|
DIE MELGISEDEK ORDE VERSKEIE SKRYWERS
Hoofstuk 17
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35. |
|
|
DIE HERSTEL VAN DIE HELE
SKEPPINGSMENS VANAF DIE AARDE 15 In die volgende gedeelte vervul ons Meester
die Romein met Sy Gees en hy verklaar die
herstel van die ganse heelal, as ledemate in
die Groot Skeppingsmens, oftewel die groterwordende
Melgisédek-orde, as volg in die Groot Johannes
Evangelie Boek 8 – Hoofstukke 60:
Die betekenis van ons aarde
60 Die Romein sê: “O Meester en Leraar, deur hierdie
tweede toeligting van U op hierdie vir My en seker ook
vir elke ander baie belangrike saak het ek ook in `n hele
son vol van die sterkste lig beland! Ons op hierdie
aarde, wat met U in `n baie hegte en innige verbinding
van liefde en wysheid lewe, is vir die algehele,
eindelose Groot Skeppingmens presies en - gesien die
feit dat U in ons onmiddellike nabyheid is - noodsaaklikerwys
dit wat in ons hart die bevestigende
lewenskamertjie is. Die ander hemelliggame met hulle
mense, die hulssfere met hulle sonne-alle en
sentraalsonne se verhouding tot ons is soos die orige
deel van ons liggaam en ons siel tot die lewenskamertjie
van ons hart.
[2] U is nou eenmaal hier by ons in U mees volkome en
intense goddelike persoonlikheid, en U beheer die hele
oneindigheid natuurlik ook vanuit geen ander plek, as
daar waar U geheel en al aanwesig is, en ons mense
van hierdie aarde en allermeeste nou hier op hierdie
plek is in ons groot liefde vir U, beslis ook U naaste
omgewing, en deur die aanneem van U leer, U
goddelike liefde en wysheid is ons tewens U mees
lewende, en deur U wil U magtigste en mees werksame
omgewing.
[3] Wanneer dit nou so en onmoontlik en ondenkbaar
anders is nie, hoe kan dit dan anders wees as dat, deur
U wil ook alle ontwikkeling vanuit ons (DIE TE
OPGERIGTE Melgisédek-Orde) na alle ontelbare
baie ander hemelliggame en die bewoners daarvan
moet oorvloei op `n wyse wat natuurlik aan ons
onbekend is, net soos ook die fundamentele lewe en
alle orige ontwikkeling in die hele mens oorvloei vanuit
die baie klein hartkamertjie, op `n wyse wat die
fundamentele lewe in die kamertjie seker ook nie
bekend is nie, voordat die volledige wedergeboorte
plaasgevind het!
[4] Dat dit hiermee beslis so gestel is, ly geen twyfel nie;
aan die “hoe” het ons egter voorlopig, as geestelik nog
onmondige kinders van U liefde en barmhartigheid, nie
soveel geleë nie. Want U, wat die groot “hoe” seker al
sedert ewigheid maar al te duidelik ken, is immers by
ons en sal ook, veral in die gees, by ons bly, nie net tot
aan die einde van die tyd nie, maar na my mening vir
ewig! As U nou ewig by en onder ons bly, dan kan die
onderlinge verhoudinge met betrekking tot bestaan en
ontwikkeling in die hele oneindigheid immers ook nooit
verander nie, omdat die verhouding wat daar nou
bestaan, dit wil sê die tussen U en ons, immers ook
nooit kan verander nie.
[5] Want die lewenskamertjie van die hart sal nooit in
byvoorbeeld die oë, ore, neus of die maag, die niere,
die milt of die hande en voete van die liggaam of
heeltemal in die uiteinde daarvan beland nie, alhoewel
elk van die liggaamsdele, groot of klein, ook `n eie
sentrale lewensorgaan sal hê, omdat dit andersins die
lewe vanuit die fundamentele lewe van die hartkamertjie
nie sou kan opneem en aanneem en vir sy spesifieke
doel effektief sou kan gebruik nie.
[6] Want die oog gebruik die lewe, wat vanuit die hart in
die mens binnestroom, seker baie anders as die oor, en
so doen elke deel van die mens dit anders, na gelang
sy eie doeleindes; maar uiteindelik is al die eindelose
vele dinge tog slegs één volkome geheel en
beantwoord dit volledig aan die oorspronklike funda96
mentele lewe in die hart en vind dit daarin homself terug
as in sy oorspronklike geboorteplek. En as dit homself
daar gevind het, dan is die “homself-vind” nou presies
dit wat U, o Meester, so treffend die wedergeboorte in
die gees noem.
[7] En nou skiet daar `n byna eindelose grootse gedagte
deur my heen, so helder en lig as wat die son daarbo
skyn! Behalwe die wedergeboorte van `n mens op
hierdie aarde, waarvan ons nou glashelder weet waaruit
dit bestaan en waarvan ons weet dat ons dit ook baie
verseker sal bereik, lig daar nog `n ander, eindelose
groot wedergeboorte in die gees op, naamlik die
van die algehele Groot Skeppingsmens!
[8] Uit myself sou ek sekerlik nie in die lewe self daarop
afgekom het nie, as U, o Meester, my nie `n aanwysing
daarvoor gegee het nie; maar dit het U My slegs so
groot as `n vonkie gegee, en kyk, dit het in my nou in `n
stralende son verander!
[9] Kyk, in U eindelose helderheid sê U dat by `n mens
wat volledig in die gees wedergebore is, sy fundamentele
lewe en al sy eindelose baie dele dermate
deurstroom, dat daar vervolgens in die hele mens één
oorspronklike fundamentele lewe ontstaan en die mens
dan ook in al sy dele kan dink, oordeel, gevolgtrekkings
trek en vir homself goed verstaanbaar kan spreek,
waardeur die hele mens dan net soos U tot `n lewende
woord word!
[10] Soos ook egter by `n mens, wat volledig in die gees
van sy fundamentele lewe leef en heeltemal daarvan
deurdring is, alles tot `n baie helder en lewende woord
word, so sal uiteindelik tog ook by die gehele Groot
Skeppingsmens dieselfde die geval moet wees. Deur U
sal hy in al sy so oneindig baie dele van ons deurdring
word en ons lewe en lig sal in die hele eindelose
omvang van die oer-skeppingsmens werksaam wees
en straal, en so sal die gehele Groot Skeppingsmens
met ons en U, o Meester, ook slegs één grootse en
lewende woord word.
[11] En so het ek nou die indruk dat ek nou ook al `n
bietjie van die groot “hoe” begryp; want volgens U
ewige orde kan dit maar net so en nie anders gaan nie,
dat uiteindelik ook die gehele Groot Skeppingsmens in
al sy dele deur ons mense van hierdie aarde, met ons
insig en ons ontwikkeling deurdring word, net soos wat
ons lewend word.
[12] En nou voeg ek nog iets daaraan toe, as `n soort
bewys van die waarheid uit U mond; want deur U
barmhartigheid het ek reeds vanaf my jeug `n
buitengewone skerp en sterk en tot nou toe onverwoesbare
geheue gehad en het dus ook elke woordjie wat U
gespreek het, baie goed onthou.
[13] Kyk, op die berg het U ons eens `n verhaal vertel
oor `n sekere verlore seun wat na sy vader terugkeer,
om ons die grootsheid van U goddelike en vaderlike
barmhartigheid baie goed duidelik te maak; maar
destyds het ek U woorde al baie anders beoordeel as
wat menige ander dit miskien gedoen het vanuit hulle,
weliswaar goeie, maar origens tog nog ietwat beperkte
gesigsveld en bevattingsvermoë; en dit het ek makliker
gedoen, omdat U ons Self veelseggende aanwysings
daarvoor gegee het.
[14] Op klein skaal blyk hierdie in `n sekere sin verlore
en daarna weer tot sy vader teruggekeerde seun my in
eerste instansie sekerlik die wedergeboorte van `n
mens van hierdie aarde aan te dui, waarvan ons nou al
bekend is wat dit is, maar op die grootste skaal
tegelyk ook die toekomstige totale wedergeboorte
van die algehele Groot Skeppingsmens. Want,
Meester, U woorde is geen menslike woorde nie, maar
dit is God se woorde; en dit het nie net betrekking op
ons nie, maar via ons ook op die gehele oneindigheid,
in die natuurlike, sowel as in geestelike opsig. Want die
hele skepping is immers sedert ewigheid ook U
gedagte, U woord en U wil.
[15] Meester en Leraar, het ek in my sterke, menslike
en heidense swakheid die onderrig wat U My gegee
het, wel min of meer waar opgeneem?”
Hierna bevestig ons Meester dat hy alle dinge so gespreek
het vanuit die Gees en dat dit volkome waar is. So sien ons
dan dat die uiteindelike grootte en omvang van die
Melgisédek-orde so immens groot is, dat die menslike
verstand, vasgevang in die materie, dit nooit volkome sal
kan begryp nie. Hoe oneindig groot en wonderbaarlik is ons
dierbare Vader nie! Hoe groot is die dinge wat Hy vir ons
voorberei het, en hoe halfhartig probeer ons om Sy groot
liefdesgebooie te hou, en hoe smekend pleit Hy nie by ons
om hierdie grootse geskenk aan ons as lakse mense, te
gee nie!
|
|
|
|
|