DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE LAASTE BELOFTES VOOR DIE WEDERKOMS MOET IN VERVULLING GAAN 19 Voort nou met ons Melgisédek-orde ondersoek. Vir elkeen wat nog in sy of haar blindheid nie weet wat hulle te doen staan in die donker toekoms van ons volk nie, hou op om u te bekommer, begin te juig en te jubel, want u is Sion, die gekose een, en daar is verlossing belowe, beskerming in die verwoestingstye wat voorhande is. Weet dat dit donker tye is wat wag op elkeen, daar is ongelooflike natuurfratse, pessiektes, Uhuru-nag, atoomoorlog, kernafval vanuit die lugruim en `n verskriklike Antichris-heerskappy wat voorlê. Maar u sal beskerming geniet, maar SLEGS deur die inhoud van hierdie EEN VERBOND, want daar is maar Een Sionskind en nie meer nie. Dit sê nie ek nie, maar ons Hemelse Vader sê dit vir ons in Openbaring 120 aan Judith de Beer, gegee op 20 September 2007. Wee die valse vrug Salig is die eerlike onvrugbares wat hulself besig hou met goeie werke wat gebore is uit waarheid en gees. Dit is beter om kinderloos deur die lewe te gaan, as om `n giftige vrug, as gevaar vir ander se lewe te baar. In wellus wil die leuen vir haarself `n kind verwek en in die wieg van die waarheidskind, wil sy haar telg neerlê. As `n enkel suiwer vrug, is klaar My Sionskind gebaar en wee die valse saad, wat in sy plek wil staan en Natan sal Ek stuur om die gruwel oop te vlek en in die valse moederskoot sal die onsuiwer fetus sterf. Die waarheid sal die leuen ontbloot, wee daarom die valse skoot. Die Joël 2 beloftes vir die eindtyd Ons lewe tans in die tydperk van Joël 2:23-32 en hierdie beloftes moet sigbaar waar word in ons, Sion in Suid-Afrika, se midde. As hierdie beloftes waar word, kan elkeen mos nou verseker weet dat dit die plek sal wees wat ons Vader uitgekies het om in te woon. 23 En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in JaHWeH julle Elohey, want Hy gee julle die Leraar tot Geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die Leraar en die laat reëns, soos voorheen. [Maleági 3:1] Hierdie leraar is die Gees van Waarheid wat sal manifesteer in die twee getuies, naamlik die twee olyfbome en die twee gemeentes van Openbaring 11 en Sagaria 4. 24 Dan sal die dorsvloere vol koring wees en die parskuipe van vars wyn en olie oorloop. Hierdie is vars nuwe openbarings wat gegee sal word, produkte van die laat reën en die Leraar. 25 En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die jong sprinkaan, die kommandowurm en die sprinkaan verslind het - My groot Leërmag wat Ek teen julle gestuur het. [Boekrol van die Opregte 80:33; JôWEl 1:4] Hierdie tydperk verwys na die tydperk (nou 13 jaar) wat die swart kommunistiese regering die Boervolk vertrap en alles kaalgevreet het. 26 Dan sal julle oorvloedig eet en versadig wees en die Naam van JaHWeH julle Elohey prys wat wonderbaar met julle gehandel het, en My volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie. 27 En julle sal weet dat Ek in die midde van JisraEl is, Ek - JaHWeH julle Elohey, en niemand anders nie; en My volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie. JaHWèshua sal Homself aan hierdie groep vertoon, eers in verhulde vorm, in `n wolk, daarna openlik. 28 En daarna sal Ek My Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle oues drome droom, julle jongelinge visioene sien. [JeségiEl 13:11-13; MattithJaHûW 16:3] 29 En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae My Gees uitgiet. [JeségiEl 24:27] Dit sal dus die teken wees, naamlik talle profesieë deur ons seuns en dogters, drome deur oues en visioene deur jongelinge. Indien u dus ernstig op soek is na hierdie groep, sal dit `n baie groot leidraad wees. Verseker gaan Lucifer ook `n valse aanslag loods en elkeen sal binne-in sy eie hart moet ingaan en versekering kry dat hyself by die regte groep is. Ook alle voorafgaande eienskappe van die Melgisédek-orde moet ook teenwoordig wees in so `n groep. 30 En Ek sal wondertekens gee aan die Hemele en op die Aarde: bloed en vuur en pilare van rook. 31 Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van JaHWeH kom. Weereens `n bevestiging dat hierdie dinge sal plaasvind tydens of net voor groot katastrofiese natuurgebeure wat wêreldwyd sal plaasvind. 32 En elkeen wat die Naam van JaHWeH aanroep, sal gered word; want op die Berg van Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos JaHWeH gesê het, en onder die oorblyfsel van die wat JaHWeH sal roep. Elke Israeliet wat JaHWeH se Naam aanroep sal op die Berg Sion, by die wedergebore Melgisédek-orde en by die Nuwe Leer (Jerusalem) ontkoming ontvang van die bose Antichris heerskappy wat aan die eindtyd opgerig gaan word. Die trek uit Egipte Nou vir die belangrike vraag. Waar gaan hierdie berg aan die eindtyd wees? Ons weet dat die berg geestelik verwys na die hoogste geestelike vlak wat ons as mense in die vlees kan bereik, naamlik die volkome wedergeboorte van die gees, terwyl ons nog in die vlees is. Maar dit is ook logies om af te lei dat die vrou/volk in die wildernis sal wees, ten tye van die verdrukkingstydperk op aarde. Die afleiding kan gemaak word dat dit op `n spesifieke plek sal wees. Vir leidrade sal ons dus na die groot trek uit Egipteland moet gaan kyk, waar die volk ook in drie fases moes trek tot in Kanaän. Interessant stel die tabernakel se konstruksie ook hierdie drieledige trek voor. Eerstens stel die voorportaal die Egipte slawerny, die vleeslikheid voor, beskryf deur die vleispotte van Egipte, waarheen almal altyd na terugverlang. Daarna gaan hulle deur die Rooi see (wedergeboorte van die siel) voorgestel deur die waskom as doop van gehoorsaamheid vir diegene wat die eerste Pasga korrek gevier het. Nou is hulle in die woestyn/wildernis, voorgestel deur die Heilige Vertrek in die tabernakel, waar hulle siele gesuiwer word deur die onderhouding van die wet en die eet van die hemelse manna. Daarna gaan hulle deur die besnydenis, dan deur die Jordaan (wedergeboorte van die gees), wat die tweede voorhangsel voorstel. Nou kom hulle in Kanaän aan, voorgestel deur die Allerheiligste Vertrek, wat die volkome eenwording met Vader aandui, waar hulle sou vertoef en binne die orde van Vader sou leef. Helaas het dit nie toe so plaasgevind nie, maar ons wat vandag in die Melgisédek-orde kan ingaan, weet dat dit hierdie keer werklik so sal plaasvind. Satan gaan nie weer slaag nie, want ons Melgisédek Priester, JaHWèshua, het hom oorwin op die vloekhout. Die geestelike trek uit die vlees Hierdie trek is ons laaste trek hier aan die eindtyd. Dit is `n geestelike trek uit ons vleeslike toestand waarin ons was voordat ons bekeer is. Elke persoon trek ook op sy tyd en so is ons `n hele volk Sion, waar die meeste in Egipte/vlees is, sommige al in die woestyn, besig met suiwering en hier en daar is een wat al deur die Jordaan (geestelike doop) is en wat in Kanaän aangekom het. Hierdie toestand word beskryf in Openbaring 12, waar die vrou (gesuiwerde Sion) na die wildernis vlug, saam met diegene wat al geboorte gegee het, in haar midde. Hulle is diegene wat reeds die volkome wedergeboorte gesmaak het (in Kanaän). Hier is beide groepe saam. Tans is ons nog almal fisies in Egipte, alhoewel die geestelike toestande verskillend is. Tussen Egipte en die wildernis/woestyn, net voor die Rooi See, is daar wel `n baken wat vir ons dalk lig op die onderwerp kan gee. Die volk het by Migdol laer opgeslaan, voordat hulle die Rooi See (eintlik Rietsee) bereik het. Dit is ook hier waar die bonatuurlike goddelike beskerming, in die vorm van die opening van die Rooi See, plaasgevind het. Sien Exodus 14:2-4: 2 Sê aan die kinders van JisraEl dat hulle moet omdraai en laer opslaan voor die aangesig van Pi-Hágirot, tussen Migdol (beteken “TORING” in Hebreeus) en die see. Reg teenoor Baäl-Sefon moet julle laer opslaan by die see. 3 Dan sal Farao van die kinders van JisraEl sê: Hulle is verdwaal in die Aarde, die wildernis het hulle ingesluit. 4 En Ek sal Farao se hart verhard, dat hy hulle agtervolg; en Ek wil My aan Farao en sy hele leërmag gewigtig maak, en die Egiptenaars sal weet dat Ek JaHWeH is. En hulle het so gedoen. Hierdie plek, Migdol, wat toring beteken hou die sleutel van ons hedendaagse trek uit Egipte, waar `n konfrontasie met die Draak-groep (Farao en sy leër) sal plaasvind. Eerstens moet Migdol in jou eie hart gevind word. Die volgende gedeelte in 2 Samuel 22: 47-51 gee ons meer lig op hierdie toring/ Migdol in ons harte. Migdol word egter algemeen aanvaar as “skaapstoring” en nie net “toring” nie. 47 JaHWeH leef! En geloofd sy my Rots, en laat verhoog wees die Elohey wat die Rots is van my Lossing! 48 Die El wat my die wraak gee en volke onder my neerwerp; 49 en wat my uitlei onder my vyande uit; ja, U verhef my bo my teëstanders, U bevry my van die man van geweld. 50 Daarom wil ek U loof, o JaHWeH, onder die nasies, en tot eer van U Naam wil ek musiek maak; 51 Hy is die Toring (Migdol in Hebreeus) wat die Verlossing van Sy koning groot maak en wat Medelye het met Sy gesalfde, aan Dawid en aan sy saad tot in ewigheid. Hier beskryf Samuel dat JaHWeH leef, verwysend na ons Verlosser, JaHWèshua, wat ons sal uitlei onder ons vyande uit. Hy noem Hom die Toring/Migdol en dat Hy medelye het met Sy gesalfde, Dawid en sy saad, wat in die eindtyd die Melgisédek-orde sal wees. (Verwys na vorige gedeelte in hierdie boek oor die Soutverbond met Dawid en sy saad.) dus `n bewys dat die eintlike, die Ware Migdol, ons Verlosser, JaHWèshua is, Verlosser van die skape, oftewel toring van die skape – die Skaapstoring. Daar is egter nog `n toring in die Nuwe Testament, wie se handelinge baie belangrik is in ons studie van Migdol, en dit is die vrou wat deur ons Meester van sewe duiwels verlos is, genaamd Maria Magdalena, ook genoem Mirjam die Migdalieth in die Boek van Herinnering, waar laasgenoemde haar eintlike naam in Hebreeus is. Sy was ook die vrou wat by ons Meester se graf gewaak het en Hom eerste gesien/herken het. Haar naam beteken ook Migdol/toring. Hierdie vrou se verhaal, waar sy verlos word van haar besetenheid (haar geestelike uittog uit Egipte) word wel in Lukas 7 en 8 beskryf, maar is ietwat verwarrend. Die werklike verhaal, soos vertel deur JaHWèshua Self, vind ons in Die Groot Johannes Evangelie – Boek 6: Dit is belangrik om te sien hoedat hierdie vrou, as die “klein skaapstoring/Migdol” deur die “Groot Skaapstoring/Migdol” genees word van haar sondige toestand, voorgestel as die trek uit die vleeslike Egipte na die geestelike toe. In die gees vind hierdie genesing dus ook plaas by die geestelike Migdol/skaapstoring, net voor die Rooi See kruising, wat die skeiding tussen siel en vlees voorstel. Die genesing van die besete jong vrou Maria Magdalena Hoofstuk 185 Maar kort daarna, ongeveer na `n kwartier, kry die gids (Maria/Migdol) van die Romeine, wat andersins as publieke vrou met ontugtige manne verkeer, vanweë teveel van die genoemde wyn geweldige krampe, en sy jammer en vertrek haar gesig terwyl haar ledemate en spiere vreeslik vol krampe word. Hierdie stel die sondige toestand van Sion voor, voorgestel deur Maria Magdalena/Migdol, waar ons volk in allerlei vleeslike en geestelike hoerery vasgevang sit. Die Romeine stel ook die Roomse godsdiens voor waarin Maria Migdol vasgevang sit. [2] Die Romeine was daardeur hewig ontsteld, omdat hulle so `n verskynsel as `n buitengewone slegte Malum Omen* beskou het. Hulle sê: 'Wee ons, die gode het baie kwaadgeword vir ons, omdat ons `n vreemde God gaan opsoek het! Wat doen ons nou?' *(slegte voorteken) [3] Lasarus sê: ‘Bly gewoon rustig! Want ek ken hierdie persoon al geruime tyd; sy het al `n aantal jare las van hierdie siekte, en sy het dit al meermale gehad, veral as sy ietwat te veel wyn gedrink het. Ons Judeërs noem dit besetenheid deur één of dikwels ook meer bose geeste. In vroeër tye, toe daar nog baie vroom mense onder die Judeërs te vinde was, kon sulke bose geeste deur die gebed van `n vroom mens verjaag word; maar in hierdie tyd bestaan dit nouliks meer. Natuurlik sou ons besondere Man dit wel oombliklik kon doen, as Hy dit wou hê! [4] Kyk, dit is die oorsaak van die verskynsel en verder heeltemal niks nie! Hoe kan julle gode vir julle kwaadword, terwyl hulle tog nêrens anders kan bestaan as in die fantasie van mense wat van `n ware God niks weet nie, omdat hulle nog nooit iets oor Hom gehoor het nie? Waarom nie? Dit lê in die ewige groot wysheidsplan ingesluit van Hom wat die mense geskape het.' [5] Dit stel die Romeine gerus, en hulle kom toe weer na die gids kyk, wat haar in `n ellendige toestand bevind, en ietwat medelye vir haar voel. [6] Die vernaamste Romein kom na ons tafel toe, waar ons baie rustig sit, soek juis vir My uit en sê: 'Beste vriend, is daar dan glad niemand onder u wat die ongelukkige meisie bietjie kan help nie? U sit egter so ongeïnteresseerd daar, terwyl hierdie arme vrou met die dood veg! Ek sou haar beslis graag gehelp het as ek `n middel teen die kwaal sou ken; maar dit is by ons Romeine nog baie sleg gestel met die genees van die spesiale soort kwale.' [7] Ek sê: 'U het uself tot My gewend, sonder om te weet wie Ek is; maar u halwe vertroue dat daar aan ons tafel iemand is wat die besetene sou kon help, het u na My toe gebring. En Ek sê u dat u gees u al die regte Man aangewys het, wat haar ook sal help tot haar liggaamlike welsyn en tot welsyn van haar siel. Let dan goed op met watter middele Ek hierdie jong vrou vir altyd sal help!' [8] Toe staan Ek van My stoel af op, gaan na die heeltemal verstyfde jong vrou wat op die grond lê, strek My hande oor haar uit en bedreig die sewe bose geeste in haar. Hierdie sewe bose geeste stel die absolute teendeel van die sewe ware geeste van ons Vader voor, soos voorheen in hierdie boek vermeld, wat JaHWèshua uit Sion se harte sal uitdryf aan die eindtyd. Dit is die valse liefde, die wêreldse wysheid, die verkeerde orde, onwilligheid, gebrek aan erns, ongeduld, en onbarmhartigheid. [9] Maar die geeste skreeu hardop uit haar buik: 'O Jesus, Seun van Dawid, laat ons nog `n kort tydjie in dié huis van ons!' [10] Maar Ek dreig hulle nog `n keer, en hulle verlaat die jong vrou op dieselfde oomblik. [11] En die jong vrou staan op en was vrolik, fris en gesond asof sy nooit iets makeer het nie. Maar toe sy My langs haar sien en mense haar vertel dat Ek haar gehelp het, kyk sy My strak aan en sê: 'Ag, dit is tog die geweldige man vir wie my hart al sedert `n jaar gelede steeds vinniger klop! En juis Hy, wat ek oneindig liefgehad het en nog liefhet sedert ek Hom slegs eenmaal in die verbygaan gesien het, kom my nou te hulp! O vriend, U kon my maar eerder laat sterwe het in plaas daarvan dat ek U nou tot groot verdriet van my hart weer moet sien, sonder om ooit die hoop te hê om ook deur u bemin te word! Want U is `n suiwer mens en ek is `n verdorwe hoer!' [12] Daarop val sy aan My voete neer, omklem dit knielend en maak hulle nat met trane van liefde en berou. Toe die bose geeste uit is, toe herken Migdol dadelik haar Meester, en in nederige berou bedank sy Hom vir wat Hy gedoen het, naamlik om haar uit Egipte te verlos. [13] Toe kom `n paar leerlinge na vore, wil haar van My voete wegtrek, en sê vir haar dat so-iets hier nie van pas is nie. [14] Maar Ek sê vir die leerlinge: 'Wat gaan dit julle aan?! Is Ek dan nie Meester oor Myself en nou ook oor haar nie? As dit vir My teveel word, sal Ek wel vir haar sê wat gepas of nie gepas is nie! Ek sê vir julle: Hierdie jong vrou het baie gesondig, - maar sy hou ook meer van My as julle almal saam; daarom sal haar ook baie vergewe word. En verder sê Ek nog vir julle, dat orals waar My evangelie gepredik sal word, ook oor die voorval en hierdie jong vrou gepraat sal word.' [15] Toe trek die leerlinge hulle terug en sê niks meer nie. [16] Maar Ek sê daarop vir die jong vrou: 'Staan op, want jy is geholpe, en al jou sonde is jou vergewe! Maar gaan nou heen en sondig nie meer nie, sodat jy nie nog iets erger sal oorkom nie! Want as `n bose gees `n mens verlaat het, trek hy deur dorre streke en woestyne en soek na `n woning, en as hy niks vind nie, kom hy weer terug. Dan vind hy sy ou woning skoongevee en gereinig, sodat hy `n groot begeerte kry om weer daarin te trek. As hy egter sien dat hy te swak is, gaan haal hy sewe ander geeste, wat nog erger is as hy, en gesamentlik trek hulle dan met geweld in die gereinigde woning in, en hierdie tweede toestand van die mens is dan nog baie erger as die eerste. Let dus goed op dat dieselfde jou nie oorkom nie! Staan daarom op, gaan heen en sondig dus nie meer nie!' [17] Toe staan die jong vrou op en weet van louter liefde en dank vir My byna nie wat sy moes doen nie. Na `n oomblik vra sy My of sy tog hierdie nag nog hier in die herberg mag bly, omdat dit al laat in die nag geword het. [18] En Ek sê vir haar: 'Ek praat nie teen jou liggaam nie, maar teen jou siel en haar talle wêreldse begeertes; met jou liggaam kan jy gaan waar jy wil!' [19] Dit was voldoende vir die jong vrou en sy gaan weer aan tafel sit, - maar haar oë wend sy vir geen oomblik van My af nie. Hier sal nog vir ewig gepraat word oor hierdie vrou, Migdol/ Sion aan die eindtyd, wat verlos is van haar sonde in haar siel, deur die Groot Skaapstoring/Migdol. Let op hoe vergelyk die Meester haar verder as die een skaap wat verlore is. Hoofstuk 186 [8] Maar die Romein sê vir haar: 'Luister, liewe jong 181 vrou! Ons Romeine het `n ou spreekwoord wat lui: 'As die dokter daarby is, kan jy niks oorkom nie!' En hier het ons `n Opperdokter, en daarom kan jy ook ter ere van Hom wel `n beker leegdrink!' [9] Toe sê die jong vrou: 'As ek weet dat ek Hom eer kan bewys deur die wyn te drink, sal ek alle sakke in die hele Palestina wil leegdrink en dan vir Hom sterwe; maar ek weet, dat ek deur die drink van wyn Sy eer nie in die minste vergroot nie. Omdat Hy deur alle magte van die hemel en van die natuur van hierdie aarde ten hoogste geëer word, is naas die hoogste eer, my eer soveel as niks, en daarom drink ek nie nou die wyn so nie; maar ek drink die wyn uit liefde vir Hom en ook vir u, goeie manne uit Rome! En laat daarom hierdie beker vol wyn soveel beteken as: My hart is slegs vir Hom, en my agting vir u almal!' [10] Na hierdie goeie toespraak drink sy die beker leeg, staan van haar sitplek op, kom na My toe en sê: 'O groot Meester, laat `n onwaardige jong vrou die soom van U kleed aanraak en soen om haar hart daardeur ietwat te verlig!' [11] Daarna kniel sy neer, gryp die soom van My gewaad en soen dit talle kere, maak dit nat met haar trane en kon dit toe gladnie meer loslaat nie. [12] `n Paar leerlinge protesteer en sê: 'Maar Meester, jaag haar tog weg; sy maak U goeie klere vuil!' [13] Ek sê: 'Waaroor bekommerd julle julleself! As Ek dit goed vind, waarom vind julle dit dan nie goed nie?! Sy was `n sondares, is nou `n ware boetvaardige vrou en het My juis daarom liewer as baie regverdiges wat geen behoefte het om boete te doen nie. [14] Kyk, daar was eens `n mens wat honderd skape gehad het! En op `n keer verdwaal daar op die groot weiveld `n skaap in die bossies. Toe hy die aand sy skape tel, merk hy dat daar `n skaap makeer. Hy dink nie lank nie, laat die nege-en-negentig skape staan en gaan gou die verlore skaap soek. En toe hy dit na `n lang en inspannende gesoek gevind het, neem hy hom van blydskap op sy skouers en dra hom na die huis. Toe hy weer by die ander nege-en-negentig kom, verheug hy hom meer daaroor oor hom wat geseënd teruggevind is as oor die nege-en-negentig wat nooit soek was nie. [15] En kyk, so sal daar ook in die hemel meer vreugde wees oor één sondaar wat waaragtig boete doen, as oor nege-en-negentig regverdiges wat nooit boete hoef te gedoen het nie! Ook die volgende verhaal/gelykenis verwys na Maria Migdol/Sion wat in die toekoms by haar Meester se graf sal staan en huil omdat sy gedink het dat sy Hom verloor het, maar nadat sy haar lamp/liefde aangesteek het vir Hom, het Hy Homself EERSTE aan haar openbaar by die graf. [16] So was daar ook `n vrou wat van haar geld `n stuiwer verloor het. Sy het baie getreur oor die verlore stuiwer, het dadelik `n lamp aangesteek en hom gesoek totdat sy hom teruggevind het. Toe sy die stuiwer teruggevind het, nooi sy haar bure uit, en gee `n maaltyd om hulle ook in haar groot vreugde te laat deel. [17] Kyk, dit sal ook in die hemel gebeur wanneer `n sondaar hom deur ware boetdoening laat terugvind het! Want die engele van God sien altyd Sy aangesig, let goed op die doen en late van die mense en is uitermatig bly wanneer `n mens uit homself die sonde loslaat en hom in al sy doen en late na God rig. [18] En daarom verheug Ek Myself ook oor hierdie sondares wat haar nou vir altyd van haar sonde afgewend het; en sy is ook bly dat sy haar egte en ware heil gevind het. Laat sy daarom haar vreugde geniet!' Hierdie skaap wat verlore is, is Sion/Migdol wat deur ons Meester gesoek word, totdat hy haar vind en in die hemelse sfere sal daar groot blydskap wees wanneer hierdie skaap weer terug in die Vaderhuis is. Dit was ook hierdie verlore Migdol aan wie ons Meester Homself EERSTE vertoon het na Sy opstanding. Sy was egter nog onsuiwer – vertoef nog in die woestyn, besig met suiwering – maar belangrik is dat dit sy was wat by Sy graf gestaan en ween het oor die verlies van haar Losser, soos die weduwee wat haar geldstuk verloor het, `n lamp opgesteek het en dit gevind het. Die lamp was die liefde in haar hart vir ons Meester, wat die ENIGSTE waarborg is om Hom in jou hart te vind. Migdol/Skaapstoring uit Miga 4 Die volgende gedeelte in Miga 4 handel oor die Dogter van Sion wat as `n Skaapstoring beskryf word, waarheen die vroeë heerskappy , die Melgisédek-orde sal kom. Ons sal gedeeltes van Miga 4 behandel. 4 EN aan die einde van die dae sal die berg van die Huis van JaHWeH vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal na hom toestroom. 2 En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die Berg van JaHWeH en na die Huis van die Elohey van Jakob, dat Hy ons in Sy Weë kan leer en ons in Sy Paaie kan wandel. Want uit Sion sal die Wet uitgaan en die Woord van JaHWeH uit Jerusalem. [JeshaJaH 2:3] Hierdie gedeelte verwys na die eindtyd, waar die Berg Sion reeds opgerig sal wees as die Huis van Jakob, waar wetgewing en woord sal uitgaan, dus vanuit die reeds opgerigte Melgisédek-orde uit Sion. Dit is dieselfde berg as die in Openbaring 14 waar die eerstelinge, die 144 000, regeer as Sion met die Woord uit die Nuwe Jerusalem, die Nuwe Leer. 6 In dié dag, spreek JaHWeH, wil Ek versamel die wat kreupel is, en bymekaarmaak wat verdryf was, en die wat Ek kwaad aangedoen het. 7 Dan sal Ek die wat kreupel was, tot ’n oorblyfsel maak en wat ver verwyder was, tot ’n magtige nasie. En JaHWeH sal Koning wees oor hulle op die Berg van Sion, van nou af tot in ewigheid. Hierdie versameling van diegene wat kreupel was stel Maria/Migdol voor in haar sondige/kreupel toestand, wat versamel word, gebring word na JaHWèshua voete om die soom van Sy kleed aan te raak vir genesing. 8 En U, Toring van die skape (MIGDOL), Vesting van die Dogter van Sion, na Jou sal dit kom, ja, die vroeëre heerskappy sal kom, die Koningskap vir die Dogter van Jerusalem. [Spreuke 18:10; Hooglied van Salomo 4:4] Hier kom die eksplisiete belofte vir Migdol wat gesuiwer is, naamlik dat sy die Koningskap sal ontvang, die Melgisédekorde, as klein skaapstoring, deel van JaHWèshua, die Groot Skaapstoring, wanneer eenwording in gees plaasvind, oftewel, wanneer JaHWèshua in Sion/Migdol se harte kom woon. Die wedergeboorte word in die volgende verse beskrywe, weereens as `n vrou wat in barensnood verkeer, soos beskryf in Openbaring 12 en Jesaja 66. 9 Waarom skreeu Jy nou so hard? Is daar geen koning in Jou nie? Of het Jou raadgewer omgekom, sodat smart Jou aangegryp het soos van Een wat baar? [Psalm 61; Openbaring 12] 10 Krimp inmekaar en bring voort, o Dogter van Sion, soos Een wat baar! Want nou sal Jy die Stad verlaat en op die veld gaan woon; en Jy sal in Babel aankom - dáár sal Jy gered word, dáár sal JaHWeH Jou verlos uit die handpalms van Jou vyande. [DaniEl 3:1; 4:30]

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205