|
DIE MELGISEDEK ORDE VERSKEIE SKRYWERS
Hoofstuk 19
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35. |
|
|
IS DAAR AL REEDS BEGIN MET DIE BOU
VAN SO `N HUIS IN SUID-AFRIKA? 17 Hierdie vraag kan tereg gevra word, of daar al
enige aanduiding is dat iemand al besig was
met die bou van so `n huis, soos wat ons in die
Skrif en in die Nuwe Openbaring van lees. Hierdie vraag
kan positief beantwoord en ek verwys u na die Gelofte wat
op 16 Desember 1838 gemaak is deur die Boerevolk en hul
Skepper. Hierdie belofte om `n huis te stig, is deur Vader
geëer, maar Hy woon nie in huise van klip soos kerke en
monumente nie. Hy woon in die harte van Sy volk. Dus
moet ons gaan kyk, nie by materiële geboue en kerklike
strukture nie, maar by Boere wat `n geestelike huis in hulle
harte gebou het, en dan sal ons daar kan soek vir die huis
van Jesaja 66:1 “Waar is dan die Huis wat julle vir My
sal bou?”
Hierdie volgende gedeelte is vervat in `n boekie, “Dogter
van Sion, huis op die Rots”, maar word in hierdie boek
geplaas, want dit vorm `n onlosmaaklike deel van die
Melgisédek-orde wat tans in Suid-Afrika opgerig word.
Omdat ons weet uit Jesaja 18 en Sefanja 3 dat die eindtyd
Sion in Suid-Afrika sal wees, suid van die riviere van
Etiopië, by die volk met die blink/blanke vel, kan ons dus
seker wees dat ons dierbare Vader ook hierin werksaam
sou wees, om die fondament van hierdie eindtyd orde op te
rig in Suid-Afrika, en om meer spesifiek te wees op
Boeregrond.
Dogter van
Sion, huis op
die Rots
|
|
|
|
|