DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE SOUTVERBOND VAN NUMERI 18 7 Saam met die vredesverbond kry ons nog `n ewige verbond wat met die Levitiese priesters aangegaan is, naamlik die soutverbond. Ons lees die eerste keer in die Skrif hiervan in Numeri 18:1, 19 en 20 en Levitikus 2:13. 1 EN JaHWeH het vir Aäron gesê: Jy en jou seuns en die huis van jou vader saam met jou moet die skuld met betrekking tot die Apartheids-plek dra; en jy en jou seuns saam met jou moet die skuld met betrekking tot julle priesteramp dra. 19 Al die skenkings van die Aparthede wat die kinders van JisraEl aan JaHWeH afgee, gee Ek aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as ’n ewige Insetting. Dit is ’n ewige Soutverbond voor die Aangesig van JaHWeH, vir jou en jou saad saam met jou. [MattithJaHûW 5:13; 2 Kronieke 13:5; Markus 9:50] 20 Ook het JaHWeH vir Aäron gesê: Jy sal in hulle Aarde nie erwe nie, en jy sal geen deel onder hulle hê nie. Ek is jou deel en jou Erfenis onder die kinders van JisraEl. Levitikus 2:13 En jy moet al jou aanbiedings en spysbydrae met sout berei, en jy mag die sout van die Verbond van jou Elohey by jou spysbydrae en aanbiedings nie laat ontbreek nie; by almal moet jy jou sout naderbring. [MattithJaHûW 5:13] Omdat die Levitiese orde `n skadu van die toekomstige Melgisédek-orde was wat sou kom, kan ons hieruit aflei dat hierdie verbond se inhoud ook betrekking sal hê op die Melgisédek-orde. Hier staan die Levi priesters in vir die skuld en ongeregtighede van die volk. Hulle moes sekere slag- en bloedsprinkel gebruike waargeneem het. Alles wat met bloed en offers te doen het in die Levitiese orde, was `n heenwysing na die bloed van ons Messias wat gestort sou word. Hoekom moes Sy bloed gestort word en waarom moes sy vlees so ontsettend ly (geslag word)? Omdat ons mense se siele onrein geword het deur die sonde, en deur Sy bloed kon dit weer gereinig word. Ook sien ons dat hulle erfdeel JaHWeH Self is. In ons bedeling vandag beteken dit dat die vleesgeworde Vader, JaHWèshua, nou ons erfdeel is, of anders gestel, Hy is die hoof van die nuwe Melgisédek-orde en ons kan priesters en konings word saam met en in Hom. Dit is ons erfdeel eendag, indien ons Hom so sou liefhê. In 2Kronieke 13:5 koppel die Vader ook die koningskap aan die Soutverbond en word dit ewig aan Dawid en sy seuns gegee, alhoewel hulle uit die stam van Juda was, die stam waaruit die Messias gebore sou word. 5 Behoort julle nie te weet dat JaHWeH, die Elohey van JisraEl, die koningskap oor JisraEl aan Dawid vir ewig gegee het, aan hom en sy seuns as ’n Soutverbond nie? [Númeri 18:19; MattithJaHûW 5:13; Markus 9:50] So sou die soutverbond dus die ewige Priesterskap en die ewige Koningskap verenig in ons Meester JaHWèshua. In die nuwe Testament lees ons die volgende oor die soutverbond. Matthéüs 5:13 JULLE is die sout van die Aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal sy gesout word? Sy deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie. [Levítikus 2:11-13; Númeri 18:19; 2 Konings 2:20; 2 Kronieke 13:5; Markus 9:50] Markus 9:49 Want elkeen sal met Vuur gesout word en elke Slagdier sal met sout gesout word. 50 Die sout is goed, maar as die sout souteloos word, waarmee sal julle Hom smaaklik maak? Julle moet sout in julle hê en Vrede hou met mekaar. [Númeri 18:19; 25:12; 2 Kronieke 13:5] Tydens die bergpredikasie kom JaHWèshua en Hy gee al die vereistes wat nodig is om `n priester in Sy Melgisédekorde te wees, naamlik, armes (bedelaars) in die gees, treurend, sagmoedigheid, honger en dors na geregtigheid, barmhartigheid, suiwer van hart, vredemakers, vervolging en belediging (Matthéüs 5:1-12). As elkeen van ons al hierdie eienskappe in homself kan hê, word ons eers geskik om die titel, “Julle is die sout van die Aarde” te kry. Dis nie vir enigiemand anders nie, NET vir hulle wat so is. In Markus 9:49-50 sê Hy dat ons met Vuur gesout sal word, waar die Vuur die Gees van Liefde is wat oor ons sal kom en dat die Slagdier (JaHWèshua Self) met sout gesout sal word. Om die evangelie, naamlik die vlees van JaHWèshua te eet, moet dit gesout word. Sout het twee eienskappe, dit maak smaaklik en dit preserveer. Dit is ons grootste doel op aarde, naamlik om die evangelie, die vlees van JaHWèshua, te verkondig in sy oorspronklikste suiwer vorm, maar ons moet die smaaklik aanbied vir ons medemens. Ook moet ons die Vrede met mekaar hou (die Vredeverbond van Apartheid), met sout in onsself, wat beteken dat ons die naasteliefde moet beoefen, met die Vuur van die liefde (die sout) brandend in onsself. Die skuld wat die Levitiese priesters sou dra met betrekking tot die Apartgestelde gawes dui op die Melgisédek-orde wat sal instaan om die valsgeworde evangelie deur vertalers en verdraaiers, te kom regstel aan die einde van die tyd, net soos wat die eerste apostels die Nuwe Evangelie moes uitdra by die aanvang van hierdie nuwe Melgisédek tydperk.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205