DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Hoofstuk 12 Die inhoud Hier word die Nuwe Kerk en die leerstellings daarvan behandel Deur die “vrou” word bedoel die Nuwe Kerk Deur die “kind” wat sy voortbring die leerstellings daarvan Diegene in die huidige kerk word ook behandel, wat vanuit leerstellings glo in `n drie eenheid van persone, (drie-enige-God) en die tweeledigheid van die persoon van die Verlosser, en net so in regverdiging deur geloof alleen. Deur diegene wat glo in regverdiging deur geloof alleen, word die “draak” bedoel. Dan word die vervolging van die Nuwe Kerk deur hierdie behandel, as gevolg van die leerstellings daarvan, en die beskerming daarvan deur die Verlosser, totdat dit vanaf min vermeerder tussen baie. Open. 12:1 En ‘n groot teken het in die hemel verskyn (openbaring vanaf die Verlosser aangaande Sy Nuwe Kerk in die hemele en op aarde, en aangaande die moeilike ontvangs en weerstand teen die leerstellings daarvan) ‘n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, (die Verlosser se Nuwe Kerk in die hemele, wat die Nuwe Hemel is, en die Verlosser se Nuwe Kerk wat op die punt staan om op die aarde te verskyn, wat die Nuwe Jerusalem is) en op haar hoof ‘n kroon van twaalf sterre; (Wysheid en intelligensie vanuit die kennis van Goddelike goedheid en Goddelike Waarheid vanuit die Woord) Open. 12:2 en sy was swanger en het uitgeroep in haar weë en barensnood. (die leerstellings van die Nuwe Kerk wat op die punt staan om voort te kom, en die moeilike ontvangs daarvan, as gevolg van die teenstand deur diegene wat bedoel word deur die “draak”) Open. 12:3 En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, (openbaring vanaf die Verlosser aangaande diegene wat teen die Nuwe Kerk en die leerstellings daarvan is) en daar was ‘n groot vuurrooi draak (diegene in die kerk van die hervormers wat God drie en die Verlosser twee maak en wat naaste liefde skei van geloof, en geloof redding maak, en nie terselfdertyd naaste liefde nie) met sewe koppe (kranksinnigheid vanuit die vervalste en ontheiligde Waarhede van die woord) en tien horings, (baie krag) en op sy koppe sewe krone; (al die Waarhede van die Woord vervals en ontheilig) Open. 12:4 en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. (deur vervalsings van die Waarhede van die Woord het hulle al die Geestelike Kennis van Goedheid en Waarheid van die kerk vervreem en het deur aanwending in valsheid hulle heeltemal vernietig. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het. (dat hulle wat bedoel word deur die draak, sal streef om die leerstellings van die Nuwe Kerk dood te maak met die eerste verskyning daarvan). Open. 12:5 En sy het ‘n manlike kind gebaar, (die leerstellings van die Nuwe Kerk) wat al die nasies met ‘n yster septer sou regeer; (wat deur Waarhede van die letterlike betekenis van die Woord, en terselfdertyd, deur rasionele dinge vanuit natuurlike lig almal sal oortuig wat in dooie aanbidding vanuit geloof geskei van naaste liefde is, wat gewillig is om oortuig te word) en haar kind is weggeruk na God en sy troon. (beskerming van die leerstellings deur die Verlosser, en die beskerming daarvan deur die engele van die Hemel) Open. 12:6 En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is (die kerk eers tussen min), dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank. (die toestand van die kerk dan, dat intussen voorsiening gemaak word vir die groei daarvan tussen baie, totdat dit die volle groei daarvan bereik het) Open. 12:7 En daar het oorlog in die hemel gekom: Migael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; (die valsheid van die vorige kerk veg teen die Waarhede van die Nuwe Kerk) Open. 12:8 en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie. (dat hulle oortuig daarvan was dat hulle in valsheid en boosheid is, maar tog het hulle daarin gebly, en dat hulle daarom weggeskeur was van vereniging met die hemel en neergewerp was. Open. 12:9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, (hierdie wegdraai vanaf die Verlosser na hulself, en van die hemel na die wêreld, en vandaar tot in die booshede van hulle begeertes en in valshede) wat die hele wêreld verlei, (dat hulle al die dinge van die kerk verdraai) hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp, (tot in die wêreld van die geeste, wat tussen die hemel en die hel is, vanwaar daar onmiddellike verbinding met mense op aarde is) Open. 12:10 Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; (die vreugde van die engele van die hemel, omdat die Verlosser nou alleen heers in die hemel en in die kerk, en dat hulle gered word wat in Hom glo) want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. (dat hulle wat die leerstellings van die Nuwe Kerk teenstaan deur die laaste oordeel verwyder is ) Open. 12:11 En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, (oorwinning deur die Goddelike Waarheid van die Woord, en deur die erkenning van die Verlosser (en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie, (wat hulself nie meer liefgehad het as die Verlosser nie). Open. 12:12 Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; (`n toestand van die hemel, dat hulle in die Verlosser is, en die Verlosser in hulle) weë die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, (weeklaag oor diegene in die kerk wat in die valsheid van geloof, en vandaar in boosheid van die lewe is, omdat hulle in verbinding met die draak is) omdat hy weet dat hy min tyd het, (omdat hy weet dat die Nuwe Hemel gevorm word, en dus dat daar op die punt staan om `n Nuwe Kerk op aarde te wees en dan sal Hy en sy soort neergewerp word in die hel). Open. 12:13 En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het; (dat die volgelinge van die draak in die wêreld van die geeste, onmiddellik, voordat hulle onderdruk word, begin het om die Nuwe Kerk te teister as gevolg van die leerstellings daarvan). Open. 12:14 maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, (die Goddelike omsigtigheid oor die kerk, en beskerming daarvan, terwyl hulle nog beperk en min is) sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang onderhou word, ‘n tyd en tye en ‘n halwe tyd. (dat omrede van die sluheid van verleiers, voorsiening met omsigtigheid gemaak is, dat die getalle daarvan mag groei, totdat die groei daarvan volledig is) Open. 12:15 En die slang het uit sy bek water soos ‘n rivier agter die vrou aan uitgegooi, om haar te laat wegvoer deur die rivier, (redenerings en argumente vanuit valsheid in oorvloed om die nuwe kerk te vernietig). Open. 12:16 En die aarde het die vrou te hulp gekom, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk, wat die draak uit sy bek uitgegooi het, (dat daardie argumente en redenerings in al hul oorvloed tot niks kom voor die Geestelike Waarhede wat rasioneel verstaan word, wat die Michaels waaruit die Nuwe Kerk bestaan, na vore bring). Open. 12:17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou, (haat ontvlam in diegene wat hulself wys dink vanuit hulle bevestigings van die mistieke vereniging van die Goddelike en die Menswese van die Verlosser, en regverdiging deur geloof alleen, teen diegene wat erken dat die Verlosser alleen God van hemel en aarde is, en dat die Tien Gebooie die Wet van die lewe is, en dat hulle aanvalle op nuwelinge is met die doel om hulle te verlei) 0pen.12;18 en ek het op die sand van die see gestaan, (sy toestand nou geestelik-natuurlik, `n teken is van die waarheid en is dan getuienis wanneer daar ook gespreek word van die kwaliteit van die toestand of ding dan is dit openbaring. Om in pyn voort te bring is die moeilike ontvangs van leerstellings van geloof. Vervolging van die vrou as nuwe kerk en die teenstand daarteen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205