DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Hoofstuk 13 In die hoofstuk word voortgegaan om die draak se leerstellings en geloof te behandel en wat daar deur bedoel word. Dit word beskryf wat die kwaliteit daarvan is met die lekedom, en daarna wat die kwaliteit daarvan is met die geestelikes. Deur die dier wat uit die see kom, word die leerstellings en geloof van die lekedom beskryf, deur die dier vanuit die aarde word die leerstellings en geloof met die geestelikes beskryf. Laastens die vervalsing van die Waarheid van die Woord deur die geestelikes. Open. 13:1 En ek het ‘n dier uit die see sien opkom (die lekedom in die kerke van die hervormdes, wat beginselvas in die leerstellings en geloof van die draak aangaande God en Redding is ) met sewe koppe (en kranksinnigheid wat volg vanuit blote valsheid) en tien horings, (baie krag) en op sy horings tien krone (die krag vanuit baie vervalsing van waarhede van die Woord) en op sy koppe ‘n naam van godslastering, (en die ontkenning van die Verlosser se Goddelike Menswese, en leerstellings van die kerk nie aangehaal vanuit die Woord, maar van selfverkryde intelligensie) Open. 13:2 En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, (in `n kettery vernietigend vir die kerk omdat dit verkry is vanuit waarhede van die Woord wat vervals is) en sy pote soos dié van ‘n beer, (en vol van dwaalbegrip vanuit die die letterlike betekenis van die Woord - gelees maar nie verstaan nie) en sy bek soos die bek van ‘n leeu; (deur redenerings en argumente vanuit valshede (asof vanuit waarhede) en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag. (dat hierdie kettery die oorhand kry en in die algemeen heers as gevolg van die ontvangs daarvan deur die lekedom) Open. 13:3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, (dat die leerstellings van geloof alleen nie ooreenstem met die Woord waarin werke so gereëld aanbeveel word) en sy dodelike wond is genees (was die geneesmiddel vir dit beskou en aangewend) En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. (dat hierdie leerstellings en geloof toe met blydskap ontvang was) Open. 13:4 En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, (deur die erkenning dat dit sodanig is as wat neergelê is deur die leiers en leermeesters, wat die gesag daarvan vasgestel het volgens die ontvangs wat hulle daarvoor gekry het onder die oorgrote gemeenskap in die algemeen) en die dier aanbid (en die erkenning daarvan deur die gemeenskap dat dit die Heilige Waarheid is) en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer? (en die voortreflikheid van die leerstellings, omdat dit nie deur enigiemand weerspreek kan word nie) Open. 13:5 En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, (maar dat dit leer wat boos en vals is) en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen. (die vryheid om die booshede en valshede van daardie leerstellings te leer en te doen, selfs tot aan die einde van die kerk en die begin van die Nuwe Kerk) Open. 13:6 En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam (deur hulle bewerings wat skandale teen die Wesenlik Goddelikheid en Goddelike Menswese van die Verlosser is, en terselfdertyd teen elke ding verwant aan die kerk, verkry vanuit die Woord, waardeur die Verlosser aanbid word) en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster, (deur skandale teen die Verlosser se Geestelike Koninkryk en teen die hemel te pleeg). Open. 13:7 Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, (en dat hulle die Goddelike Waarhede van die Woord bestry het, en hulle op die grond gewerp het) en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie, (en gevolglik heerskappy oor al die dinge van die kerk, ”beide” die leerstellings daarvan en die lewe daarvan) Open. 13:8 En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam, (en dat almal daardie leerstellings van ketterry sal erken as Heilig in die kerk, behalwe diegene wat in die Verlosser glo) wat geslag is, geskrywe is nie (en dat die Verlosser se Goddelike Menswese nie erken was vanaf die eerste stigting van die kerk nie). Open. 13:9 As iemand ‘n oor het, laat hom hoor.(en dat hulle wat begeer om wysheid te kry hierna moet op let. Open. 13:10 As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap (dat hy wat deur middel van hierdie leerstellings van kettery ander mislei, om nie goed te glo en goed te lewe nie, sal homself die hel ingetrek word deur sy eie booshede en valshede) en as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word (dat hy wat deur middel van valshede die siel van `n ander vernietig, word homself vernietig deur valshede en sterf). Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges. (dat die mense van die Verlosser se Nuwe Kerk, deur versoekings vanaf sulke dinge, ondersoek word om die kwaliteit van sy lewe en geloof vas te stel). Open. 13:11 En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, (is die geestelikes wat beginsel vas in die leerstellings en geloof van die draak is aangaande God en redding) en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak, (dat wat hulle spreek, leer, en skryf is vanuit die Woord, asof dit die Verlosser se Goddelike Waarheid is, en tog is dit vervalsde waarheid) Open. 13:12 En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, (en dat hulle hierdie leer bevestig, waaruit hulle mag kry ) en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is, (omdat hulle onder die gemeenskap in die algemeen ontvang was, is dit vasgestel en bevestig dat hulle erken en as heilig in die kerk beskou moet word) Open. 13:13 Hy doen ook groot tekens, ( en getuig dat die dinge wat hulle leer waar is, alhoewel hulle vals is) sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense, (en verklaar dat hulle valshede waarhede is) Open. 13:14 En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen (en dat deur hulle verklarings en getuienisse lei hulle die mense van die kerk in dwalings), deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het, (omdat hulle die mense van die kerk oorhaal, om die valse leerstellings te ontvang, dat geloof die enigste middel van redding is, deur die redes alreeds genoem). Open. 13:15 En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat (dat hulle toegelaat was om die leerstellings deur middel van die Woord te bevestig, waardeur dit voorkom asof lewe ontvang word, wanneer dit geleer word) en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie, (en dat hulle `n oordeel van verdoemenis teen diegene het wat nie hulle leerstellings van geloof erken as die heilige leerstellings van die kerk nie). Open. 13:16 En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe (almal in daardie kerk wat ookal hulle toestand, geleerdheid en intelligensie) ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; (omdat niemand erken word as `n hervormde christen tensy hy daardie leerstellings in geloof en liefde ontvang nie). Open. 13:17 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het. (omdat dit nie wettig vir enigeen is om vanuit die Woord te leer, tensy hy dit erken, en sweer omtrent die geloof en die liefde daarvan, of iets wat daarmee ooreenkom). Open. 13:18 Hier kom die wysheid te pas (dat dit deel is van `n wyse man, om dit wat in hierdie hoofstuk gesê en verduidelik is, om die karakter te sien en verstaan van die leerstellings en geloof van die geestelikes aangaande God en redding). Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, (dat hy wat in voorligting vanaf die Verlosser is, die karakter en kwaliteit van die bewyse mag ken, wat hulle kry vanuit die Woord in bevestiging van daardie leerstellings en geloof) want dit is die getal van ‘n mens; (die kwaliteit van die Woord en derhalwe van die kerk) en sy getal is ses-honderd-ses-en sestig. (hierdie kwaliteit, is dat al die Waarhede van die Woord deur hulle vervals is) Die dier vanuit die aarde is die geloof van die geestelikes, aarde is die innerlike van daardie kerk. Die dier vanuit die aarde word ook genoem die vals profeet, en dit is die kerk van die hervormdes tot met hoofstuk 16. Die dier vanuit die see is die geloof van die lekedom wat uiterlik is Die see is hier die uiterlike van die kerk. Diere is niks anders as vorms van die natuurlike en geestelike emosies in die natuurlike en geestelike mens nie, en hierdie emosies word as beelde gesien in die wêreld van die geeste, en hier op aarde word dit getoon deur ons, spreke en handelings wat dan ook ons liefde is, want geen mens doen enigiets wat nie met sy liefde ooreenkom nie, dit gaan nie net oor God en naaste liefde nie, alhoewel dit die mees belangrike deel van ons lewe is, daarom het liefde duisende vorms, en wanneer ons daaraan dink in waarheid sal ons besef dat dit werklik so is. Die Roomse Katolieke in hoofstuk 17 + 18. Hulle was gesien as diere, omdat `n draak `n dier is. En in die Woord beteken dier die liefdes van `n mens. Mak en bruikbare diere is die mens se goeie liefdes Wilde en onbruikbare diere is die mens se bose liefdes. Die kerk is mense, skape die gemeente, `n kudde. Hulle leermeester `n herder. Die rede is dat in die geestelike wêreld die liefdes van `n mens op `n afstand as diere gesien word. Daarom word die Woord ook volgens die krag, die liefde, denke en wysheid beskryf deur vier diere `n leeu, kalf, arend, en `n man en vele meer. Dan.7: 2-7. Mens en dier saam is mense volgens sy geestelike en natuurlike liefdes

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205