DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Die innerlike betekenis. Die verduideliking Wat die geestelike betekenis is, was tot nou toe onbekend, dat daar wel so `n betekenis in elke deel van die Woord is, en dat sonder dit, die Woord in baie plekke nie verstaan kan word nie, was getoon in die leerstellings van die Nuwe Jerusalem aangaande die Heilige Geskrifte. Die geestelike betekenis verskyn nie in die letterlike betekenis nie, want dit is daar binne in soos wat die siel in die liggaam is, dit is bekend dat daar die geestelike en die natuurlike is, en dat die geestelike vloei tot in die natuurlike, en verteenwoordig homself om gesien en gevoel te word in vorms wat val onder die sig en aanraking en dat die geestelike, sonder sodanige vorms, nie anders begryp kan word dan as liefde en gedagtes of liefde en wysheid wat van die verstand is. Dat liefde en gedagtes, of liefde wie se eienskap dit is om aangedaan te wees, en wysheid wie se eienskap dit is om te dink, is geestelik, en word erken. Dat hierdie twee aanlegte van die siel hulself verteenwoordig in die liggaam in vorms wat genoem word organe van die sintuie en beweging, is ook bekend, en dat hulle een is, en sodanig een, dat wanneer die verstand dink, die mond in `n oomblik spreek, en wanneer die verstand wil, die liggaam onmiddellik handel, daarom is dit duidelik dat daar `n perfekte verbinding van geestelike dinge en die natuurlike dinge met die mens is. Dit is dieselfde in iedere en alle dinge in die wêreld, daar is in hulle die geestelike, wat die innerlike van die oorsaak is, en daar is die natuurlike, wat die gevolg daarvan is, en die twee maak een, en die geestelike betekenis verskyn nie in die natuurlike betekenis nie, omdat dit soos die siel in die liggaam is, en soos die innerlike van die oorsaak in die gevolg is, en wat vantevore gesê is. Dit is dieselfde met die Woord, dat dit in sy boesem geestelik is, omdat dit Goddelik is, kan deur niemand ontken word, maar die geestelike betekenis verskyn nie in die betekenis van die letter nie, omdat dit natuurlik is, en daarom was die geestelike betekenis tot nou toe onbekend, ook kon dit nie bekend gemaak word voordat die Ware Waarhede nie deur die Verlosser geopenbaar was nie, want die geestelike betekenis is in hulle. Om die rede was die Boek Openbaring nie vantevore verstaan nie. Maar sodat daar nie enige twyfel is dat daar sodanige dinge binne in dit is, moet die besonderhede verduidelik, en verklaar word deur soortgelyke gedeeltes elders in die Woord.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205