DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE LEVITIESE ORDE VAN DIE VLEES, `N AFSKYNSEL VAN DIE MELGISÉDEK-ORDE VAN DIE GEES 10 Moses word beveel om voorbeelde te maak van dit wat hy in die hemele waargeneem het. Exodus 25:9 en 40 9 Volgens alles wat Ek jou laat sien—die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van alles wat daarby behoort—so moet julle dit maak. 40 En kyk dat jy dit maak volgens die voorbeeld daarvan wat jou op die berg getoon is. Moses was dus terdeë bewus van wat die ware voorwerpe in die hemele voorgestel het, aangesien hy die laaste priester van die na-Noagvloed se Melgisédek-orde was. Deur hom het Vader die ondergeskikte Levitiese orde opgerig met Moses se broer, Aäron as eerste hoëpriester. Die hemelse is ook dieselfde as die geestelike sfeer waarin hy die ware voorwerpe gesien het. Staf van Aäron en kruik manna Hierdie tabernakel wat hy moes bou het dus eenvoudig net die lewende Melgisédek-orde in die harte van die volk voorgestel, wat eendag, na die opstanding van ons Verlosser, tot stand sou kom. Die tabernakel was as volg saamgestel: Daar was drie dele, naamlik: die Voorportaal, die Heilige en die Allerheilige. Hierdie drie plekke stel die liggaam, die siel en die gees van die mens voor in dieselfde volgorde. Die voorportaal of liggaam/vlees Hier sien ons in ons skets twee voorwerpe, naamlik die offeraltaar en die waskom. Die offeraltaar was gebruik om diere op te slag en sou heenwys na die slagting van ons lam, JaHWèshua self. Dus stel die offeraltaar die kruis of vloekhout voor. Dit is dus hier waar ons in die nuwe Melgisédek-orde ons ou kleed moet uittrek, oftewel die vlees moet aflê. Ons brand hierdie ou vieslike kleed by die folterpaal van ons Verlosser. Daarna gaan ons na die volgende voorwerp, die waskom wat gebruik was deur die diensdoenende priesters om hulleself te reinig alvorens hulle met hulle pligte kon voortgaan. Hierdie waskom stel die doop met water voor, soos deur Johannes die Doper, die voorloper van die Melgisédek-orde, verkondig. Na jou aflegging van die vleeslike by die folterpaal van JaHWèshua, laat jy jouself doop met water om daarna die doop met die gees te ontvang. Hierdie doop met die gees is dus die eerste treë van die wedergeboorte, wat `n proses is en nie soos die kerke verkondig, `n eenmalige gebeurtenis nie. Die eerste treë in die wedergeboorte, is die wedergeboorte van die siel, wat eers plaasvind na die aflegging van die vlees. Eers na hierdie wedergeboorte van die siel, kan die gees weder53 gebore word in jouself. Hierdie proses van wedergeboorte van die siel word voorgestel deur die rangskikking van die items in die volgende plek, naamlik die heilige: Die Heilige (Die Apartheid), oftewel die siel Hier is drie voorwerpe, naamlik die tafel met die twaalf toonbrode, die silwer kandelaar met die sewe lampe en die reukofferaltaar. Omdat die Heilige die siel van die mens voorstel, sal hierdie items ook aksies in die siel van die mens wat tot bekering gekom het, voorstel. Eerstens het ons die 12 toonbrode, wat dui op die Messias wat as lewende Brood vir ons kom sterf het. Sy Woord is die brood wat ons moet eet. Die syfer 12 dui daarop dat dit eerstens vir die 12 stamme van Israel alleenlik is, asook dat dit die 12 gebooie voorstel, naamlik die 10 bekende gebooie, plus die twee gebooie van die liefde wat ons Meester vir ons kom gee het. Hierdie brood maak ons geestelik sterk sodat die kandelaar, wat die sewe geeste van JaHWe H voorstel, in ons begin brand. Hierdie geeste kan nie korrek funksioneer as ons die verkeerde geestelike voedsel inneem nie. Die Brood moet alleenlik die Woord van JaHWèshua wees. So begin die gees van Liefde werk, daarna die gees van Wysheid (voortspruitend uit die Liefde), daarna die gees van die werksame Wil, daarna die gees van Orde, daarna die gees van Erns, daarna die gees van Geduld en daarna die gees van Barmhartigheid of genade. (aanhalings uit die Groot Johannes Evangelie Boek 7 - Hoofstuk 18 Die moment wanneer hierdie aksies begin plaasvind in die bekeerde siel, vind reiniging plaas en die gebede vanuit die siel van die mens, soos voorgestel deur die aangename reukwerk van die reukofferaltaar, bereik dan die troonkamer van ons Vader in die hemele. Hierdie aanhoudende proses in die lewe van die siel van die mens kan vir jare so aangaan, of kan binne `n korter tydsbestek veroorsaak dat die siel van die mens een word met sy gees (voorgestel deur die Allerheiligste), wat weer niks anders is nie as die Gees van Waarheid, die Trooster wat ons Verlosser vir ons agtergelaat het (Johannes 14:16-17). Dus sal die rook van hierdie altaar ook die Gees van Waarheid voorstel, wat van JaHWèshua af kom, waarin jy bid, wat jou gebede saamneem tot by die hoogste gesag in die hemel. Die Allerheilige (Apartheid van die Aparthede) wat die gees voorstel In hierdie Allerheilige vind ons die verbondsark, die staf van Aäron en die kruik met die manna. Hierdie Allerheiligste gedeelte, wat die gees van die mens voorstel, word geskei van die Heilige deel deur `n voorhangsel, wat die Vleesliggaam van ons Verlosser voorstel, wat van bo na onder geskeur het met sy kruisiging. Hierdie voorhangsel stel die vlees voor wat deurgebreek moet word om die vereniging tussen siel en gees te bewerkstellig, wat vir ons as mens onmoontlik was as gevolg van die sonde, maar wat JaHWèshua vir ons bewerk het met Sy kruisiging en opstanding. Met hierdie wonderdaad het Hy dit moontlik gemaak vir ons om die volkome wedergeboorte van die gees te bereik, naamlik om in die hemele saam met Hom, JaHWèshua, as Ewige Vader in Sy huis vir ewig te kan lewe as kinders van die Allerhoogste. Terwyl die voorhangsel Sy Vlees voorstel, stel die verbondsark daarbinne die gees van die mens wat EEN geword het met die Gees van ons Meester. Die wet op die twee kliptafels stel die volkome wet van Liefde voor wat in hierdie orde nou op die tafels van die hart geskrywe staan. Dus stel die verbondsark ook ons besnede hart binne die Hart van ons Meester voor, dus `n eengeworde hemelse hart. Elke mens wat getrou in die uitoefening van die aksies was in die Heilige, naamlik die eet van die ware Brood, werksaam in die sewe geeste, en wat aangename gebede opgestuur het, sal op `n dag ervaar dat hy deurbreek na hierdie vertrek in sy wese, naamlik sy gees. Nou word so `n persoon Een met ons Vader en kan hy nie meer sondig nie. Meeste mense bereik hierdie faset eers na hulle dood, maar baie min het dit wel bereik in hul aardse lewens. Ons wat lewe aan die eindtyd, het die belofte in die Skrif dat dit vir ons moontlik gemaak gaan word. Lees Joël 2: 28-30. Die staf van Aäron stel die heerskappy van die Melgisédekorde voor wat elkeen van die 144 000 priesters sal ontvang wat die geestelike wedergeboorte gesmaak het. Saam sal hulle met die Hoëpriester, JaHWèshua heers. Die manna in die kruik stel die verborge geestelike dinge van die koninkryk voor wat slegs aan hulle geopenbaar sal word, want enige mens wat nog nie geestelik wedergebore is nie, sal dit nie kan bevat en begryp nie. Hierdie manna stel oneindige openbaringe van die hemelryk voor en sal tot in der ewigheid nie ophou nie. Altyd iets nuuts en wonderbaarlik! So sien u dus dat elke mens deur drie geboortes gaan, die eerste uit die vlees van sy moeder, die vleeslike geboorte, daarna die bekering en die wedergeboorte van die siel, die tweede geboorte en daarna die volkome eenwording tussen siel en gees met die Gees van ons Meester, want Hy is Gees (Johannes 4:24) wat die derde of finale wedergeboorte van die gees is. Hierdie mense is dan ware Priesters van Melgisédek, een geestelike wese, `n kommunikasie-siel bestaande uit 144000 lede met Een as Hoëpriester, naamlik JaHWèshua Self. Omdat hierdie tabernakel slegs die Levitiese priesterorde betrek, is dit logies om af te lei dat dit `n afbeelding van die Melgisédek orde alleenlik is, en nie iets te doen het met die res van die volk nie. Die geheim van die DNS (DNA) van die vlees DNS staan vir: des•ok•si•ri•bo•nu•kle•ï´ne•suur - Suur in die chromosome in die middel van die selle van lewende dinge, wat die spesifieke struktuur en funksie van elke sel bepaal (afk. DNS). Hierdie wonderlike verborgenheid van die samestelling van die menslike weefsel is ook vasgelê in die verordening rondom die tabernakel, en wel in die voorskrifte van die offerlam en die voorhangsel. Exodus 12:5 vereis die volgende vir die pasgalam. 5 Julle moet ’n rasegte lam hê, ’n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle hom neem. Ook word dieselfde vereiste neergelê vir alle ander offerdiere in hierdie Levitiese orde, die aardse afbeelding van die Melgisédek-orde. Levitikus 3:6: En as sy slagdier kleinvee is, as vergoeding aan JaHWeH, moet hy ‘n rasegte ram of ooi naderbring. 4:23 of as sy oortreding wat hy so gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy bydrae bring ’n rasegte bok, ’n ram; Hierdie Hebreeuse woord, tamiem, beteken net dit, naamlik opreg in sy ras, oftewel suiwer DNS. Hierdie heenwysing na die rasegtheid van JaHWèshua, ons offerlam, word bevestig in die volgende verse in die boek 1 Petrus1: 1:3 GESEËND is die Elohim en VADER van onse Meester JaHWèshua die Gesalfde wat na SY grote Barmhartigheid ons die wederoprigting geskenk het tot ’n lewende hoop deur die opstanding van JaHWèshua die Gesalfde uit die dode, 4 sodat ons ’n onverganklike, rasegte en onverwelklike Erfenis kan verkry, wat in die Hemele bewaar is vir ons, Ons as kinders verkry dus `n onverganklike rasegte erfenis, dus die herstel van die verheerlikte liggaam, wat Adam gehad het, maar deur die sondeval verloor het, toe die adamitiese genelyn besoedel geraak het. 15 Maar soos Hy wat julle geroep het, apart is, moet julle jul ook in jul hele lewenswandel apart word, 16 omdat daar geskrywe is: Wees apart, want Ek is apart. [Levítikus11:44] 18 omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, 19 maar deur die kosbare Bloed van die Gesalfde, soos die van ’n Rasegte Lam, Deur apart te lewe, binne die neergelegde orde van JaHWeH, sal ons weer `n rasegte erfenis verkry, deur die loskoping van JaHWèshua, die rasegte lam. Dus was die DNS van Sy liggaam 100% volmaak. Hebreërs 10:19-20 sê die volgende oor Sy liggaam: 19 TERWYL Ons dan, broers, vrymoedigheid het om na die Apartheid te gaan deur die bloed van JaHWèshua 20 op die Nuwe en Lewende Weg wat Hy vir Ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is Sy vlees, [Exodus 12:7 ; Boodskap van Jakobus 10] Die voorhangsel het as volg gelyk, soos beskryf in Levitikus 26: 31 VERDER moet jy ’n voorhangsel maak van koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. As kunstige werk moet jy haar maak, met Gérubs. [MattithJaHûW 27:51; Lukas 23:45; Hebreërs 9:3] As JaHWèshua se vlees dan deur die voorhangsel voorgestel word, sal die samestelling daarvan sekerlik vir ons meer lig kan werp op die samestelling van die liggaam van JaHWèshua self. Ons sien dat dit van dubbelgeweefde linne gemaak is met sekere kleure. Verder lees ons die volgende verstommende verhaal in die Oerevangelie van Jakobus 10: 1-2 oor hoe die moeder van JaHWèshua, Mirjam (Maria), as twaalfjarige verwagtende maagd, gekies was om die volgende te doen: Mirjam keer terug na die Tempel. 10:1 EN die priesters het beraadslaag en gesê: Laat ons ‘n voorhangsel maak vir die Tempel van JaHWeH. 1a En die priester sê: Roep vir my die onbesoedelde maagde uit die geslag van Dawid. En die dienaars het vertrek en gesoek en sewe maagde gevind. [Exodus 35:35 ; 39:25 ; Henog 48:1] 1b En die priesters het gedink aan die meisie Mirjam dat sy uit die geslag van Dawid was en onbesoedeld voor Elohim. En die dienaars het gegaan en haar gehaal. 2 En hulle bring hulle in die Huis van JaHWeH. En die priester sê: Werp vir my die lot, wie die goud sal spin en die wit, en die fyn linne en die sy en die koningsblou en die skarlakenrooi en die egte koningsblou. 2a En die lot vir die egte koningsblou en die skarlakenrooi het op Mirjam geval, en sy het dit geneem en huis toe gegaan. Mirjam het toe die skarlaken geneem en begin spin. Sy, wat verwagtend was met JaHWèshua, begin toe die dubbeldraad weef, wat identies was aan die DNS van ons Meester se liggaam. Sien sketse. Hoe verstommend, dat terwyl sy Sy liggaam, met dubbeldraad DNS, in haar baarmoeder weef, weef sy ook die nuwe voorhangsel met dubbeldraad linne! Hoe fyn en akkuraat is ons Vader se groot beplanning nie. Toe die moordbende Hom kruisig sowat 34 jaar later, toe skeur hierdie, met liefde geweefde voorhangsel van sy moeder van bo tot onder, soos wat hulle Sy liggaam geskeur het. Van bo geskeur, beteken dat dit van Bo toegelaat is, naamlik dat geen aardse priester dit kon gedoen het, as dit nie ons Vader se wil was nie. Lukas 24 44 En dit was omtrent die sesde uur, en daar het duisternis oor die hele Aarde gekom tot die negende uur toe; 45 en die son is verduister; en die voorhangsel van die Tempel het middeldeur geskeur. [Exodus 26:31; 46 En JaHWèshua het met ’n groot stem uitgeroep en gesê: VADER, in U Hande gee Ek My Gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit. En so skeur die rasegte Lam Sy eie liggaam se 100% suiwer DNS, sodat ons as die besoedelde skape, ook nou kan deurgaan deur hierdie voorhangsel heen, anders gestel, ons kry nou ook verheerlikte liggame, wat se DNS meer as 100% sal wees, want dit sal geestelik/vleeslik van aard wees. Verskillende sketse van die DNS toon die dubbelgeweefdheid baie duidelik. Ook die kleure blou en rooi kom voor.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205