DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Hoofstuk 5 Die inhoud van die hele hoofstuk Dat die Verlosser in die Goddelike Menswese die oordeel sal voltrek vanuit die Woord en volgens dit, omdat Hy Homself die Woord is, en dat dit erken word deur almal in die drie hemele. Open. 5:1 En ek het in die regterhand van Hom wat op die troon sit, ‘n boek gesien, van binne en van buite beskrywe (is die Verlosser as Sy Goddelikheid Self vanaf ewigheid, wat Almagtig en Alwetend is, en Wie die Woord is) en met sewe seëls goed verseël. (dat dit heeltemal verberg van Engel en mens is) Open. 5:2 En ek het ‘n sterk engel gesien wat met ‘n groot stem uitroep: (die Goddelike Waarheid vanaf die Verlosser wat innerlik invloei in engele en mense) Wie waardig is om die boek oop te maak en sy seëls te breek? (Wie krag het om te ken die toestande van lewe van almal in die hemele en op die aardes, en elkeen daarvolgens te oordeel.) Open. 5:3 En niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde (dat niemand in die hoogste hemele of in die laagste hemele instaat was ) kon die boek oopmaak (om die toestande van die lewe van almal te ken, en elkeen te oordeel volgens sy toestand) of daarin kyk nie. (nie in die minste nie) Open. 5:4 En ek het baie geween, omdat daar niemand waardig bevind is om die boek oop te maak en te lees of daarin te kyk nie. (die droefheid van hart, omdat indien niemand dit kan doen, almal sal sterf) Open. 5:5 Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; (vertroosting) kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid, het oorwin (die Verlosser Wie deur Sy Eie Krag die helle onderdruk het, en alle dinge weer in orde gebring het terwyl Hy op die aarde was deur die Goddelike Goedheid verenig met die Goddelike Waarheid in Sy Menswese) om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek. (Wie krag het om die toestande van lewe van almal in die hemele en op die aardes te ken, en elkeen daarvolgens te oordeel) Open. 5:6 En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge (vanuit die mees innerlike en vandaar is alle dinge van die hemel, die Woord, en die kerk) staan daar ‘n Lam asof Hy geslag is, (die Verlosser in Sy Menswese, is nie in die kerk as Goddelike erken nie) met sewe horings (is Sy almag) en sewe oë, (is Sy alwetendheid en Goddelike Wysheid) wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde. (dat vanuit die Goddelike Wysheid word verkry die Goddelike Waarheid dwarsdeur die hele wêreld, waar daar ookal enige geloof is) Open. 5:7 Hy het gekom en die boek geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit; (dat die Verlosser as Sy Goddelike Menswese die Woord is, en dit vanuit Sy Goddelike in Homself en dat Hy daarom vanuit Sy Goddelike Menswese die oordeel sal voltrek) Open. 5:8 en toe Hy die boek neem, (terwyl die Verlosser vasberade is om die oordeel te voltrek, en daardeur alle dinge terugbring na orde in die hemele en op die aarde) val die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor die Lam neer, (verootmoediging en aanbidding van die Verlosser vanuit die hoogste hemele) elkeen met siters (erkenning van die Verlosser se Goddelike Menswese vanuit Geestelike Waarhede) en goue skale vol reukwerk, (en erkenning van die Verlosser se Goddelike Menswese vanuit geestelike Goedheid) wat die gebede van die heiliges is. (In denke van geloof vanuit liefde wat van naaste liefde is vanuit geestelike goedhede en waarhede met hulle wat die Verlosser aanbid) Open. 5:9 Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: (die erkenning en verheerliking van die Verlosser, dat Hy alleen die Regter, Verlosser, en Redder is, dus die God van hemel en aarde) is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, (Wie Krag het en die toestande van die lewe ken van almal in die hemele en op die aardes, en elkeen daarvolgens te oordeel) want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop (bevryding van hel en redding deur vereniging met Hom) uit elke stam en taal en volk en nasie (hulle in die kerk of in enige geloof, wat in Waarhede van leerstellings is, en in goedhede van lewe word deur die Verlosser bevry) Open. 5:10 en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, (omdat hulle in Wysheid is vanuit Goddelike Waarhede en in liefde vanuit Goddelike Goedheid vanuit die Verlosser) en ons sal as konings op die aarde heers. (en sal in Sy Koninkryk wees, Hy in hulle, en hulle in Hom) Open. 5:11 Toe sien ek, en ek hoor ‘n stem van baie engele rondom die troon en van die lewende wesens en die ouderlinge en hulle getal was tien duisende van tien duisende en duisende van duisende; (erkenning en verheerliking van die Verlosser deur die engele van die laagste hemele) Open. 5:12 en met ‘n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof. (erkenning vanuit die hart, dat aan die Verlosser en aan Sy Goddelike Menswese is Almag Alwetendheid, Goddelike Goedheid, en Goddelike Waarheid gegee) Open. 5:13 En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: (erkenning en verheerliking van die Verlosser deur die engele van die laagste hemele) Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! (dat in die Verlosser vanaf ewigheid, en vandaar in Sy Goddelike Menswese, die alles is van hemel en die kerk, Goddelike Goedheid, Goddelike Waarheid, en Goddelike Krag, en in hulle vanuit Hom) Open. 5:14 En die vier lewende wesens het gesê: Amen (Goddelike bevestiging vanuit die Woord)! En die vier en twintig ouderlinge het neergeval en Hom aanbid wat lewe tot in alle ewigheid. (verootmoediging voor die Verlosser, en vanuit verootmoediging aanbidding van Hom deur almal in die hemele, “Van Wie” en in Wie ewige lewe is)

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205