DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE OORGANG VAN DIE LEVITIESE NA DIE MELGISÉDEK-ORDE 8 Ons Meester het met die begin van Sy prediking `n nuwe orde tot stand gebring, wat eintlik nie `n nuwe orde was nie, maar `n ou orde wat aan Adam en die ander stamvaders bekend was. As u Huishouding van Elohim Boek 1-3 deur Jakob Lorber lees, sal u sien dat die Vader etlike kere die volk besoek het, gehul in die vorm van `n engel, en die mense onderrig in die leer van die liefde. Selfs in Adam se tyd het die liefde verkil, en Adam was erg tereggewys oor die hardheid waarmee hy oor sy seuns regeer het. Hy het dit weliswaar in geregtigheid probeer doen, maar Vader het hom ernstig vermaan daaroor. Na die vloed was Vader JaHWeH op aarde aanwesig, in die liggaam van Melgisédek. Die aartsvaders kon Hom ter enige tyd besoek het vir instruksies en leiding. Lateraan het niemand meer na Salem opgetrek nie, ook nie meer hulle tiendes vir hom gegee nie, en Hy sê Self dat Hy toe die kasteel in Salem verlaat het. JaHwèshua onderrig Sy volgelinge as volg oor hierdie tydperk in die Groot Johannes Evangelie Boek 10 Hoofstuk 60 [3] Ek sê: “Wat die tyd van die koning van Salem aanbetref: Hy was daar al ewig vóór enige skepsel en derhalwe ook vroeër as Noag. Wat egter die aardse tyd betref, waarin Hyself in die gestalte en persoonlikheid van `n engel uit die hemele die mense oor Homself en oor hulle bestemming onderrig het: Hy was daar al van tyd tot tyd tydens die lewe van Noag en het met hulle gespreek, maar `n werklike koning- en priesterskap was eers ingestel `n paar honderd jaar nadat Noag die ark verlaat het, en die tyd het Noag en sy drie seuns nog self meegemaak. In die tyd was die aarde alweer digbevolk, en die baie stamvaders van klein volke voer die titel koning, en bring elke jaar hulle offers na Salem en was deur die Koning onderrig. [4] Toe die volke hulle egter meer oor die wye aarde versprei het, vergeet hulle die Koning der konings en begin hulle van Hom af te skei; ook hulle wat naby Hom gewoon het, het nie meer na Salem getrek nie. Toe verlaat die Koning ook die kasteel en besoek hom nog maar selde. Enkele patriarge het aan Hom trou gebly, soos byvoorbeeld Abraham, Isak en Jakob, en later alle groot en klein profete en nou in vlees en bloed ook julle. Eers deur Moses, na sowat 420 jaar se ballingskap in Egipte, het JaHWeH weer Sy volk genader deur die Levitiese orde wat opgerig is onder leiding van Moses en Aäron. Hierdie orde was eintlik `n “straforde”, waar die vrye wil van die mens grootliks ingeperk was. As jy die wet oortree het, is jy gestraf. Baie mense het dus die wet onder dwang en vrees gehou en nie omdat hulle vir JaHWeH lief was nie. Hierdie orde kon dus nie vir ewig bestaan nie, want dwang kan jou nooit by die koninkryk uitbring nie. Dit word beter omskryf in Groot Johannes Evangelie Boek 1 Hoofstuk 4 [6] Maar omdat hy (die mens) geweier het om homself te onderwerp aan hierdie toegeeflike “jy sal”, was hy `n meer streng en magtige strafgerigte wet gegee, en die strafbepaling is onmiddellik in werking gestel wanneer hierdie tweede “sal” verontagsaam is (sien die vloed en ander kataklismes). [7] Na hierdie tugtiging het die Wese van God neergedaal na die aarde in Melgisèdek en het die mens gelei, maar hulle het gou weereens begin om te veg en moes gebind word deur nuwe Wette en moes tot orde geroep word, sodat hulle gelaat is met slegs `n tipe van meganiese beweging wat al hulle geneigdheid beperk het. [8] Deur die wet is daar dus `n wye afgrond geskep en geen gees of wese was in die vermoë om daaroor te spring nie. Dit het die verwagting en die innerlike bewuswording van die ewige bestaan van die innerlike veroorsaak, dus aansienlik beperk, en die lewe ernstig bevraagteken. Die vraag is nou: Hoekom het Vader dan nou so `n, op die oog af, “nuttelose” orde ingestel met allerhande slagterye en offers? Die antwoord lê in die toestand van die volk op daardie tydstip. Hulle was so deurtrek met afgodery en gemengde bloed (Exodus 12:38) dat geen liefdes-orde hulle sou kon verander nie. Hulle moes vir 40 jaar hard swaarkry, totdat die bose geslag wat uitgetrek het uit Egipte, uitgesterf het, en `n nuwe geslag, wat streng binne die wet opgevoed is, kon nou deurtrek na die nuwe Kanaän toe. Net twee man het uit Egipte deurgetrek na Kanaän, naamlik Joshua en Kaleb, die enigste twee wat JaHWeH werklik liefgehad het en nie terugverlang het na die vleispotte (afgodery) van Egipte nie. So het hierdie orde dus bly voortbestaan tot by Samuel as laaste Rigter, en daarna is die volk deur konings regeer, omdat die volk soos die nasies rondom hulle wou wees. So het hulle ook `n eerste leier gekry, in die vorm van koning Saul, wat hul innerlike weerspieël het, naamlik hoogmoedig en arrogant. Die geskiedenis van Israel is deurtrek van goddelose konings, wat vanuit die prag-en-praal tempel van Salomo regeer het. Later is alles vernietig, maar na die Babiloniese ballingskap is die tempel weer herbou, waarin die Herodes-dinastie in samewerking met die Annas/Kajafas priesterorde regeer het ten tye van ons Messias se geboorte, tot by sy kruisiging. Hierdie nes van moordenaars was aartsbooswigte wat enigiets sou doen, net om aan bewind te bly. Moord van jong seuntjies is gepleeg, net om die geprofeteerde Koning/Messias wat sou kom, uit te roei. Ook is die laaste ware tempel-hoëpriester, Sagaria vermoor in die tempel deur Annas, die skoonvader van Kajafas. Uit hierdie kort beknopte beskrywing van die konings- en priesterorde van Juda, kan u duidelik sien dat daar werklik géén kans vir die volk was om `n geestelike vlak te bereik, wat hulle in staat sou stel om gered te word nie. Lering was karig, die Talmoed en die Kaballa, geskrifte vanuit die put van die hel, was saam met die wet en die profete gelees in die tempel. U kan gerus die hele Matthéüs 13 lees oor JaHwèshua se aanklagte teen hierdie priesterorde van satan. Ook die boek, Die drie dae in die Tempel deur Jakob Lorber openbaar die valsheid van hierdie fariseërs. In die boek Hebreërs van Paulus vind ons genoegsame inligting rakende die oorgang van die ou Levitiese- na die nuwe Melgisédek orde. Hierdie kennis behoort elke skrifstudent sy eie te maak. Die belangrikste was dat ons Verlosser, JaHWéshua, in die hemelse sfere self deurgegaan het en vir ons plek berei het in die hemel. Hierdie orde, wat Hy met Sy opstanding uit die dood opgerig het, sou `n ewige regeringsorde wees, `n orde van priesters wat eerstelinge genoem sou word. Hebreërs 7:15 En nog baie duideliker is dit as daar ’n ander priester opstaan na die ewebeeld van Melgisédek, 16 een wat dit geword het nie kragtens die Wet van ’n vleeslike Gebod nie, maar uit die Krag van die onvernietigbare lewe. 17 Want HY getuig: U is Priester vir ewig volgens die Orde van Melgisédek. 21 maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het: JaHWeH het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is Priester vir ewig volgens die Orde van Melgisédek. [Psalm 110:4] 22 in sover het JaHWèshua van ’n beter Verbond Borg geword. [Psalm 119:122] 23 En hulle het wel priesters geword in ’n groot aantal, omdat hulle deur die Dood verhinder is om aan te bly; 24 maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ’n Priesterskap wat nie op ander oorgaan nie. 25 Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot Elohim gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. 26 Want so ’n Hoëpriester was vir Ons gepas, een wat gewy, onskuldig, raseg, apart gestel van die oortreders is, en wat hoër as die Hemele geword het; Hebreërs 8:6 Maar nou het Hy ’n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ’n beter Verbond wat op beter beloftes Wetlik gegrond is. 7 Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ’n tweede gesoek word nie. 8 Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek JaHWeH, dat Ek met die huis van JisraEl en die huis van JeHûWdah ’n Nuwe Verbond sal sluit, [JirmeJaH 31:31] 10 Maar Sy is die Verbond wat Ek ná dié dae met die huis van JisraEl sal sluit, spreek JaHWeH: Ek gee My Wet in hulle binneste en skrywe Haar op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n Elohim wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. [JeshaJaH 8:16; JirmeJaH 31:33] 11 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken JaHWeH; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek JaHWeH, [JirmeJaH 31:34] 12 want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek JaHWeH; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle oortredinge nie meer dink nie. [JirmeJaH 31:34] Hebreërs 9:15 En daarom is Hy Middelaar van ’n Nuwe Verbond, sodat, terwyl daar ’n bloeiing plaasgevind het vir die Verlossing van die oortredinge onder die eerste Verbond, die wat geroepe is, die Belofte van die Ewige Erfenis kan ontvang. Hy, JaHWèshua, ons Melgisédek ewebeeld, het vanuit die krag van die onvernietigbare Liefde, `n ewige priesterskap vir Homself, maar ook vir ons verkry, genoem die Melgisédek-priesterorde, daardeur borg geword van `n beter Verbond, waardeur diegene onder die verbond, volkome deur Hom gered kan word, maar hierdie Verbond, wat beter as die ou Verbond is, is nog wetlik gegrond, bedoelende dat die oorspronklike partye nog dieselfde is, naamlik die huis van JisraEl (verlore 10 stamme) en die huis van Judah (die tweestammeryk) en daarom sal slegs die wat geroep is uit hierdie 12 stamme van Israel kan aanspraak maak op JaHWèshua as middelaar van hierdie nuwe Verbond, waardeur Hy Sy wette, die gebooie van die liefde, op ons harte sal skryf, en al ons oortredinge sal vergewe, sodat ons deur Sy Gees direk in ons innerlike (harte) geleer sal word, wat niks anders is as die belofte van die volkome wedergeboorte nie. Dit is ook niks anders as die belofte van die Melgisèdek-orde nie. Let asseblief daarop dat die boek Hebreërs slegs vir die totstandkoming van die Melgisédek orde geskryf is en net vir die kontrakterende partye alleen, naamlik JaHWèshua as Middelaar en testateur, en ons as Israel as die erfgename. As ons die volgende slotgedeeltes van die boek Hebreërs 12 lees, sien ons die vestiging van die nuwe Melgisédekorde (by die berg Sion) in plek van die ou Levitiese orde (by die berg Sinai) duidelik. Dit seleksie van kinders om in hierdie orde te dien gaan egter gepaard met strenge keuring en tugtiging, om die voornemende kandidaat te suiwer in sy hart van alle aardse gemors. Hebreërs 12:6-28 6 want JaHWeH tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem. [Spreuke 3:11, 12] 7 As julle die Tugtiging verdra, behandel Elohim julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? 11 Nou lyk elke Tugtiging of Sy op die oomblik nie ’n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer Sy egter ’n vredevolle Vrug van Geregtigheid vir die wat deur Haar geoefen is. [Spreuke 4:13] 14 Jaag die Vrede na met al die adamiete en beoefen Apartheid, waarsonder niemand die Meester sal sien nie; Hierbo sien ons dat die seuns van die Melgisédek-orde eers getugtig sal word, dit wil sê, deur `n louteringsvuur of smeltkroes sal gaan, maar uiteindelik word hulle die Vrugte (konings) van tsedek (Geregtigheid), waar hulle Salem (Vrede) beoefen sowel as Apartheid. Dit is alle voorafgaande eienskappe van die beloftes wat vervat is in die twee verbonde, naamlik die Vredeverbond en die Soutverbond. Let daarop dat die woord “seuns” eintlik benelohim in Hebreeus is en dit verwys na geestelik voltooide wesens, wat mans en vrouens insluit. 18 Want julle het nie gekom by ’n tasbare berg nie en ’n brandende vuur en donkerheid en duisternis en storm Hierdie vers het betrekking op die ou Levitiese Verbond, waar die brandende vuur, donkerheid, duisternis en storm die ou wetsverbond met sy straf en duisternis voorstel. Daarteenoor staan die Nuwe Verbond in die Melgisédek kandidate se harte, wat as volg lyk: 22 Maar julle het gekom by die Berg van Sion en die Stad van die lewende Elohim, die Hemelse Jerusalem en tienduisende Boodskappers, [Openbaring 14:1-3] 23 by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die Hemele opgeskrywe is, en by Elohim, die Regter van almal, en by die geeste van die regverdiges wat vervolmaak is, [Ode van Salomo 33:11] 24 en by JaHWèshua, die Middelaar van die Nuwe Verbond, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel. Hierdie Berg van Sion is simbolies vir die hoogste geestelike vlak wat iemand op aarde kan bereik, terwyl hy of sy in die vlees is. Kontak tussen die aardse mens en die tienduisende boodskappers, asook die geeste van die vervolmaakte regverdiges van die hemelse sfere word bewerkstellig. Dit stel ook die volkome wedergeboorte van die mens voor, terwyl hy nog in die vlees is. Die hemelse stad, die Nuwe Jerusalem, stel die nuwe leer voor wat na ons sal neerdaal uit die hemel. Dit is ook die boeke wat geopen word van Openbaring 5, wat deur JaHWèshua Self oopgemaak word, wat die kinders in staat stel om die nuwe lied te sing (meer hieroor later). Hierdie vergadering word genoem die vergadering van eersgeborenes, wie se name in die hemel opgeskrywe is. Dit is dieselfde vergadering op die berg Sion van Openbaring 14 (meer hieroor later). 25 Pas op dat julle Hom wat spreek, nie afwys nie; want as húlle nie ontvlug het nie wat Hom afgewys het toe Hy op Aarde ’n waarskuwing gegee het, veel minder Ons wat Ons van Hom afkeer nou dat Hy uit die Hemele spreek. `n Duidelike waarskuwing om te let op die leer van JaHWèshua ALLEEN!!! Net Sy Woord sal ons kan inlei in die nuwe orde in die hart, die Melgisédek-orde. 26 Toe het Sy Stem die Aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die Aarde nie, maar ook die Hemele bewe. 27 En hierdie Woord: nog een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly. 28 Daarom, omdat Ons ’n onwankelbare Koninkryk ontvang, laat Ons dankbaar wees, en so Elohim welbehaaglik dien met eerbied en vrees. Die wankelbare Levitiese orde is nou vir ewig verby, vervang deur `n onwankelbare Melgisédek-orde, met JaHWèshua as hoof, en die volk as seuns (ben-elohim) as uitverkore eerstelinge, ook genoem, eersgeborenes, wat daarop dui dat hulle die eerstes is wat wedergebore is. Ek herhaal dat hierdie seuns sal dogters, oftewel vrouens ook insluit. Hierdie benaming, ben-elohim of seun, het te doen met die uiteindelike vereniging van man en vrou in een entiteit, die ben-elohim, soortgelyk aan die oorspronklike adam, wat geskape was na die beeld van Elohim, “man en vrou het Hy hulle geskape” (Genesis 1:27).

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205