DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Hoofstuk 7 Die inhoud van die hele hoofstuk In hierdie hoofstuk word hulle behandel wat in die Christen hemel is en sal wees. En eerste van hulle skeiding vanaf die bose. Daarna van hulle wat in liefde tot die Verlosser is, en daardeur in Wysheid, uit wie die hoogte hemele bestaan. En van diegene wat in naaste liefde en geloof daarvan is vanuit die Verlosser, omdat hulle geveg het teen boosheid, uit wie die laer hemele is. Open. 7:1 En ná hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, (die hele hemel is nou in die poging om die laaste oordeel te voltrek) en hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie. (`n weerhouding en beperking deur die Verlosser, van `n nader en derhalwe meer kragvolle invloei tot in die laer dele, waar die Goedheid met die bose verenig is.) Open. 7:2 En ek het ‘n ander engel sien opkom van die opgang van die son, (die Verlosser voorsien en reguleer) met die seël van die lewende God; (Wie alleen alles en elkeen ken, en hulle kan onderskei en afskei die een van die ander) en hy het met ‘n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig Open. 7:3 en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig (die beperking en weerhouding deur die Verlosser van `n nader en kragtiger invloei in die laer dele) voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie. (voordat hulle geskei word wat in Waarhede vanuit Goedheid vanuit die Verlosser is) Open. 7:4 En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd-vier-en veertig duisend verseëldes (almal wat die Verlosser as God van hemel en aarde erken, en in Waarhede van leerstellings vanuit Goedheid van Liefde is, vanaf die Verlosser deur die Woord) uit al die stamme van die kinders van Israel (die Verlosser se hemel en kerk is saamgestel uit hulle) Open. 7:5 uit die stam van Juda twaalf duisend verseëldes; (in hemelse liefde, wat liefde tot die Verlosser is, en dit met almal wat in die Nuwe Hemel en die Nuwe Kerk sal wees) uit die stam van Ruben twaalf duisend verseëldes; (in Wysheid vanuit hemelse liefde, met hulle wat daar sal wees) uit die stam van Gad twaalf duisend verseëldes; (in werke van lewe, wat van Wysheid vanuit sodanige liefde is,) Open. 7:6 uit die stam van Aser twaalf duisend verseëldes; (gemeenskaplike liefde met hulle) uit die stam van Náftali twaalf duisend verseëldes; (in die persepsie van werke, en wat werke is met hulle) uit die stam van Manasse twaalf duisend verseëldes; (in die wil van bediening, en van aksie, met hulle) Open. 7:7 uit die stam van Símeon twaalf duisend verseëldes; (in geestelike liefde, wat liefde teenoor die naaste is, met hulle) uit die stam van Levi twaalf duisend verseëldes; (in die liefde van Waarheid vanuit Goedheid, vanwaar intelligensie kom, met hulle) uit die stam van Issaskar twaalf duisend verseëldes; (in die Goedheid van lewe met hulle) Open. 7:8 uit die stam van Sébulon twaalf duisend verseëldes; (in die hemelse liefde van Goedheid en Waarheid, met hulle) uit die stam van Josef twaalf duisend verseëldes; (in die leerstellings van Goedheid en Waarheid, met hulle) uit die stam van Benjamin twaalf duisend verseëldes. (in die lewe van Waarheid vanuit Goedheid volgens die leerstellings met hulle) Open. 7:9 Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, (al die ander wat nie van die geteldes is en tog in die Nuwe Hemel en Nuwe Kerk van die Verlosser is, en wat die uiterste hemel uitmaak, en die uiterlike kerk, wie se kwaliteit niemand ken, maar die Verlosser alleen) uit alle nasies en stamme en volke en tale; (en almal in die Christen wêreld, wat in geloof van goedhede en waarhede van leerstellings is) hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, (wat die Verlosser hoor en die dinge doen wat Hy beveel) bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande; (in kommunikasie en vereniging met die hoogste hemele, en belydenis vanuit Goddelike Waarhede) Open. 7:10 en hulle het met ‘n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam! (is erkenning vanuit die hart dat die Verlosser hulle redder is) Open. 7:11 En al die engele het rondom die troon en die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan, (almal in die hele hemel) en hulle het voor die troon op hulle aangesig neergeval en God aanbid en gesê: Open. 7:12 Amen! (is Goddelike Waarheid en bevestiging daarvan) Die lof en die heerlikheid en die wysheid en die danksegging (is die Goddelike Geestelike dinge van die Verlosser) en die eer en die krag en die sterkte (is die Goddelike Hemelse dinge van die Verlosser) aan onse God tot in alle ewigheid! (en hierdie dinge in die Verlosser, en vanuit die Verlosser vir ewig) Amen. (die inwilliging van almal) Open. 7:13 Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom? Open. 7:14 En ek sê vir hom: My heer, u weet dit, (is die begeerte om te weet, en die wil van ondervraging en die antwoord en die informasie) En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, (dat hulle diegene is wat in versoekings was, en geveg het teen booshede en valshede) en hulle het hul klere gewas (wat hulle godsdienstige beginsels skoongemaak het van die booshede van valsheid) en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam. (en hulle gereinig van die valshede van boosheid deur Waarhede, en so hervorm is deur die Verlosser) Open. 7:15 Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan. (dat hulle in die teenwoordigheid van die Verlosser is, en standvastig en getrou lewe volgens die Waarhede wat hulle ontvang vanuit Hom in Sy kerk) Open. 7:16 Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, (dat hulle hierna geen te kort sal hê van Goedhede en Waarhede met hulle) en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie; (dat hulle hierna geen begeerte na boosheid ook nie na valsheid van boosheid sal het) Open. 7:17 want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei (dat die Verlosser alleen hulle sal onderrig) en hulle na lewende waterfonteine lei, (en sal lei deur Waarhede van die Woord na vereniging met Homself) en God sal alle trane van hulle oë afvee. (dat hulle nie meer in gevegte teen booshede en hulle valshede sal wees, en daardeur in droefheid, maar in Goedhede en Waarhede, en vandaar in hemelse vreugde vanaf die Verlosser.) Die veduideliking Open. 7:1 En ná hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan Wat beteken dat die hele hemel nou in die poging is om die laaste oordeel te voltrek aan hulle wat in die wêreld van die geeste was. Baie dinge volg nou aangaande die toestand van die geestelike wêreld net voor die laaste oordeel, wat niemand kon weet behalwe deur openbaring vanaf die Verlosser. En aangesien dit aan my toegestaan was om te sien op watter manier die laaste oordeel voltrek was, en ook die veranderings wat dit voorafgegaan het, en die reëlings wat gevolg het, is ek daartoe instaat om die betekenis te vertel van al die besonderhede bevat in hierdie en die volgende hoofstukke. Deur die vier engele word hier bedoel die hele hemel, en deur die vier hoeke van die aarde, word bedoel die hele wêreld van die geeste, wat in die middel is, tussen die hemel en die hel, want die laaste oordeel was voltrek op diegene wat in die wêreld van die geeste was, maar nie op enigiemand in die hemel, ook nie enigiemand in die hel nie. Die rede waarom die engele hemel bedoel is omdat `n Engel in die hoogste betekenis, bedoel die Verlosser volgens die Goddelike Menswese. Deur die “vier engele” word hier bedoel die hele hemel, omdat hulle gesien staan was op die vier hoeke van die aarde, en deur die “vier hoeke” word bedoel die “vier kwartiere” Die rede waarom die boonste woorde bedoel die poging van die hele hemel om die laaste oordeel te voltrek is omdat die Verlosser, wanneer die oordeel op hande is, veroorsaak dat die hemele nader kom oor die wêreld van die geeste, en deur hierdie nader kom van die hemele, vind so `n verandering van toestand plaas in die innerlike van die denke van hulle wat onder was, dat hulle niks anders sien as vrees voor hulle oë.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205