|
DIE BOEK VAN OPENBARING EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 25
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25. |
|
|
Slot
Die “Laaste Oordeel” oor die Kerk het alreeds plaasgevind in 1757
Opsomming deur Kurt Simons van Swedenborg se werk: The Last
Judgement and Babylon Destroyed. All the Predictions in the Apocalypse
are at this Day Fulfilled
Mei 19, 2007
My bevatlikheid en die verstaan van die leerstellings van die Meester,
Jesus Christus se Eerste en Tweede koms, vertel ons die volgende dinge:
Die “Laaste Oordeel” van die Nuwe Testament was die vierde keer dat so
`n oordeel plaasgevind het. Die geestelike geskiedenis van die menslike
ras is die geskiedenis van `n reeks van kerke. Hier moet ons weer kyk na
`n woord se betekenis. In hierdie geval, het die term ‘kerk’ `n tweeledige
betekenis. Fundamenteel verwys dit na `n geestelike entiteit, wie se lede
slegs aan God bekend is. Dit verwys ook na wêreldse organisasies.
Hierdie twee tipes ‘kerke’ is tipies aan mekaar gekoppel, maar hier sal
ons slegs fokus op die geestelike gedeelte.
`n Ware kerk se mees fundamentele doel is om `n kommunikasie kanaal
te verskaf, `n kanaal van invloeiende krag vanaf die Meester deur die
hemele na die aarde (Arcana Coelestia 530). Hierdie invloeiende krag is
`n fundamentele vereiste vir die menslike lewe om te bestaan in die
natuurlike wêreld, maar dit kan ons nie bereik as die kanaal korrup raak
of geblokkeer word nie. Korrupsie ontstaan wanneer die mense van `n
geestelike kerk wegval van die Woord se leerstellings, in die bose. Dit
veroorsaak `n groot bedreiging vir die geestelike lewe van die wêreld, en
dinge versleg selfs tot in die fisiese lewe.
Die eerste kerk in die geskiedenis was die Mees Antieke Kerk
gesimboliseer (of korresponderend tot) Adam en Eva, wat bestaan het in
die tydperk wat bekend is as die “Goue Eeu.” Hierdie kerk het korrup
geraak en het ‘weggeval’ deur nie die leiding van die Meester te volg toe
die mense verkies het om vir hulleself te besluit wat goed en wat boos
was, eerder as om te luister na die Meester. Hierdie keuse word
gesimboliseer deur Adam en Eva wat die Meester se ‘Boom van die
Lewe’ verlaat en ‘geëet’ het van die ‘Boom van die Kennis van Goed en
Kwaad,’ en dit is simbolies van hulle wilsbesluit vir hulleself oor wat
goed en boos was. (Genesis 2:9). In die daaropvolgende ‘val,’
gesimboliseer deur die verbanning uit die Tuin van Eden (Genesis 3:23),
het die “Mees Antieke Kerk” deur `n ‘Laaste Oordeel’ gegaan. Dit
beteken dat die oorblywende goeie mense in die wêreld op daardie tyd
afgeskei was van hulle wat in die bose geval het. Hierdie oordeel was `n
teken dat hulle kerk, die Mees Antieke Kerk, geestelik so korrup geraak
het dat dit nie meer langer kan dien as daardie nodige kanaal van
invloeiende lewe van die Meester deur die hemele nie. (sien The First
Coming of Jesus Christ). Met ander woorde, net soos `n liggaam sterf
wanneer die gees homself verwyder van die liggaam, so is die geestelike
“innerlike” van die Mees Antieke Kerk ook dood as gevolg van hierdie
vals idees.
Siende dat die lewe in hierdie wêreld daardie kanaal vereis wat die
Meester se lewe-gewende krag deurlaat, sal die Meester altyd `n nuwe
geestelike kerk begin, sodra die oue verdwyn het. Hierdie nuwe kerk is
aanvanklik gebou met goeie mense wat ‘afgesonder’ was van die vorige
kerk, die ‘oorblyfsel’ van daardie kerk (bv. Jeremia 23: 3; 44: 7; Miga 2:
12). In die geval van die Mees Antieke Kerk, was die plaasvervanger die
Antieke Kerk (te onderskei van die Mees Antieke Kerk).
Ongelukkig het die mense in groot hoeveelhede eerder verkies om die
bose te doen. Met ander woorde, die ‘val’ het nie gestop by die Mees
Antieke Kerk nie, maar het voort gegaan in sy spore. Soos dit verwag kan
word uit sy algemene afdraande neiging, het die Antieke Kerk in nog
groter booshede verval as die Mees Antieke Kerk, booshede so sleg dat
dit fisies sommige van hulle doodgemaak het. Die Bybelse verhaal
beskryf hierdie situasie in die Vloed van Genesis 7, waarin die meeste
van die mense van die Antieke Kerk geestelik verdrink het in die bose,
soos wat daardie kerk dan ook gesterf het. Nietemin, weereens het daar `n
oorblyfsel oorgebly van die goeie mense en is afgeskei, en die
‘oorblyfsel’, hierdie keer gesimboliseer in Noag en sy Ark wat dryf
bokant die “vloed” van boosheid.
Die Meester het toe die Israelitiese kerk in die lewe geroep (somtyds
word dit die Tweede Antieke Kerk genoem), wie se geskiedenis in die Ou
Testament verhaal word. Hierdie kerk het toe ook korrup geraak en
ondergaan sy eie afskeiding en geestelike dood, gesien in sulke gebeure
as die verwoesting van Sodom en Gomorrah (Genesis 19) en word daarna
verwys in die Meester se verklaring: “Nou is dit die oordeel van hierdie
wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.”
(Joh. 12: 31). Die Meester kom toe na dié aarde in Sy Persoon om die
christelike kerk weer te herstel (sien die First Coming of Jesus Christ).
`n Mens sal dink dat, met die God van die universum wat persoonlik
afgedaal het om die kerk te vestig, dat die mense betrokke in daardie kerk
nooit weer sal terugval in die bose nie. Maar dit is nie wat gebeur het nie.
Selfs die Meester se fisiese teenwoordigheid op die aarde het nie
ingemeng met die mens se vrye wil nie. Dus, selfs terwyl Hy nog slegs in
die middel van Sy Eerste Koms was, het Hy alreeds geprofeteer dat Hy
wéér sal moet kom. (bv. Joh. 14, 16, 21, 24 en ook die Boek van
Openbaringe). Die nodigheid van Sy terugkeer begin om gedemonstreer
te word 325 jaar nadat die Meester opgestaan het, toe daar `n belangrike
godsdienstige Raadsvergadering was te Nicea, `n antieke stad in Klein
Asië. By daardie Raadsitting (Rooms Katoliek) was die monoteïsme
(geloof in een God) van die ware Christelikheid, vervang met die
verkeerde en geestelik verwoestende idee van `n God, wat nie net `n
gesplete persoonlikheid gehad het nie, maar as meer as een persoon met
meer as een motief! Die Raad van Nicea stel toe voor die onlogiese en
totaal onredelike idee van `n vader-god wat sonder genade die hele
menslike geslag veroordeel vir die res van sy geskiedenis vir `n sonde van
twee mense, Adam en Eva, wat gepleeg is in die heel begin van die
geskiedenis, in die Tuin van Eden. Die enigste manier waardeur God
tevrede gestel kan word, na aanleiding van hierdie teorie, was deur die
offering van Sy Seun, `n tweede God. Hoekom so `n woedende God so
behulpsaam kan wees om Sy enigste Seun te stuur om geoffer te word,
word nie deur hulle duidelik gemaak nie, ook word dit nie verduidelik
hoe daar meer as een alvermoënde en alomteenwoordige God kan wees
nie, want die tweede God, Jesus Christus, was alles wat liefdevol is, in
kort, `n teenoorgestelde persoonlikheid van die eerste God, wat die idee
van God en Jesus as twee afsonderlike gode versterk het.
So verwoestend verkeerd was hierdie idees van die Raad van Nicea, wat
opgevolg was in een of ander vorm in die meeste van die eerste
Christelike kerke, tot vandag toe nog, dat dit veroorsaak het dat daardie
eerste kerke ‘geval’ het. Met ander woorde, om in daardie valse idees van
`n god te volg, het die eerste Christelike kerk sy vermoë om te dien as
daardie geestelike skakeling tussen die hemele en hierdie wêreld wat
nodig is vir die lewe om te bestaan, totaal vernietig. Hierdie lering is
miskien baie hard om aan te hoor (Joh. 6: 60) en dit blyk dat dit nie
ingang vind volgens die optrede oral om ons nie. As voorbeeld; dit lyk
beslis dat daar nog steeds Christene is wat goeie lewens lei en na die
hemel gaan ongeag die feit dat hulle nog die idee van drie gode het, of `n
god in drie persone. Maar wat inderwaarheid gebeur wat ons nie in
hierdie wêreld kan sien nie, is dat die engele sulke goeie mense leer en
onderrig wat die waarheid aangaande hierdie onderwerp is voordat sulke
mense die hemel kan binnegaan, siende dat niemand gemaklik in die
hemel kan lewe met valse idees nie. Hierdie selfde logika is ook van
toepassing op die vroeëre kerke. Weereens verskaf hulle nie daardie
noodsaaklike geestelike verbintenis met die hemele nie, maar mense kan
nog steeds in die hemel kom op voorwaarde dat hulle eers leer wat die
waarheid in hierdie saak is. (In die verhandeling van Swedenborg –
Hemel en Hel word daar baie duidelik uitgespel dat NIEMAND in die
hemel kom met selfs die vaagste idee van `n Godheid wat uit drie persone
bestaan nie! M.a.w. die idee van `n “Drie-Enige-God” is `n suiwer
doktrine uit die Hel – Die Drie-Eenheid as idee word wel in die hemele
erken – maar as EEN God. Vertaler).
Die gevolge van die eerste Christelike kerk se geestelike dood kan gesien
word, as ons verkies om daarna te soek, in alles vanuit die Donker Eeue
en die korrupsie in die kerk organisasie wat deur Luther gekritiseer was,
tot op die gruweldade in ons eie eeu. Maar sy meer dramatiese resultate
was nie sigbaar hier by ons nie, want dit het gebeur in die geestelike
wêreld, waar daar grootskaalse ontwrigting was.
Na die dood, word die mens wakker in die Geesteswêreld, wat `n plek is
tussenliggend (sien Hemel en Hel oor `n beskrywing van die
tussenliggende deel wat elke dag miljoene geeste ontvang!) die hemel en
die hel. Daar maak die engele finale voorbereiding, en daarvandaan na
een van die twee plekke waarvoor so `n persoon geskik is (sien ook die
notas oor die Opwekking of Wedergeboorte uit die Doodsproses).
Dit is alles `n redelik vinnige proses en gewoonlik nie meer as dertig jaar
van ons tyd nie (onthou, daar bestaan nie tyd en ruimte in die geestelike
wêreld soos ons dit ken nie). Maar die Christelike kerk se val het `n
masiewe ingryping in hierdie proses veroorsaak. Duisende bose mense
bly in hierdie wêreld van die geeste in plaas van om na die hel te gaan.
Dan bou hulle vir hul “koninkryke,’ dit is ‘denkbeeldige hemele’ (The
Doctrine of Faith 64), wat hulle gebruik om baie van die goeie mense te
mislei en plaas sulke mense in `n soort knegskap wat hulle verhoed om na
die regte hemel te gaan. Al hierdie dinge, en let daarop, is voorspel in die
profesieë van die Boek van Openbaringe. (bv. die goeie mense wat vassit
in knegskap is die siele onder die altaar van Openbaringe 6: 9-11;
Apocalypse Revealed 325).
Die Meester, soos altyd, is verdraagsaam en geduldig en laat die mens toe
om sy vrye wil uit te leef op die mees wydste ruimtelike gebied van
uitdrukking. Om in daardie beginsel te bly, het Hy die geestelike en
natuurlike gewoel van die gevalle eerste Christelike kerk toegelaat om vir
eeue aan te gaan. Maar die patroon van die geskiedenis herhaal homself,
en die vergrype het so hand uitgeruk, so geestelik gevaarlik vir die
wêreld, dat Hy `n baie groot ‘huisskoonmaak’ in werking gestel het, en
dit was die ‘groot en deurlugtige finale dag van Jahweh’ die ‘dag van
oordeel wat brand soos `n oond’ (Mal. 4:1, Openb. 6), wat voorspel was
so ver terug as die Ou Testament se Profete. Hierdie Laaste Oordeel van
die eerste Christelike kerk het plaasgevind in 1757 en was net so
dramaties soos wat al die Profesieë voorspel het, met “Menigtes,
menigtes in die dal van beslissing” (Joël 3: 14) wat veg met die draak
(Openb. 12). Daar was aardbewings en ineenstortende stede, groot winde
en swart water en berge wat ingesluk word (Last Judgment 61), en
menigtes van baie gelukkige mense wat vrygelaat was om na die hemel te
gaan. Swedenborg se beskrywing daarvan lees soos `n rampspoedige
draaiboek vir `n film. Alhoewel, die Oordeel, hierdie keer oor die goeie
en bose geeste, het plaasgevind totaal geheel en al in die geesteswêreld,
waar Swedenborg `n getuie van was. So dramaties as wat die voorkoms
daarvan was, die geestelike punt was dieselfde as by die Meester se eerste
koms, om die helle terug te plaas ten einde die menslike ras se geestelike
vrye wil te beskerm.
Die leerstellings van die Tweede Koms beskrywe die einde van die
eerste Christelike kerk so omvattend omdat dit die finale oordeel was tot
op ons vandag. Daar sal nooit weer `n ander ‘Laaste Oordeel’ wees nie
want die ‘Nuwe Kerk’ (Nuwe Jerusalem) is gebou op die waarheid en op
die leerstellings van die Tweede Koms wat vir ewig sal duur. Die
waarheid wat onthul sal word by die Tweede Koms is so kragtig en
volledig dat hierdie Nuwe Kerk wat gebou is op sulke leerstellings, nooit
sal val nie. Alhoewel, dit belangrik is om daarop te let dat dit nie beteken
dat mense of organisasies wat hulleself die volgelinge van die Tweede
Koms doktrines noem nie, nie sal val, of verkeerde dinge doen nie, vrye
wil – en boosheid – is nog net so lewendig soos altyd. Maar bose geeste
sal nooit weer toegelaat word om die kontrole van die wêreld van die
geeste oor te neem soos hulle gedoen het voor die Laaste Oordeel nie.
Die mees belangrikste is die feit dat die Laaste Afskeiding nie net die
kanaal skoonmaak vir die invloei van krag uit die hemele na die aarde
nie, maar dit nog uitbrei ook. Die effek daarvan is die uitbreiding van
geestelike vryheid wat reg deur die wêreld spoel. Dit is interessant om te
weet dat beide die “Eeu van Verligting” en die “Industriële Revolusie”
het in die 18de eeu plaasgevind, sowel as beide die Amerikaanse en
Franse revolusies. Almal het plaasgevind binne `n paar jaar van die
afloop van die eerste Christelike kerk se Laaste Oordeel in 1757, maar
alles hierdie was maar slegs `n voorsmakie. In die twee eeue sedert die
Laaste Oordeel, het die vryheid van denke en handeling hom uitgebrei in
elke area van die menslike aktiwiteit op `n manier wat sonder weerga is
in die menslike geskiedenis. Die wêreld is ver weg van die volmaakte
vandag, maar meer mense geniet meer vryheid in meer aspekte van hulle
lewens as wat moontlik was sedert die Goue Eeu. Nie alle resultate van
hierdie nuwe vryheid was positief nie; bose mense het hul vryheid
gebruik om negatiewe weë te ontwikkel. Nietemin, die doel van
geestelike vryheid is om ons toe te laat om die goeie of die bose te kies.
Ons is vry om goeie keuses te maak, en met ons groter geestelike vryheid,
vertel die leerstellinge van die Tweede Koms ons dat hierdie goeie keuses
hierdie wêreld kan help om hierdie wêreld se lewe meer te maak “soos in
die hemel net so ook op die aarde” (Matt. 6: 10).
Vir verdere leesstof
The Last Judgment and Babylon Destroyed. All the Predictions in the
Apocalypse are at This Day Fulfilled
Continuation Concerning the Last Judgment and Concerning the
Spiritual World.
A blow-by-blow retelling of the story of this huge event, with explanatory
comments on its implications and effects.
Chapter 3: The Second Coming Already Happened – 1770!
oooooooooooooooooooOOOOOOOOOOOOOOOOOOOoooooooooooo
|
|
|
|
|