innerlik verberg is in die Woord, nie geskend en ontheilig word nie) Open. 6:7 En toe Hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde lewende wese sê: (volgens die Goddelike Waarheid van die Woord) Kom kyk! (in `n openbaring aangaande die eerste orde) Open. 6:8 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n vaal perd. (die begrip van die Woord van beide die Goedheid en die Waarheid vernietig) En hy wat daarop sit, sy naam is die dood en die doderyk het hom gevolg, (is die vernietiging van geestelike lewe en vandaar verdoemenis) En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak (is die vernietiging van alle Goedheid van die kerk) met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde. (deur valsheid van leerstellings, deur boosheid van lewe, deur die liefde vir die bose (proprium), en deur wellus. Open. 6:9 En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, (ondersoek deur die Verlosser na die toestande van lewe van diegene wat gered moet word in die dag van die laaste oordeel, wat intussen teruggehou word) sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het. (diegene wat deur die bose verwerp is as gevolg van hulle lewe volgens die Waarhede van die Woord en hulle erkenning van die Verlosser se Goddelike Menswese, en wat deur die Verlosser beskerm is sodat hulle nie verlei word nie) Open. 6:10 En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep (in droefheid van hart) en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie? (deur die rede is die laaste oordeel teruggehou, sodat hulle wat aan die Woord en aan die Verlosser se Goddelike geweld aandoen nie weggeneem word nie) Open. 6:11 En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; (hulle kommunikasie en vereniging met engele wat in Goddelike Waarheid is) en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees (omdat die laaste oordeel nog vir ‘n rukkie teruggehou word, totdat hulle versamel is, wat ook op dieselfde manier verwerp is deur die hel) Open. 6:12 En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het (ondersoek deur die Verlosser na hulle toestand van lewe, wat innerlik boos was, bo-oor wie die laaste oordeel gaan kom) en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; (die toestand van die kerk met diegene het heeltemal verander, en vrees) en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed; (die vermenging van al die Goedheid van Liefde met hulle, en die vervalsing van al die Waarheid van geloof) Open. 6:13 en die sterre van die hemel het op die aarde geval, (die verstrooiing van al die kennis van goedheid en waarheid) soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval; (deur die redenerings van die natuurlike mens geskei van die geestelike) Open. 6:14 en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, (skeiding van die hemel en vereniging van die hel) en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit; (dat al die Goedheid van Liefde en die Waarheid van geloof weggewyk het) Open. 6:15 en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense (hulle wat, --voor skeiding-- in die begrip van Waarheid en Goedheid was, in die Wetenskap en die kennis daarvan, in geleerdheid, beide, vanaf ander of vanuit hulself, en tog nie in `n lewe daarvan) het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge, (dat hulle nou in boosheid en in valsheid van boosheid is) Open. 6:16 en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; (bevestigings van boosheid deur valsheid vanuit boosheid, totdat hulle die Goddelikheid van die Verlosser erken) Open. 6:17 want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan? (dat hulle sodanig geword het deur hulself en deur skeiding vanaf die Goedheid en die gelowiges en as gevolg van die laaste oordeel, wat hulle andersins nie sou kon verdra (uitstaan)

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205