|
DIE MELGISEDEK ORDE VERSKEIE SKRYWERS
Hoofstuk 27
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35. |
|
|
2004, - DIE SIONSHUIS BEWEEG IN `N
VOLGENDE FASE IN
Die tyd voor die fees was weer gekenmerk deur uitsprake
vol bravade van Genl Opperman, dat die Dogter van Sion
nog steeds onwelkom was op Bloedrivier en dat ons
summier gearresteer sou word, sou ons dit waag om ons
gelofte op die terrein te betaal. Ons het toe ons Geloftefees
ter plaatse gehou, met `n heerlike braai daarna onder die
reeds genoemde eikeboom. Onwetend aan ons, word `n
vrou, Susan Oosthuizen, hier onder hierdie boom, waar nou
al twee klipstapels as getuienisse gelê het, opdrag gegee
om `n blaar van hierdie spesifieke boom te pluk en dit in
haar Boek van Herinnering te plaas. Sy doen toe so en
vergeet toe daarvan vir een volle jaar.
Hierdie daaropvolgende jaar was gekenmerk deur die
vertaling van ander Duitse profete se boeke, onder andere
Bertha Dudde, Mayenhofer en Engels se boeke. Die Dogter
van Sion het gefloreer op die nuwe eerstelingsbrode en die
vars wyn. Daar het `n merkbare vordering en groei begin
plaasvind in die mense wat nie van die Dogter van Sion
weggegaan het nie. Elkeen wat ernstig na ons Verlosser
gesoek het, se geestelike lewe het verinnig. Ongelukkig het
talle mense, na die Linda Newkirk debakel, alles voor my
deur gegooi, en die pad gevat. Ook het hulle die Brood van
die Lewe, naamlik die woord van ons Verlosser aan Jakob
Lorber ook verwerp en teruggeval na die Bybel. Sommige
het darem nog hul Boek van Herinnering behou.
Dogter van Sion het nog steeds voortgegaan met die
daaglikse offer van skriflesing, sang en gebed, soos belowe
aan ons Vader op die Bloedrivier-terrein in 2001. Verder het
ons werklik begin om die koninkryk met geweld na ons toe
te trek en aktief begin om huisies te bou op die plaas en
blanke boemelaars, alkoholiste, dwelmslawe en werkloses
te huisves. Daar is begin om hulle te probeer verlos deur
ernstig te bid en te pleit vir verlossing. Ook is sopkombuise
in Pretoria begin en ondersteun. Hierdie jaar het blitsvinnig
omgegaan en gou was ons weer aan die vooraand van die
Geloftefees van 2005.
Hier moet gemeld word dat die Dogter van Sion elke
Geloftefees vanaf 1998 as volg gehou het:
7 Dae voor die tyd is die Gelofte vir 7 opeenvolgende dae
gelees met die finale lees op 16 Desember. Daarom, toe
ons in 2004 die Gelofte op 16 Desember gelees het, was dit
die 49ste keer wat dit gelees was. Beide Geloftes is gelees
en bevestig, naamlik die 1838 Gelofte, sowel as die Dogter
van Sion Gelofte. Omdat 49 `n 7x7 is of `n sewe keer
gelofte, sewe maal herbevestig, was dit logies dat ons
onderneming ten opsigte van die huis te Bloedrivier een of
ander voltooiingstadium moes bereik. U moet herinner word
dat die Hebreeuse woord vir sewe is "Shaba” wat beteken
“om iets met `n onverbreekbare eed te bevestig”. As iets
dus gesewe word, word iets dus “geshaba” en as iets genege-
en-veertig word, is dit sewe maal “geshaba”.
Onwetend vir ons, was die eikeblaar wat Susan gepluk het,
die Hemelse Vader se teken dat Hy hierdie Gelofteaanbieding
aanvaar het. Ons was egter salig onbewus
daarvan, want Susan Oosthuizen was nooit betrokke met
die Dogter van Sion se vorige aanbiedings te Bloedrivier
nie. Ons liewe Vader het dit juis so gewil, dat daar nie later
gesê kon word dat die Dogter van Sion die hele ding so
bewimpel het nie.
|
|
|
|
|