DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Hoofstuk 22 Dat die kerk nog steeds beskryf word volgens intelligensie vanuit Goddelike Waarheid vanuit die Verlosser. Dat openbaring bekend gemaak was deur die Verlosser, en dat dit aan die lig gebring sal word in sy eie tyd. Aangaande die koms van die Verlosser, en Sy vereniging met diegene wat in Hom glo en lewe volgens Sy bevele. Dat die dinge wat bekend gemaak word, deur alle middele moontlik gehou moet word. Die huwelik. Open. 22:1 En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam. (Openbaring nou bekend gemaak en verduidelik word volgens die Geestelike betekenis daarvan, waar Goddelike Waarhede in oorvloed aan die lig gebring word deur die Verlosser, vir diegene wat in Sy Nuwe Kerk sal wees, wat die Nuwe Jerusalem is). Open. 22:2 In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra (dat in die innerlike van die Waarhede van leerstellings en daaruit van lewe in die Nuwe Kerk, is die Verlosser in Sy Goddelike liefde van wie al die Goedhede is, wat mens skynbaar daar doen asof vanuit homself), en elke maand sy vrugte gee, (dat die Verlosser Goedhede voort bring met elke mens volgens elke Toestand van Waarheid met hom), en die blare van die boom is tot genesing van die nasies. (die rasionele Waarhede daarvan, waardeur hulle wat in booshede en daaruit in valshede is gelei word om goed te dink en om betaamlik te leef). Open. 22:3 En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien. (dat in die kerk wat die Nuwe Jerusalem is, sal daar nie enigeen wees wat geskei is van die Verlosser nie, omdat die Verlosser Homself daar sal regeer, en hulle wat in die Waarhede vanuit Hom deur die Woord is, en Sy bevele doen, sal met Hom wees, omdat hulle verenig is met Hom). Open. 22:4 En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees. (dat hulle hulself na die Verlosser sal draai, en die Verlosser sal Homself na hulle draai, omdat hulle verenig is deur die liefde). Open. 22:5 En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat Jahweh God hulle verlig; (dat daar nie enige valsheid in die Nuwe Jerusalem sal wees en dat mense daar nie in kennis vanuit natuurlike lig sal wees wat hulle eie intelligensie is, aangaande die Verlosser nie), en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid. Dat hulle in die Verlosser se Koninkryk sal wees, en in vereniging met Hom verewig. Open. 22:6 En hy het vir my gesê: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; (dat hulle dit verseker mag weet, omdat die Verlosser Homself dit getuig en gesê het), en Jahweh, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur om sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur (dat die Verlosser van wie die Woord van Beide Verbonde is, het deur die Hemel aan diegene wat in Waarhede vanaf Hom is, die dinge bekend gemaak wat verseker sal wees. Open. 22:7 Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar. (dat die Verlosser verseker sal kom, en ewige lewe gee aan diegene, wat onderhou en doen, die Waarhede of Bevele van leerstellings van die boek nou geopen deur die Verlosser). Open. 22:8 En dit is ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het; en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het. (dat Johannes gedink het dat die Engel na hom gestuur deur die Verlosser, dat hy in `n Geestelike toestand gehou mag word, God was wat die dinge openbaar, terwyl dit tog nie so was nie, want die engel vertoon en sê net wat die Verlosser bekend maak). Open. 22:9 Toe sê hy vir my: Moenie! want ek is ‘n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God. (dat die engele van die hemel nie vereer en aanbid mag word, omdat niks Goddelik aan hulle behoort nie, maar dat hulle omgaan met mense soos broers met broers, met diegene wat in die leerstellings van die Nuwe Jerusalem is, en die bevele daarvan doen, en dat die Verlosser alleen aanbid word in vereniging met hulle). Open. 22:10 En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby. (dat die Boek van Openbaring nie toegemaak mag word nie, maar oopgemaak sal word, en dat dit nodig is aan die einde van die huidige kerk, sodat almal gered kan word). Open. 22:11 Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word. (die toestand van almal in die algemeen na die dood, en voor sy oordeel, en in die algemeen voor die laaste oordeel, dat Goedhede wegneem sal word van diegene wat in booshede is, en Waarhede van diegene wat in valshede is, en aan die anderkant, dat booshede weggeneem sal word van diegene in Goedheid, en valshede van diegene in Waarhede). Open. 22:12 En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. (dat die Verlosser verseker sal kom, en dat Hy die Hemel is, en die geluk van ewige lewe vir elkeen volgens sy geloof in Hom). Open. 22:13 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste. (omdat die Verlosser die God van hemel en aarde is, en deur Hom al die dinge van Hemele en op die Aarde gemaak is, en regeer word deur Sy Goddelike Voorsienigheid, en gedoen word volgens dit). Open. 22:14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad. (dat hulle ewige geluk het wat lewe volgens die bevele van die Verlosser, sodat hulle einde in die Verlosser mag wees, en die Verlosser in hulle deur liefde, en in Sy Nuwe Kerk deur kennis aangaande Hom) Open. 22:15 Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen. (dat niemand ontvang word in die Nuwe Jerusalem, wat die bevele van die tien gebooie as niks beskou, en nie enige booshede vermy wat daar genoem as sonde nie). Open. 22:16 Ek, Jahwehshua, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. (`n Getuienis deur die Verlosser voor die hele Christen wêreld, dat dit die Waarheid is, dat die Verlosser alleen die dinge bekend maak wat hierin beskryf word, as ook dit wat nou bekend gemaak word). Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester. (dat Hy die Verlosser Homself is wat gebore was in die wêreld, en toe die Lig was, en wat sal kom met Nuwe Lig, wat sal opstaan voor Sy Nuwe Kerk, wat die Nuwe Jerusalem is). Open. 22:17 En die Gees en die bruid sê: Kom! (dat die Hemel en die Kerk die koms van die Verlosser begeer) En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet. (dat hy wat enigiets van die Koms van die Verlosser weet, en van die Nuwe Hemel en die Nuwe Kerk, en dus van die Verlosser se Koninkryk, moet bid dat dit mag kom, en dat hy wat Waarhede begeer moet bid dat die Verlosser mag kom met Lig, en dat hy wat Waarhede liefhet sal hulle dan ontvang van die Verlosser sonder werk van sy eie). Open. 22:18 Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. (dat hulle wat lees en die Waarhede ken van die leerstellings van die Boek nou geopen deur die Verlosser, en nog enige ander God erken as die Verlosser, en enige ander geloof as in Hom, deur enigiets by te voeg waardeur hulle hierdie twee mag vernietig, kan nie anders doen as sterf van die valshede en booshede wat bedoel word deur die plae beskryf in hierdie Boek). Open. 22:19 En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is. (dat hulle wat lees en die Waarhede van die leerstellings van die boek ken, nou geopen deur die Verlosser, en nog altyd enige ander God as die Verlosser en enige ander Geloof as in Hom erken, deur weg te neem waardeur hulle hierdie twee mag vernietig, kan nie in hulself wysheid of enigiets van die Woord kry nie, en ook nie in die Nuwe Jerusalem ontvang word, en hulle kan nie deel hê met diegene wat in die Verlosser se Koninkryk is nie). Open. 22:20 Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Verlosser Jahwehshua (die Verlosser wat die Openbaring bekend gemaak het, en dit nou geopenbaar het, getuig van die godsdiens, dat in Sy Goddelike Menswese, wat Hy in die wêreld aangeneem en verheerlik het, kom Hy as die bruidegom en man, en dat die kerk Hom begeer as `n bruid en vrou)! Die verduideliking Die suiwer rivier van water en lewe helder soos kristal - Is die Goddelike Waarheid van die Woord in oorvloed vanuit die geestelike betekenis daarvan Lewende waters of Waters van die lewe - die Goddelike Waarhede van die Verlosser deur die Woord Helder soos kristal - die Waarhede deurskynend vanuit die geestelike betekenis Die troon - is die Verlosser volgens Oordeel en Regering, en Hemel God en Lam - die Verlosser volgens die Goddelikheid Homself van wie alle dinge is, en volgens die Goddelike Menswese. ooooooooooooooooooOOOOOOOOOOOOOOOooooooooooooooooo

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205