DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Hoofstuk 4 Die inhoud van die hele hoofstuk Dit behandel die reëling en voorbereiding van alle dinge in die hemel vir die Laaste Oordeel, wat voltrek sal word vanuit die Woord, en volgens die Woord, ook aangaande die erkenning dat die Verlosser die enigste Regter is. Open. 4:1 Ná hierdie dinge het ek gesien kyk, ‘n geopende deur in die hemel, (`n openbaring aangaande reëlings van die hemele ter voorbereiding vir die laaste oordeel vanaf die Verlosser, om voltrek te word volgens Sy Goddelike Waarheid in die Woord) en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, (Goddelike invloei, en daaruit `n verhoging van die verstand, gevolg deur openbaring van persepsie) (begrip) en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur. (openbarings van dinge wat moet gebeur voor die laaste oordeel, aangaande dit, en na dit) Open. 4:2 En dadelik was ek in die Gees, (hy was gelei in `n geestelike toestand waarin die dinge wat bestaan in die hemel in openbarings verskyn) en kyk, daar staan ‘n troon in die hemel (die oordeel in `n verteenwoordigende vorm) en Een sit op die troon. (die Verlosser) Open. 4:3 En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steen jaspis en sardius; (die verskyning van die Verlosser se Goddelike Wysheid en Goddelike Liefde in uiterstes) en rondom die troon was ‘n reënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos ‘n smarag. (en dieselfde verskyning ook rondom die Verlosser) Open. 4:4 En rondom die troon was daar vier en twintig trone, en op die trone het ek die vier en twintig ouderlinge sien sit, (die reëling van alle dinge in die hemel ter voorbereiding vir die oordeel) bekleed met wit klere; (vanuit die Goddelike Waarhede van die Woord) en hulle het goue krone op hulle hoofde gehad. (die dinge van Wysheid vanuit Liefde) Open. 4:5 En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan (in voorligting, persepsie en onderrig vanaf die Verlosser), en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand; (die Nuwe Hemel vanuit die Christene) Open. 4:6 en voor die troon was daar ‘n see van glas soos kristal, (persepsie van Goddelike Geestelike Waarheid) en in die middel van die troon en rondom die troon vier lewende wesens. (die Woord van die Verlosser vanaf eerste tot laaste, en die bewakers daarvan) vol oë van voor en van agter (die Goddelike Wysheid daarin) Open. 4:7 En die eerste lewende wese was soos ‘n leeu, (die Goddelike Waarheid van die Woord as krag) en die tweede lewende wese was soos ‘n kalf, (die Goddelike Waarheid van die Woord as Liefde) en die derde lewende wese het ‘n gesig gehad soos ‘n mens, (die Goddelike Waarheid van die Woord as Wysheid) en die vierde lewende wese was soos ‘n arend wat vlieg. (die Goddelike Waarheid van die Woord as kennis en vandaar begrip) Open. 4:8 En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, (die Woord volgens die krag daarvan, en volgens die bewakers daarvan) en hulle was rondom en van binne vol oë; (die Goddelike Wysheid in die Woord, in sy natuurlike betekenis vanuit sy geestelike en hemelse betekenis) en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is Jahweh God, die Almagtige, (dat die Woord onafgebroke die Verlosser leer, en dat Hy alleen God is, en vandaar dat Hy alleen aanbid moet word) wat was en wat is en wat kom! (die Verlosser) Open. 4:9 En elke keer as die lewende wesens heerlikheid en eer en danksegging gee aan Hom wat op die troon sit, (dat die Woord alle waarheid en goedheid, en alle aanbidding aan die Verlosser wat sal oordeel toeskryf) wat tot in alle ewigheid lewe, (dat die Verlosser alleen lewe is, en dat ewige lewe vanuit Hom alleen is) Open. 4:10 val die vier en twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe, (die verootmoediging van almal in die Hemel voor die Verlosser) en werp hulle krone voor die troon en sê: (die erkenning dat hulle Wysheid vanuit Hom alleen is) Open. 4:11 U is waardig, o Jahwehshua, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, (dat die Koninkryk die Verlosser sin is deur meriete en geregtigheid, omdat Hy die Goddelike Waarheid en die Goddelike Goedheid is) want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape. (dat alle dinge van die Hemel en die kerk gemaak en gevorm was, en mense hervorm en wedergebore is vanuit die Verlosser se Goddelike Liefde deur Sy Goddelike Wysheid, of vanuit Sy Goddelike Goedheid deur Sy Goddelike Waarheid, wat ook die Woord is) `n Geopende deur – wanneer dit verwys na die hemel – is toegang tot die hemel, Maar hier ook – openbaring, omdat hy sê ‘ek het gesien en gekyk.’

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205