|
DIE MELGISEDEK ORDE VERSKEIE SKRYWERS
Hoofstuk 20
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35. |
|
|
GESKIEDKUNDIGE OORSIG 18 Hierdie beknopte geskiedkundige oorsig oor
die Dogter van Sion het noodsaaklik geword,
aangesien daar heelwat belangrike gebeurtenisse
gedurende die afgelope 15 jaar plaasgevind het,
wat die toekomstige lotgevalle van die Boerevolk sal
bepaal. Hierdie verhaal word nie geboekstaaf om enige
mense wat betrokke was, te verheerlik nie, maar alle eer
kom alleenlik Hom toe, ons dierbare Abba Vader, wat ons
kom verlos het aan die vloekhout by Golgota, wat ons volk
kom plant het in die woeste wildernis, hier aan die Suidpunt
van Afrika, wat ons gelei het en aan ons die oorwinning by
Bloedrivier verseker het, waar ons as volk geformeer was,
met die fondament van die geloof in Hom, bevestig in `n
nuwe Gelofte op 16 Desember 1838, waar ons as
nuutgeworde Boerevolk, beloof het om vir Hom `n huis te
stig, `n geestelike huis, naamlik `n volk wat Hom sou dien
en liefhê binne Sy neergelegde ordes.
Nooit was die bedoeling van die 1838 Gelofte te Bloedrivier
dat daar `n ander tempel as die tempel in die harte van die
nuwe Boerevolk gebou sou word nie. Nooit was `n kerkgebou
of `n monument die bedoeling van die Gelofte nie.
God woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie,
maar woon in die harte van Sy Volk. Nooit was die
bedoeling dat die volk slegs een dag as amptelike Sabbat
sou wy op 16 Desember en daarna vir 364 dae van die jaar,
sou voortgaan met hul heidense lewenswandel nie. Die 16
Desember Sabbat was `n herinnering aan hierdie grootse
oorwinning oor die magte van die duisternis, maar die
inhoud van hierdie Sabbat se Gelofte moes vir 365,25 dae
van die jaar deur die volk onderhou word, naamlik om
gedurig besig te wees met die bou van die geestelike huis
in die harte van die volk. Elke daad wat ons as volk sou
aanpak, moes getoets geword het aan die wil van ons Abba
Vader, anders was ons ongehoorsaam aan hierdie wonderlike
volksgelofte.
Helaas het hierdie Boerevolk so ver weggedwaal van die
inhoud van hierdie 1838 Gelofte, dat hulle in 1994 skandelik
oorhandig was aan een van die mees veragtelikste volke op
aarde. Hierdie volk, wat nie eers `n beskaafde kultuur het
nie, wie se gemiddelde intellek grens aan die van imbesiele,
het die mag bekom oor God se uitverkore volk, die volk
deur Hom aan die Suidpunt van Afrika geplaas, om Sy lig in
Afrika te wees. Hierdie volk het homself nou onder die totale
gekombineerde magte van die duisternis bevind.
|
|
|
|
|