DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Hoofstuk 11 Die toestand van die kerk tussen die hervormdes word steeds behandel, volgens die kwaliteit van diegene wat innerlik in geloof alleen is, wat teenstrydig is met die twee noodsaaklikhede van die Nuwe Kerk. Wat verklaar dat die Verlosser alleen God is van hemel en aarde, en dat Sy Menswese Goddelik is. Dat mense moet lewe volgens die bevele van die tien gebooie. Hierdie twee noodsaaklikhede was aan hulle bekend gemaak. Dat hulle dit heeltemal verwerp het. Dat hulle weer opgerig was deur die Verlosser. Dat hulle wat dit verwerp het gesterf het. Dat die toestand van die Nuwe Kerk geopenbaar was vanuit die Nuwe Hemel. Open. 11:1 En ‘n riet soos ‘n stok is aan my gegee, (dat die aanleg en krag was gegee om te verstaan en te sien die toestand van die kerk in die hemel en in die wêreld, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid. (die Verlosser se teenwoordigheid en Sy bevel, dat hy die toestand van die kerk in die Nuwe Hemel moet sien en ken). Open. 11:2 Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, (dat die toestand van die kerk op aarde, soos wat dit huidiglik is, verwyder en nie geken sal word nie), want dit is aan die heidene gegee; (omdat die toestand van daardie kerk vernietig en verwoes is deur booshede van lewe) en hulle sal die heilige stad twee en veertig maande lank vertrap. (dat dit elke waarheid van die Woord sal verstrooi, selfs totdat niks oorbly nie). Open. 11:3 En Ek sal aan my twee getuies gee (diegene wat in die hart bely en erken dat die Verlosser die God van hemel en aarde is, en dat Sy Menswese Goddelik is, en wat aan Hom verbind is, deur `n lewe volgens die bevele van die tien gebooie) dat hulle, met sakke bekleed, (intussen in rou as gevolg van die negatiewe ontvangs van die Waarheid), duisend twee honderd en sestig dae lank sal profeteer. (dat hierdie twee geloofsartikels, die erkenning van die Verlosser, en `n lewe volgens die bevele van die tien gebooie, wat die twee vereistes van die Nuwe kerk is, moet geleer word tot aan die einde, en die nuwe begin). Open. 11:4 Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan. (Liefde en intelligensie, of naaste liefde en geloof, vanaf die Verlosser met hulle) Open. 11:5 En as iemand hulle wil beskadig, gaan daar vuur uit hulle mond en verslind hulle vyande; (dat hulle wat begeer om hierdie twee noodsaaklikhede van die Nuwe Kerk te vernietig, sal sterf van helse liefde) en as iemand hulle wil beskadig, moet hy op dieselfde manier gedood word (dat hy wat hulle veroordeel sal op dieselfde wyse veroordeel word) Open. 11:6 Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie; (dat hulle wat hulself wegdraai van hierdie twee noodsaaklikhede nie enige Waarheid vanuit die hemel kan ontvang nie), en hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander (dat hulle wat hulself wegdraai van hulle die waarhede van die Woord vervals), en om die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil. (dat hulle wat hulle wil vernietig, sal hulself in alle soorte boosheid en valsheid werp, so dikwels en so ver hulle dit doen). Open. 11:7 En wanneer hulle hul getuienis voleindig het, (nadat die Verlosser die twee noodsaaklikhede van die Nuwe Kerk geleer het), sal die dier wat uit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak; sal hulle wat in die innerlike van die leerstellings van geloof alleen is hierdie twee noodsaaklikhede verwerp). Open. 11:8 en hulle lyke sal lê op die straat van die groot stad (dat hulle totaal verwerp is), wat geestelik genoem word Sodom en Egipte, (twee helse liefdes, wat die liefde van heerskappy vanuit eie liefde is, en die liefde van regeer vanuit die hoogmoed van eie intelligensie, wat bestaan in die kerk waar Een God nie erken word, en die Verlosser nie aanbid word, en waar hulle nie lewe volgens die voorskrifte van die tien gebooie nie), waar ook onse Verlosser gekruisig is (erken nie die Verlosser se Goddelike Menswese, en, is gevolglik in `n toestand van verwerping). Open. 11:9 En mense uit die volke en stamme en tale en nasies sal hulle lyke drie en ‘n halwe dag lank sien (wanneer hulle almal, wat, aan die einde van die huidige kerk en die begin van die Nuwe Kerk, in valsheid van leerstellings en boosheid van lewe vanuit geloof alleen gewees het en sal wees, gehoor het en sal hoor van die twee noodsaaklikhede), en nie toelaat dat hulle lyke in die graf gelê word nie. (dat hulle, hulle veroordeel het en hulle sal oordeel). Open. 11:10 Die bewoners van die aarde sal bly en verheug wees oor hulle (die genot van die emosie van die hart en siel in die kerk tussen diegene wat in geloof alleen was.), en sal vir mekaar geskenke stuur, (verenig deur liefde en vriendskap), omdat dié twee profete die bewoners van die aarde gepynig het. (dat hierdie twee noodsaaklikhede van die Nuwe kerk, as gevolg van hulle teenwerking teen die twee noodsaaklikhede in die kerk van die hervormdes, word hulle in minagting, teensin en afkeer gehou). Open. 11:11 En ná die drie en ‘n halwe dag het ‘n gees van die lewe uit God in hulle ingegaan (dat hierdie twee noodsaaklikhede, gedurende die begin en vordering van die Nuwe kerk, met diegene wat hulle ontvang, deur die Verlosser lewend gemaak sal word), en hulle het op hul voete gaan staan, en ‘n groot vrees het geval op die wat hulle aanskou het. (opskudding van verstand en ontsteltenis teen Goddelike Waarhede) Open. 11:12 En hulle het ‘n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! (dat hierdie twee noodsaaklikhede van die Nuwe Kerk deur die Verlosser in die hemel opgeneem was, waar hulle vandaan kom, en waar hulle is, en die beskerming van hulle) En hulle het opgevaar na die hemel in die wolk, (die opneem van hulle in die hemel, en die vereniging daar met die Verlosser deur Goddelike Waarheid van die Woord in letterlike betekenis daarvan ), en hul vyande het hulle aanskou. (dat hulle wat in geloof geskei van naaste liefde was het hulle gehoor, maar het in hulle eie valsheid gebly). Open. 11:13 En in dié uur het daar ‘n groot aardbewing gekom, en ‘n tiende van die stad het geval, (`n merkwaardige verandering van toestand het met hulle plaasgevind, en dat hulle weggeskeur is van die hemel, en neergewerp is in die hel), en sewe duisend mense het in die aardbewing omgekom (dat al diegene wat geloof alleen bely, en daarom die werk van naaste liefde as niks beskou, het gesterf), en die ander het bevrees geword en aan die God van die hemel heerlikheid toegebring. (dat hulle wat hulle verwoesting aanskou het, het die Verlosser erken en was geskei). Open. 11:14 Die tweede weë het verbygegaan; kyk, die derde kom gou. (weeklaag oor die verdraaide toestand van die kerk en dan die laaste weeklaag) Open. 11:15 En die sewende engel het geblaas (die ondersoek en openbaring van die toestand van die kerk na die laaste oordeel met die koms van die Verlosser en van Sy Koninkryk), en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here (Elohim) geword en van sy Christus (Verlosser), en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid. (feesviering deur die engele, omdat die hemel en die kerk die Verlosser sin geword het, soos wat hulle van die begin af was, en omdat hulle nou aan Sy Goddelike Menswese behoort, gevolglik, dat, die Verlosser nou oor beide, die hemel en die kerk sal regeer vir ewig). Open. 11:16 En die vier en twintig ouderlinge wat voor God op hulle trone sit, het op hulle aangesig geval en God aanbid (die erkenning deur al die engele van die hemel, dat die Verlosser die God van hemel en aarde is) en gesê: Open. 11:17 Ons dank U, Here God, Almagtige, wat is en wat was en wat kom, (belydenis en verheerliking deur die engele van die hemel, dat dit die Verlosser is wat lewe en Krag vanuit Homself het, en Wie alle dinge regeer, omdat Hy alleen ewig en almagtig is) dat U u groot mag aangeneem en as koning geheers het. (die Nuwe Hemel en die Nuwe Aarde waar hulle Hom as die enigste God erken). Open. 11:18 En die nasies was vertoornd, (dat diegene wat in geloof alleen is en daaruit in boosheid lewe, dat hulle woedend was, en diegene getreiter het wat teen hulle geloof was), en u toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word (hulle vernietiging en die voltrekking van die laaste oordeel op diegene wat nie enige geestelike lewe het nie), en om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees (die geluk van ewige lewe aan diegene wat in die Waarhede van leerstellings vanuit die Woord was en in `n lewe volgens hulle), klein en groot, (wat die dinge lief het wat in verband staan met die Verlosser in `n kleiner en `n groter graad), en om die verderwers van die aarde te verderf (en te vernietig hulle wat die aarde vernietig). Open. 11:19 En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, (die Nuwe Hemel, waarin die Verlosser in Sy Goddelike Menswese aanbid word, en waar hulle lewe volgens die voorskrifte van Sy Tien Gebooie, wat die twee noodsaaklikhede van die Nuwe Kerk is, waardeur vereniging verwesenlik word), en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael. (die gevolgtrekkings, opskuddings, en vervalsings van goedheid en waarheid, wat voortvloei uit die laer dele). Riet soos `n staf- die aanleg en krag om te ken en te sien vanaf Verlosser Riet - min krag Staf - groot krag Egipte - natuurlike mens Levi en Aäron - goedheid en waarheid van die kerk Tempel en altaar - die kerk Regterhand - krag Meet - om te ken Israel - geestelike kerk Staf van brood en water - goedheid en waarheid Jerusalem – (Nuwe Jerusalem) die kerk Staf van Levi - krag van waarheid en goedheid

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205