DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

WAAR LEES ONS VAN DIE MELGISÉDEKORDE IN DIE SKRIFTE? 2 In Genésis 14 vind ons die eerste verwysing na hierdie Melgisédek. Die gedeelte lees as volg: 17 Ná sy terugkoms van die oorwinning op Kedor-Laómer en die konings wat saam met hom was, het die koning van Sodom uitgetrek hom tegemoet na die laagte Sawe, dit is die Koningslaagte. 18 En Melgisédek, die Koning van Salem, wat ’’n priester van die Hoogste El was, het Brood en Wyn gebring [Boekrol van die Opregte 23:35] 19 en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur die Hoogste El die Skepper van Hemele en Aarde. 20 En geseënd is die Hoogste El, wat u vyande in u hand gegee het, toe gee hy Hom die tiende van alles.Ons sien dat Abraham, na sy oorwinning oor die koning van Sodom, na hierdie Koning van Salem gegaan het, met Hom gepraat het, en saam met Hom brood en wyn genuttig het. Daarna is Abraham geseën, waarna hy `n tiende van alles aan hierdie Megisédek koning gegee het. Hier moet ons nou na `n paar Hebreeuse betekenisse kyk, want dit sal meer lig werp op die onderwerp. Melgisédek bestaan uit twee frases, naamlik “Melek” wat koning beteken en “tsedek” wat Geregtigheid beteken. Salem, die plek waar hierdie Melgisédek gewoon het, beteken vrede. Ook sê die Skrif dat Hy `n priester was. Ons het dus die volgende. Hierdie Melgisédek was dus `’n Priester-Koning van die Allerhoogste (Hoogste El), Koning van Geregtigheid en Vrede. Hy was dus op Sy minste `n goddelike wese en dus sou die wyn en brood ook heengewys het op die toekomstige Ware Brood en Wyn, JaHWèshua Messias, wat vir ons sou kom sterf. Daar kan dus afgelei word dat hierdie ete tussen Abraham en Melgisédek `n voorloper van die Pasga was wat ons Meester, JaHshua, duisende jare later sou kom instel, waarop die Brood na Sy liggaam verwys en die wyn na Sy bloed wat vir ons gestort sou word. Ons lees meer hieroor in die Boek Hebreërs. Hebreërs6:19 en Ons het Hom as ’n Anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel 20 waar JaHWèshua as voorloper vir Ons ingegaan het, Hy wat volgens die Orde van Melgisédek ’’n Hoëpriester geword het vir ewig. [Psalm 110:4] Hebreërs7:1 WANT hierdie Melgisédek was koning van Salem, priester van die Hoogste El, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het; [Génesis 14:18] 2 aan wie Abraham ook ’n tiende deel van alles gegee het - hy was in die eerste plek, volgens uitleg, Koning van Geregtigheid en dan ook Koning van Salem, dit is Koning van Vrede; [Openbaring van Henog 23:37] 3 sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewens-einde, maar gelykgestel aan die Seun van die Elohim, bly Hy Priester altyddeur. 4 Let nou op hoe groot hierdie Man was, aan wie selfs Abraham, die aartsvader, ’n tiende van die [sy] beste [goed] gegee het. Hier lees ons dus dat hierdie persoon Melgisédek gelykgestel was aan ons Verlosser, JaHWèshua. Hoe is dit dan moontlik, want ons Meester was maar slegs 33 jaar oud toe hierdie dinge met Hom gebeur het? Ook word Sy ewige priesterskap hier bevestig. Was JaHwèshua dan nog altyd `n priester gewees, voordat Hy gebore was uit Miriam?

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205