DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE NUWE MELGISÉDEK-ORDE, SOOS GEOPENBAAR AAN BERTHA DUDDE 21 Net soos wat die eerste opgerigte Melgisédek -orde voor `n kataklisme (die sondvloed) opgerig is, hy daarna weggeneem is na die Paradys, terwyl ons Vader die aarde se vernietiging toegelaat het, en Melgisédek na die vloed weer op aarde geplaas is in `n nuwe verlossingstydperk, om as houer te dien vir die verkondiging van die hemelse woord van ons Vader, so sal dit ook nou aan die eindtyd gebeur. Ons staan weer voor `n wêreldwye natuurkataklisme, so groot en omvangryk, dat ons sou beswyk as ons nou alles daaromtrent moes weet. Terwyl die aarde se bevolking geheel en al uitgewis gaan word, en wel in die materie gekluister gaan word, sal die klein groepie gereddenes, die Melgisedékorde en die vrou (volk) daarby, ook weggeneem word na die Paradys, waar hulle sal vertoef totdat die ou aarde verwoes is, en die nuwe een, die 1000jarige Vredesryk opgerig is, waarna hulle sal terugkom aarde toe, in verheerlikte liggame, as die Nuwe Melgisédek-orde om as nuwe geslag te dien vir ons Vader, sodat rein onbesmette blanke kinders gebore kan word op die nuwe aarde. Hierdie sal die eerste taak van die Melgisédek-orde wees, naamlik die vul van die aarde met die suiwer saad en suiwer Woord. Daarna sal hierdie opdrag vergroot word en sal die orde uiteindelik oor die ganse heelal strek. Let wel dat die “wegneming” anders is as die “wegraping” wat die kerke verkondig. Hulle verkondig `n wegraping voor die groot verdrukking, hierdie wegneming is `n wegneem na die groot verdrukking, en net voor die finale uitwissing. Boek 1 ‐ Die wederkoms van die Meester ‐ Die teenwoordige tyd. Die getuie van die nuwe aarde 2 Mei 1951 U almal sal getuie wees van My krag en heerlikheid en u sal My wederkoms belewe, ten dele liggaamlik en ten dele geestelik. Want die tyd neig na die einde toe en alles sal sekerlik geskied soos wat EK dit steeds weer aan u verkondig het. U sal My wederkoms belewe en daarvan getuig in die paradys op die nuwe aarde, want hulle wat aan My getrou sal bly tot aan die einde, sal EK op die nuwe aarde plaas. Hulle moet ook daar My woord aan hulle nakomelinge verkondig, net soos wat hulle dat ook nou doen in My opdrag. EK weet wie daarvoor geskik is en EK sal ook My ware knegte behoed vir die ondergang. EK sal My “dissipels van die eindtyd” met buitengewone krag voorsien sodat hulle hulle diens goed sal kan verrig. Sodat hulle moedig sal kan stry teen almal wat My vyandiggesind is en wat haat sal betoon teen Myne. Maar nie een van My volgelinge sal vroeër van die aarde skei alvorens hulle missie vervul is nie. En die laaste op hierdie aarde sal die eerste wees op die nuwe aarde, waar ook hulle opdrag weer dieselfde sal wees, naamlik om My woord te verkondig, al is dit ook op `n ander wyse. Hulle sal met vreugde en verlange opgeneem word en sal herken word as dit wat hulle is, naamlik `n liefdeblyk van die Vader wat Sy "kinders" gelukkig wil maak. Alle wesens sal My stem herken wanneer EK deur hulle tot die mense van die nuwe aarde sal spreek, want almal het op aarde die vuurproef deurstaan en aan My getrou gebly. Daarom sal hulle loon ook groot en verblydend wees. `n Harmonieuse lewe in die paradys op die nuwe aarde sal hulle beskore wees, wat geen mens homself sal kan voorstel nie, sodat My mag en heerlikheid geopenbaar kan word, want EK self sal by hulle wees. EK sal in die wolke kom en hulle tuisbring. Hulle sal by My bly omdat hulle My "kinders" geword het deur hulle getrouheid wat hulle aan My bewys het in die laaste geloofstryd. Hulle sal My onbevrees bely en van My getuig sonder dat hulle My vantevore gesien het, en daarom mag hulle My ook in alle glorie aanskou voordat die einde gekom het. Wat EK voorspel, sal ook vervul word, dus sal u My wederkoms belewe. Nog glo u nie dat die tyd so naby is dat u die verskrikkings van die einde sal moet beleef nie, dat die aardoppervlak vernietig sal word deur My toelating. Nog glo u nie dat die voorspellings deur sieners en profete die huidige tyd betref nie. Dat u mense in hierdie tyd groot dinge sal belewe wat geen mens homself kan voorstel nie, omdat sulks nog nooit op aarde gesien is nie. Maar met verwondering en ontsetting sal die mensdom spoedig hierdie gebeurtenisse kan volg wat `n ontbinding van die aarde geloofwaardig sal maak, en dan sal dit met rasse skrede die einde tegemoet gaan. My uitverkorenes sal die tyd deurstaan omdat dit My wil is en omdat die uitverkorenes ook in hierdie tyd sal getuig en oor hierdie gebeurtenisse sal spreek, sodat My mag en heerlikheid openbaar kan word, ook onder die nakomelinge van die mensegeslag op die nuwe aarde. Want hierdie gebeurtenisse moet deur oorlewering vir die nageslag bewaar bly, want daar sal ook weer `n tyd kom waarin die sonde die oorhand sal kry en daar nie meer aan My gedink sal word nie. Dan sal hulle getuienis vir die mense tot waarskuwing en vermaning wees wat My heeltemal sal vergeet, en welke noodlot hulle sal tref. Dan sal gewag gemaak word van die ondergang van die ou aarde en die laaste gerig wat beslis het oor lewe en dood, oor geluksaligheid en verdoemenis. Boek 1 ‐ Die wegneming 20 Februarie 1953 Slegs `n klein skare sal My aan die einde van die aarde in alle heerlikheid kan aanskou, want hulle sal weggeneem word voor die oë van hulle medemense. Die agterblywendes sal dan prysgegee word aan die liggaamlike- en wat veel erger is, aan die geestelike dood. So gou as wat Myne die aarde verlaat het, sal die vernietiging plaasvind en alles wat in, op en bo die aarde leef, sal deur die vlammende elemente verteer word, wat uit die aarde sal uitbreek en geen skeppingswerk sal oorslaan nie. Maar Myne sal nie deur die vernietigingswerk getref word nie, want EK sal hulle al vooraf wegneem. Die aanblik van hulle plotselinge wegneming sal die mense met ontsetting slaan, want Myne sal voor hulle oë in die hoogte verdwyn. Slegs Myne sal My egter kan sien wanneer EK in alle prag en heerlikheid sal kom, vir die ander sal EK onsigbaar bly, omdat hulle wat in die hande van My teenstander geval het, nooit meer My heerlikheid sal kan aanskou nie. Maar voordat hulle tot besinning sal kom oor die bonatuurlike verskyning van die wegneming, sal hulle einde reeds gekom het, want die aarde sal haarself open en almal verslind wat van My afgeval het - en dit bly ook tot aan die einde. Die gebeurtenis van die wegneming is onbegryplik vir die mense van hierdie aarde, want daar speel iets af wat heeltemal in stryd is met die wet. Iets onnatuurlik, wat ongelooflik sal wees vir hulle wat nie in My glo nie en nie van My verlossingsplan van ewigheid af wil weet nie. Tog sal dit gebeur soos wat EK vir u aangekondig het: Die mense wat nog liggaamlik lewend is, sal EK verplaas na `n oord waar daar vrede is, en dit sal in één oomblik geskied. Hulle sal hierdie gebeurtenis self bewustelik belewe en vol lof en jubeling vir My wees. Hulle het die toets van getrouheid deurstaan en ontvang nou die loon daarvoor, en vir hulle liefde en hulle geloof in My sal EK die paradys vir hulle open. Dan sal daar weer `n nuwe verlossingsperiode begin en Myne sal die stam van die geslag op die nuwe aarde vorm. Maar slegs die geloof kan dit begryp, die verstand verweer homself hierteen en sal twyfel totdat die dag van die einde gekom het. Boek 1 ‐ Oor die laaste oordeel en die nuwe aarde 9 Oktober 1959 U kan uself geen korrekte voorstelling maak op welke manier die laaste oordeel sal plaasvind nie. Dit moet egter vir u genoeg wees om te weet dat dit `n werk is wat van baie korte duur sal wees, met `n vernietigingskrag waaraan alles ten offer sal val. U sal geen tyd meer hê om u gedagtes en strewes te verander nie, want alles sal met so `n snelheid geskied dat u geen tyd meer sal hê om na te dink nie. U sal in `n oomblik geoordeel word, - dit wil sê, ten lewe of ten dode sal in `n baie kort tyd kom. U, My getroues, wat sal bly tot aan die einde, sal weggeneem word en die ontroues sal verslind word deur die aarde, wat vir hulle siele `n hernieude kluistering in die vaste materie sal beteken. Slegs die mense waarin nog `n klein vonkie Godsgeloof is, sal op die laaste moment nog die krag kan opwek om My aan te roep, om nog gered te word en om vir die hernieude kluistering gespaar te bly. En ofskoon hulle nie behoort aan hulle wat weggeneem word nie, sal hulle lot tog ligter wees. Want hulle word dan `n nuwe beliggaming toegestaan waarin hulle hulself moet en ook kan bewys. Die nuwe aarde sal dan vry wees van versoekings deur My teenstander, wat vir `n lang tyd gebonde sal wees, soos wat dit geskryf staan. Dit is `n daad van buitengewone barmhartigheid, waarop maar heel weinig mense hulle beroep het, want die mensdom sal aan die einde heeltemal aan My teenstander onderdanig wees. Heel selde sal `n mens homself nog losmaak van sy kettings in die aangesig van die laaste oordeel wat vreeslik sal wees, want alle mense sal `n ontsettende dood tegemoet sien kom. Maar voordat hulle veel kon gedink het, sal dit reeds gebeur het, en Myne sal getuie wees van hierdie gebeurtenisse. Dit is My wil dat hulle My almag en heerlikheid en My regverdigheid en “toorn” teen die sondaars leer ken, en daarvan kan getuig solank hulle lewe. Want hulle sal die stam vorm van die nuwe geslag op die nuwe aarde. Die voorval van die wegneming kan ewemin voorgestel word, omdat dit buite die wetlike ordening plaasvind en dit het nog nooit op hierdie aarde voorgekom dat mense opgeneem was en in lewende lywe omhoog gevoer is nie. EK sal hulle ongedeerd in `n paradysagtige landskap plaas van waaruit hulle dan na die nuwe aarde gebring sal word, sodra sy volgens My wil gevorm is. EK sal geen lang tyd daarvoor nodig hê nie, want al die geestelike verlang om die nuwe beliggaming van hulle ontwikkelingsweg, wat ooreenkom met hulle graad van rypheid, voort te sit. Die mense sien nie die skeppingsdaad van die nuwe aarde nie, derhalwe is dit ook nie nodig vanweë die mense om by `n bepaalde tydsduur te hou nie. Die mense wat weggeneem is, se tydsbewussyn ontbreek, sodat hulle nie sal kan beoordeel in welke tydsbestek die nuwe aarde ontstaan het nie. My mag is onbegrens en sal homself openbaar by die skepping van die nuwe aarde, want sy sal weer nuwe skeppinge laat sien waarvan u mense hulleself geen voorstelling kan maak nie. Hulle wat op die nuwe aarde mag lewe, sal hulleself onmeetlik salig maak, want dit sal `n ware paradys op aarde wees. Die van Myne wat My in die geloofstryd trou gebly het, sal ook hulle loon daarvoor ontvang. U mense sou almal hierdie seën kon ervaar as u die kort tyd op aarde goed sou benut, maar u glo nie en doen niks om die ontwikkeling van u siel te vergroot nie, daarom sal elkeen die loon ontvang wat hy verdien. `n Geluksalige lewe in die paradys op die nuwe aarde of die hernieude kluistering in die skepping daarvan, om na `n eindeloos lang tyd weer as mens op die aarde te mag kom met `n laaste wilsbeproewing as doel. BOEK 6 ‐ Die laaste uur van die aarde BD 8011 - 1 Januarie 1962 ...... Dit sal gebeur soos wat dit vroeër verkondig is. Ek sal Self in die wolke kom om myne weg te neem, voordat die vernietigingswerk aan die ou aarde begin. Daar sal geen steen op die ander bly nie, want die aarde moet hernu word. Daar sal `n nuwe aarde ontstaan, `n paradysagtige skepping wat al die nog onontwikkelde geestelike weer sal opneem wat vry geword het by die verwoesting van die ou aarde, en `n nuwe omvorming nodig sal hê om verder te kan rypword. En die nuwe aarde sal tot verblyfplek dien vir hulle wat My trou gebly het tot die einde, want hulle het die graad van rypheid bereik wat hulle `n ingaan in die ligsfere moontlik maak, en wat daarom ook die paradys mag bewoon. Dit sal vir hulle waarlik dieselfde salige toestand beteken asof hulle hulle liggaamlike omhulsel afgelê het en in My geestelike ryk sou ingegaan het. Hulle moet My as stam van die nuwe mensegeslag dien, en dan kan `n nuwe verlossingsperiode weer begin met geestelike ryp mense, wat dan ook die nog gekluisterde geestelike in hulle omgewing tot `n vinnige rypwording sal help. Hulle sal so innig deur die liefde met My verbonde wees, dat hulle hulle kinders en kindskinders weer daardeur tot liefde sal opvoed, en sal kan getuig van die glansrykheid van hulle God en Skepper. En so sal die verlossing uit die vorm vinniger kan plaasvind, omdat Ek in Jesus (geestelik) lewend onder hulle kan vertoef, omdat alle mense wat dan die nuwe aarde sal bewoon, hulleself sal toevertrou aan hulle goddelike Heiland en Verlosser, Jesus, en in die bewussyn van hulle oerskuld bewustelik die weg na Hom toe sal gaan, aangesien elke weerstand dan gebreek is. Want elke mens sal dan die weg bewustelik na My toe teruggaan, sodat Ek Self by hom kan vertoef, aangesien sy groot liefde vir My dit sal toelaat. Dit is dus die duisendjarige ryk waar die oorwinning oor Satan sigbaar sal wees, want hy kan en sal geen mens meer kan bedreig nie, omdat elkeen homself volkome van hom vrygemaak het, en die terugkeer tot My dan volbring het. Hy het dan geen toegang meer tot My ryk nie, totdat hierdie salige tyd weer langsaam sal verander, en die mense weer `n neiging tot die materie sal vertoon. Daardeur sal My teëstander se kettings weer verbreek word en sy invloed sal weer merkbaar word. Maar voordat hierdie tyd sal aanbreek, sal baie van die vergeestelikte as heeltemal verlos My ryk binnegegaan, en Ek sal `n goeie oes behaal het. En dan begin daar ook weer die stryd met My teëstander oor die siele, maar Ek sal oorwinnaar wees. Steeds sal Ek weer siele van hom ontworstel, en sy magsbasis, waarin hy die sterk is, verklein. Steeds sal hy weer self daartoe bydra dat die verlossing van die gevallenes deurgaan, want wat van My is, gee Ek nooit as te nimmer op nie, al is Ek ook ewighede daarmee gemoeid. Die gevallenes sal eenmaal na My toe terugkeer en sal dan met My verbonde bly tot in alle ewigheid. Amen BOEK 9 ‐ Die koms van die Meester tydens die grootste nood B.D.4319 - 31 Mei 19 Ek sal u na My toe bring uit die swaarste verdrukking, soos wat Ek u beloof het. Die nood sal groot wees, en wie u lot nagaan, sal erken dat alleen die krag van die geloof u staande sal hou. Want anders was u te swak om stand te kon hou teen die bedreigings en geweldsmaatreëls van u vyande, aan wie u weerloos oorgelewer is. Dog net onbeskerm van die kant van die mense, want Ek staan as Beskermer langs u en hierdie sekerheid moet u vir alle aanvalle ongevoelig maak. Slegs `n kort tydjie duur hierdie groot nood, dan kom Ek self om diegene wat Myne is, na My ryk toe te bring om hulle voor te berei op die lewe in die paradys op die nuwe aarde. Wanneer u geloof sterk is, as u aan elke woord van My betekenis heg, sal die laaste nood u verbygaan en in die hoop op My spoedige koms, sal u alles gelykmatig verdra en My verwag - want Ek kom seker en gewis. Ek laat Myne nie in nood nie en Ek sal kom wanneer daar van menslike kant af geen uitweg meer te verwag is nie. Ek sal skielik verskyn en slegs aan diegene wat Myne is, sigbaar wees, en almal na My toe roep wat aan My getrou is. Dan sal daar `n gejubel en `n gejuig wees onder die wat Myne is, wat vol saligheid op My sal toesnel, en hulle hande na My toe sal ophef. Hierdie is `n bewys dat die volk al by hierdie gebeurtenis op een plek versamel sal wees. Wie glo sal salig word, want hy sal volhard, al is die wêreld vol van duiwels. Hy weet dat die uur van redding kom en dat Ek hom nie sal verlaat nie, dat al die duiwels magteloos is teenoor My. Hy verwag My en as gevolg van sy diep geloof, beloon Ek hom met die hoogste prys; met `n nuwe lewe in die paradys op die nuwe aarde. U vra waarom Ek hom nie na My toe neem in die geestelike ryk nie? - Wie hierdie laaste geloofsbeproewing deurstaan het en My aanneem, is bekwaam om die stam te vorm van `n nuwe mensegeslag, en uit hom sal `n nuwe generasie voortkom. Die aarde sal na haar hervorming weer deur mense bewoon word wat geestelik gevorderd is en `n lewe lei vir My en met My, en hierdie mense wil Ek self oplei. En Ek ken die rypheidsgraad van alle mense, in die besonder van hulle wat aan die einde vir My stry teen Satan, en sulke mense het Ek nodig as stamouers vir die nuwe aarde. Ek sal hulle liggaamlik en geestelik seën en die nuwe aarde sal `n paradysagtige verblyfplek vir hulle word. Kinders en kleinkinders sal in innige verbinding met My staan en die nuwe mensegeslag sal liefdevol wees. En weer begin dan `n nuwe ontwikkelingsperiode met die geestelike wat as mens beliggaam is, wat voor die voleinding staan en met verlange na My streef en daardeur vinnig die sielsrypheid bereik op aarde. Want gedurende die laaste tydperk op die ou aarde, word dit, kort voor die geestelike wat as mens beliggaam is, baie vinnig ryp, omdat die stryd tussen Lig en duisternis deur die geestelike opgemerk word, en die vernietiging van die ou aarde die geestelike bowendien vir `n kort tyd vrylaat. Maar dit beteken vir die geestelike `n toestand van ellende, omdat hulle nog nie die rypheid tot vryheid besit nie, sodat hulle die nuwe omvorming weldadig moet ondergaan en met ywer Hoër moet streef, al is hulle in `n voorstadium en onbewus van die welslae. Daarom sal die mense dan ook in wonderbare harmonie lewe, met alle skeppings om hulle heen; die minerale-, plante en dierewêreld sal hulle heeltemal volgens die benodigdhede van die mense aanpas en daar sal die diepste vrede wees in die natuur, net soos in die harte van die mense. Dit word `n salige samesyn met My en sal die mense tot gelukkige skepsele maak. My liefde sal vir hulle alle weë gelykmaak en hulle harte sal vinniger vir My klop in vurigste liefde - en alle nood sal dan vergete wees Hierdie tyd is nie meer ver nie. Spoedig sal Ek self kom, en My bruid: die kring van Myne ophaal. Spoedig sal die groot nood verby wees, omdat My belofte vervul moet word: "Ek sal kom in die wolke, om diegene wat Myne is te haal, en te oordeel die lewende en die dode". AMEN BOEK 13 ‐ Die reiniging van die aarde B.D.7179 - 7 Julie 1958 En daar sal weer `n nuwe aarde wees, en die mense daarop sal innig met My verbind wees en lewe volgens My ewige ordening. Maar die toestand kan alleenlik nog bereik word deur `n reiniging van hierdie aarde sodat die ou aarde weer in `n toestand gebring kan word waarin alles presies georden is. Dit beteken egter nie dat hierdie orde op die teenwoordige aarde herstel sal kan word nie, wat baie mense graag sou wou, omdat die gedagte aan `n einde van hierdie aarde nie in hulle opkom nie. Die komende reiniging sal grondig wees en eerste by die mense plaasvind, hulle wat nie meer lewe volgens My ewige orde nie. Dit sal egter ook `n skeppingswerk wees, omdat die gekluisterde geestelike, nuwe omvorming nodig het om na `n vinniger, geestelike opwaartse ontwikkeling te beweeg. Want Ek is voorbereid vir al die geestelike wat al lank genoeg gesmag het in die harde materie, hulle wat uiteindelik ook op die hoër weg mag gaan. Nooit meer sal daar op hierdie aarde `n ommekeer tot My plaasvind nie, omdat My teenstander deur die mense self in sy mag gesterk word, wat Hy egter slegs sal aanwend om `n nog groter aantal afvalliges van My te bereik. Maar as die teenstander self, saam met alles wat aan hom onderdanig is, nie gebind word nie, sal die geestelike peil nie net so laag bly as wat dit reeds is nie, maar dit sal steeds nog erger word. En dan kan geen harmonieuse toestand op aarde meer verwag word nie. Daarom sal Ek `n grondige reiniging teweegbring. Alles op aarde wat iets geestelik in homself berg, los Ek op en laat `n nuwe aarde, met `n geheel nuwe skepping ontstaan, sodat dit weer deur die geestelike betrek kan word vir hulle verdere ontwikkeling. En Ek bevolk die aarde slegs met mense wie se graad van ontwikkeling sodanig is, sodat hulle `n salige lewe in die paradys kan hê. Dus met mense wat in die laaste stryd op hierdie aarde is, wie aan My trou bly, en wat Ek daarom as stam van die nuwe mensegeslag (menseras) op die nuwe aarde bymekaarmaak. Elke nuwe skeppingsperiode begin met `n geestelik ontwikkelde geslag, wat dan weer op die navolgende geslagte moet inwerk om met hulp ook deels die weg boontoe te toon, en hulle na hulle voleinding te help. En omdat My teenstander nou gebind sal wees, sal die mense aanvanklik nie meer deur hom bedreig word nie. Dit sal daarom vir `n lang tyd `n paradysagtige toestand bly waarin al die geskapenes, mense en diere, in harmonie en vrede sal saamlewe, waarin die liefde die mense tot `n voortdurende verbinding met My sal dryf, en waarin Ek sodoende by hulle teenwoordig kan wees. En die mense sal die ewige heil deelagtig wees totdat daar weer `n tyd sal kom dat die verbinding sal verslap en waarin die materie weer haar aantrekkingskrag sal uitoefen en die mense deur hulle begeertes die kettings van My teenstander weer sal losmaak sonder dat Ek hulle sal verhinder. Want die beproewing van die vrye wil, van die wat tevore heeltemal tot My bekeer was, sal dan weer nodig wees. Elke verlossingsperiode bring baie van die eens gevalle geestelike terug na My. Sou Ek egter geen einde aan hierdie huidige toestand maak nie, dan was daar waarlik geen geestelike sukses meer te behaal nie. Ek het aan die teenstander netso die reg gegee om vir die wesens te veg. Hy misbruik egter sy reg deurdat hy die grense van sy bevoegdheid te buite gaan, deurdat hy probeer verhinder dat die mense enige kennis oor My ontvang, hulle God en Skepper van ewigheid. Maar die aardse lewe is aan die mense gegee om te beslis aan watter Meester hulle wil behoort. En daarom moet hulle ook oor beide meesters ingelig wees, wat My teenstander egter met alle moontlike middele probeer verhinder. En daarom maak Ek `n einde aan sy aktiwiteite, en hy sal weer tesame met sy aanhangers gekluister word. Ek herstel in die eerste plek oral die wetlike orde om aan al die gevallenes die opwaartse ontwikkeling te waarborg, soos wat dit My plan was sedert die ewigheid. AMEN BOEK 13 ‐ Die deurgee van die Goddelike woord aan die nageslag op die nuwe aarde B.D.4054 - l & 2 Junie 1947 Dit sal maar `n klein skare/groepie wees wat My koms verwag, voordat die laaste oordeel sal kom. Slegs weinig mense sal daar wees wat Ek tot die van Myne kan tel; wat in geloof sterk sal bly en My sal bely voor die wêreld en daarom vervolg sal word, sodat hulle selfs vir hulle lewe moes vrees, as hulle oog nie geestelik gerig en hulle denke nie geestelik gesind was nie. Maar hierdie klein gemeente sal weet van die einde en verwag My met `n diep geloof. En daarom verdra hulle ook die tyd van nood in standvastigheid en erken Jesus voor die wêreld as Seun van God. Daarom neem Ek hulle weg en gee hulle `n paradysagtige woonplek, totdat hulle die nuut gevormde aarde weer sal mag betree. Hierdie klein kudde het die opdrag om My woord te verkondig aan hulle nakomelinge, sodat dit weer onvervals aangebied word soos wat Ek dit vir die mense gegee het en so, as fundamentele leer van die Christendom, ook op die nuwe aarde moet bly. Want Ek sorg ook verder vir die wat Myne is, en tot Myne behoort alleen die wat hulleself by My wil voeg. Hulle probeer na My toe te kom en wat daarom ook liefdadig is, want die verlange na My is reeds die uitdrukking van hulle liefde wat hulleself uitgee in die liefde tot die naaste. Hulle vervul op die manier My gebod en aan hierdie bring Ek ook My woord, direk of indirek. En My woord bevat die leer wat Jesus op aarde gepredik het omdat Hy met My liefdesgees deurdring was. Want die mens Jesus het die vereniging met My reeds op aarde gevind. En sodat ook die mense op die nuwe aarde tot hierdie vereniging met My kom, moet hulle oor die leer van CHRISTUS onderrig word. Sodoende moet die reine waarheid, wat nou uit die Hemel vir die mense aangebied word as My woord deurgegee word op die nuwe aarde, waar sy in haar totale diepte en wysheid erken sal word as `n boodskap uit die Hoogte en as `n direkte onderrigting van God. Daarom sal dit vir `n lang tyd die fundamentele leer bly, totdat die mense weer materialisties word en weer sal dink dat hulle My woord moet verbeter en verander. En dit sal dan weer die oorsaak wees dat hulle hulle insig sal kwytraak en hulle geestelike kennis verduister sal word. Maar dit sal My weer laat besluit om My woord tot die aarde te bring. Maar tot aan die tyd sal My woord onvervals bly en verspreiding vind, en elke woord sal as My gawe erken word. Die mense sal My liefhê en My dien, en hulle sal mekaar liefde skenk en gelukkig wees op aarde. Want hulle sal dan in voortdurende verbinding met My lewe en ontvang daardeur lig en krag. En My nabyheid sal hulle so laat voel dat hulle sterk en wys sal word, soos wat Ek dit beloof het. AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205