DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Hoofstuk 9 Die inhoud van die hele hoofstuk Die ondersoek en openbaring van die toestande en lewe van diegene in die kerk van die hervormdes, wat geleerd en wys genoem word deur die bevestiging van geloof geskei van naaste liefde, en van regverdiging en redding deur dit alleen. Die ondersoek en openbaring van diegene daarin wat nie so geleerd en wys is nie, en in geloof alleen is, en wat lewe soos hulle wil. Laastens van diegene daarin, wat niks weet, behalwe dat geloof die alles is waardeur `n mens gered word, en niks anders as dit nie. Open. 9:1 En toe die vyfde engel blaas, (die ondersoek en openbaring van die toestande van diegene in die kerk van die hervormdes, wie geleerd en wys genoem word deur die bevestiging van geloof geskei van naaste liefde, en die regverdiging en redding deur dit alleen) sien ek ‘n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, (die invloei vanuit die hemel van Geestelike Goddelike Waarheid in die kerk met hulle om te ondersoek en te openbaar) en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee. (die oopmaak van hulle hel) Open. 9:2 En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van ‘n groot oond, (die valsheid van die sondige begeertes van die natuurlike mens wat voortkom vanuit hulle bose liefdes) en die son en die lug is deur die rook van die put verduister (dat die Lig van Waarheid daaruit duisternis geword het) Open. 9:3 En uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde (dat valsheid van die laagste dinge met hulle was soos wat dit met diegene was wat sinlik geword het, en wat alle dinge sien en oordeel vanuit die sintuie en hulle dwaalbegrippe,) en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het. (die krag van oortuiging dat hulle valsheid, waarheid is. Open. 9:4 En aan hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie maar net alleen die mense wat die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie, (die Goddelike Voorsienigheid van die Verlosser, dat dit vir hulle nie moontlik sal wees om enige waarheid en goedheid van geloof weg te neem nie, ook nie enige liefde en persepsie daarvan, maar kan van enige ander wegneem wat nie in naaste liefde en derhalwe nie in geloof is nie. Open. 9:5 En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; (dat ewemin sal hulle in staat wees om van hierdie die aanleg van begrip en gewillige waarheid van goedheid weg te neem, maar dat dit vir hulle alleenlik moontlik sal wees om `n bedwelming te veroorsaak vir `n kort tydjie), en hulle pyniging was soos die pyniging van ‘n skerpioen wanneer hy ‘n mens steek. (dat dit vanuit hulle oortuigings krag is) Open. 9:6 En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug. (hulle sal wens dat die onderwerpe van geloof en begrip toegesluit en die wil toegemaak mag word, deur middel waarvan Geestelike Lig en lewe vernietig word, en dat dit tog nie gedoen kan word.) Open. 9:7 En die voorkoms van die sprinkane (die verskynings en beelde van diegene wat in hulself geloof geskei van naaste liefde bevestig het) was soos dié van perde wat vir die oorlog toegerus is, ( omdat hulle kan redeneer, kom dit vir hulself voor asof hulle besig is om te veg vanuit die begrip van waarheid vanuit die Woord) en op hulle koppe was iets soos krone wat net soos goud gelyk het, (dat hulle vir hulself as oorwinnaars voorgekom het) en hulle gesigte was soos die gesigte van mense. (dat hulle aan hulself as wys voorgekom het) Open. 9:8 En hulle het hare gehad soos vrouehare, (en dat hulle aan hulself voorgekom het asof hulle in die liefde van waarheid is) en hulle tande was soos dié van leeus. (dat die sintuiglike dinge, wat die uiterste van die lewe van `n natuurlike mens is, het aan hulle voorgekom asof dit krag oor alle dinge het) Open. 9:9 En hulle het borsharnasse gehad soos van yster, (dat argumente vanuit dwaalbegrippe waardeur hulle veg en die oorhand kry, vir hulle so kragvol skyn te wees dat hulle nie weerlê kan word nie), en die gedruis van hulle vlerke was soos die gedruis van baie strydwaens met perde wat opruk na die oorlog. (hulle redenerings, volledig verstaan asof dit vanuit die waarhede van leerstellings vanuit die Woord was, waarvoor hulle vurig moet veg) Open. 9:10 En hulle het sterte gehad soos dié van skerpioene, (die waarhede van die Woord vervals is waardeur hulle bedwelming veroorsaak), en daar was angels in hulle sterte, en hulle mag was om die mense vyf maande lank skade aan te doen. (die subtiele vervalsings van die Woord, waardeur hulle die begrip verdonker en vir `n kort tydperk bekoor, en dus mislei en boei) Open. 9:11 En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is Abáddon, en in Grieks het hy die naam van Apóllion. (dat hulle in die sataniese hel is, wat in valsheid van begeertes is, en deur die totale vervalsing van die Woord het hulle die kerk vernietig Open. 9:12 Die een weë het verbygegaan; hierna kom daar nog die tweede weë. (nog verdere weeklaag oor die toestand van die kerk) Open. 9:13 En die sesde engel het geblaas, (die ondersoek en openbaring aan die hervormdes van hulle toestand en lewe in die kerk wat nie so wys is nie, en tog die alles van godsdiens in geloof plaas, en lewe soos hulle wil en aan dit alleen dink) en ek het ‘n stem gehoor uit die vier horings van die goue altaar wat voor God is, Open. 9:14 en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê (‘n bevel vanaf die Verlosser vanuit die geestelike hemel aan diegene wat sal ondersoek en openbaar maak) Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat. (dat die uiterlike bande van hulle weggeneem moet word, sodat die innerlike van hulle verstand mag verskyn) Open. 9:15 Toe is die vier engele losgemaak (dat toe die uiterlike bande weggeneem was, die innerlike van hulle verstand verskyn het) wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om ‘n derde van die mense dood te maak (dat hulle ewig in die poging was om geestelike lig en lewe weg te neem van die mense van die kerk. Open. 9:16 En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tien duisend maal tien duisend; (die redenerings aangaande geloof alleen, waarmee die innerlike van hulle verstand gevul was, is vanuit die groot hoeveelheid blote valsheid vanuit boosheid) en ek het hulle getal gehoor. (dat hulle kwaliteit begryp was) Open. 9:17 En só het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, (dat dit toe ontdek was dat die redenerings van die innerlike van hulle verstande aangaande geloof alleen, verbeelding en denkbeeldig was, en dat hulle hulself kranksinnig was met hulle) met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse.(dat hulle in verbeelding en denkbeeldige argumente vanuit helse liefde en hulle eie intelligensie is, en in die begeertes daarvan en in verbeeldingskrag aangaande geloof alleen asof dit krag was dat in hulle gedagtes en redevoerings, innerlik besigtig, is daar niks, en daar kom niks vanuit hulle voort, behalwe die liefde van self en die wêreld, en die trots van hulle eie intelligensie, en die begeertes van boosheid en valsheid vanuit hierdie twee. Open. 9:18 Deur hierdie drie plae is ‘n derde van die mense gedood, deur die vuur en deur die rook en deur die swawel wat uit hulle bekke uitgegaan het; (dat dit daarvan is wat mense van die kerk omkom) Open. 9:19 want hulle mag is in hulle bek (dat hulle alleenlik die oorhand kry deur hulle redevoerings en bevestiging van geloof) en in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle skade aan. (die rede is, dat hulle sintuiglik en omgekeerd was, spreek waarhede met hul lippe, maar vervals waarhede deur die beginsel (leerstellings) wat die hoof van hulle godsdiens vorm en so mislei hulle dus) Open. 9:20 En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, (diegene in die hervormde kerk wat nie so geestelik dood is van denkbeeldige redenerings, en van eie liefde, en die trots van hulle eie intelligensie, en van begeertes, derhalwe nie soos diegene tevore genoem, en nog geloof alleen die hoof van hulle godsdiens maak) het hulle nie bekeer van die werke van hul hande nie, (dat hulle nogtans nie die dinge van hulle natuurlike vermy het as sonde, wat booshede van elke soort is) om die duiwels te aanbid, (dat hulle dus in die boosheid van hulle sondige begeertes was, en dat hulle een is met hul soort in die hel) of die afgode van goud en silwer en koper en klip en hout (dat hulle in aanbidding dus vanuit blote valsheid was) wat nie kan sien of hoor of loop nie. (waarin daar niks van geestelike en ware verstandige lewe is nie). Open. 9:21 En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie. (dat die kettery van geloof alleen in hulle harte dwaasheid, uitvlugte en hardheid veroorsaak, sodat hulle nie enigiets dink van die Bevele van die Tien gebooie, ook nie aan enige sonde wat vermy moet word, omdat dit in die guns van die duiwel is en teen God. Deur die “blaas van die basuin”; word bedoel, om te ondersoek en openbaar te maak die toestand van die kerk, en daaruit die toestand van lewe met diegene wie se godsdiens geloof alleen is.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205