DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

LUCIFER SLAAN TOE OP DIE NUWE HUIS Gedurende hierdie tyd was die Dogter van Sion fluks besig om die profesieë van Jakob Lorber te vertaal, en hierdie geestelike voedsel was vir ons soos manna uit die hemel. Op `n dag ontvang ek `n profesie van `n Amerikaanse vrou oor die Boerevolk in Suid-Afrika en was onmiddellik vasge142 vang. Ek het op haar webwerf ingegaan en haar geskrifte/ profesieë begin lees. Ek was verstom oor die magdom inligting wat ons “Vader” aan haar deurgegee het. Hierdie “profeet” se naam was Linda Newkirk. Ek het haar persoonlik gekontak en was aangenaam verras oor die innemende, sagte en liefdevolle persoonlikheid van hierdie vrou. Hierdie vrou het werklik net liefde oor die telefoon uitgestraal. Wanneer sy telefonies gebid het vir hierdie volk, het die elektriese rillings teen jou ruggraat af- en opgegaan. Haar boodskappe was kragtig en ek moet erken, ek was “hooked”, soos die Engelsman sê. Vir `n volle jaar het ons telefoniese kontak gehad, soms een uur op `n slag. Dogter van Sion het gestaak om die boeke van Lorber te vertaal, en Newkirk se profesieë is onmiddellik vanuit Engels na Afrikaans vertaal. Honderde boeke is gedruk en versprei onder die volk. Die profesieë is letterlik opgeëet deur soekende mense. Daar het persoonlike boodskappe gekom vir myself, vir die Dogtrer van Sion gemeente, vir die Boerevolk. Dreigende boodskappe vanaf “Vader” is vir Mandela en Mbeki gegee, en sommige is persoonlik afgelewer. Dit was `n besonder besige tyd vir die Dogter van Sion, maar reeds het die grootste euwel van die mensdom begin deurskemer, naamlik hoogmoed. Ons het gedink ons is die onmisbare skakel in ons Vader se plan, ons het baie belangrik geword en die persoonlike boodskappe aan ons het dit verder aangehelp. Die aanslag van Lucifer was baie subtiel, maar dodelik effektief. Gedurende hierdie jaar, 2003/2004, was talle groepe binne die volk besig met oproepe tot verootmoediging en gebed. So het ons as Dogter van Sion ook uitgereik en `n verootmoedigingsdiens beplan vir die 27ste April 2004, op die swartes se Vryheidsdag. Uitnodigings is landwyd uitgestuur na alle regse geloofsgroeperinge, maar weinig het belang gestel. Dogter van Sion was al teen die tyd melaats by ons mede-geloofsgenote, oor die dinge wat by Bloedrivier gebeur het, maar ook oor die stroom van nuwe openbaringe wat die land ingegaan het. Alhoewel ons die dag sowat 300 boere bymekaar kon kry vir die verootmoediging, was daar, buiten ons, slegs 2 Israelgroepe wat as groepe verteenwoordig was. Ook op hierdie dag is daar `n spontane Gelofte opgestel en geteken, waar ons beloof het om voortaan in broederliefde met mekaar om te gaan. Die dag was gekenmerk deur `n sterk en tasbare geestelike teenwoordigheid van engele. Judith de Beer, `n Boeredogter van Sion, het `n pragtige visioen-ervaring gehad onder gebed, waar sy gesien het hoedat Vader geestelike gawes neerstort op hierdie groepie. Min het ons geweet dat dit beloof was vir die toekoms, en dat sy, Judith, self die eerste een was wat hierdie uitstorting sou beleef in Junie 2007. Die verrigtinge is weereens afgesluit met nog `n klipstapeling onder dieselfde eikeboom op die terrein van die Dogter van Sion. Tydens hierdie geleentheid, waar ons die klipstapel met die silwer Boek van Herinnering bo-op met olyfolie gesalf het, het `n wonderbaarlik ding tydens gebed gebeur. Die silwer buiteblad van die Boek van Herinnering was ongeveer `n half-sentimeter dik met olie gegooi, so ook die klipstapel. `n Hele 750ml bottel is gebruik. Toe ek die gebed beëindig, my oë oopmaak, merk ek dadelik op dat die olie op die Boek verdwyn het. Ek sê vir Callie Herbst, my broer; waar is die olie? Dit was weg. `n Jong seun van 18 jaar staan toe nader en vertel die volgende: Hy sê dat toe ons gebid het, open Vader sy geestelike oë en hy sien die volgende: Regs langs die hoop klippe wat so pas gepak was, het ons Meester, JaHshua gestaan. In Sy regterhand het Hy `n silwer swaard vasgehou, en met sy linkerhand se mou, het Hy die olie van die voorblad van die silwer Boek van Herinnering afgevee! Daardie hoendervleis en rillings wat by elkeen se rug afgegaan het, sal ek nooit vergeet nie. Ons het GEWEET dis waar, want die oomblik was so gewyd en groot. Hiermee het ons geweet dat hierdie Gelofte Sy guns weggedra het en ons was verheug daaroor. Gedurende Augustus 2004 kry ek `n benoude oproep vanaf `n Amerikaanse lughawe af. Linda Newkirk is besig om te vlug. Sy beweer die CIA jag haar en wil haar doodmaak. Kan sy Suid-Afrika toe kom, want sy het nêrens op aarde waarheen sy kan gaan nie. Nou ja, ons het toe sowat `n jaar gelede `n skriftelike Gelofte aan ons Vader gemaak dat ons ons huis sal beskikbaar stel vir Sy kinders. Ek het geen keuse gehad nie, ons het dadelik geld ingesamel en haar kaartjie betaal. Op 13 Augustus kom sy toe hier in Suid- Afrika aan, en dit word toe die stormagtigste 50 dae van my en Dogter van Sion se lewe. Alles en almal berei voor op haar koms, die rooi tapyt word letterlik vir haar oopgesprei. Honderde mense besoek die Dogter van Sion gedurende hierdie tyd. Sy sien daagliks tot 7 groepe waarvoor gebid word. Ek is getuie van wonderbaarlike bekerings, demone wat uitgedryf was, mense wat genees was en vele ander wonderlike dinge. Maar, helaas, tussen al die wonderwerke, kom die dodelike gif van Satan ook toe deur en weereens is dit die hoogmoed wat sy tol kom eis. As Ms Newkirk iets wou hê, en dit word nie vinnig genoeg na haar sin gegee nie, kom daar kort daarna `n hemelse boodskap en dit in die vorm van; “So spreek JaHWeH”, .... en dan doen ons dit, sonder om vrae te vra. So het sy dan ook alle teenstand weggevee, so het sy `n Trust laat opstel waarin sy die hoofaandeelhouer sou wees, want sê sy, in God se orde is die profete heel bo, dan die apostels, dan die herders en evangeliste. So het sy byna die hele plaas begin beheer, en as iets drasties nie gebeur het nie, sou sy dit ook nog onder ons uitgehad het. Maar prys ons wonderlike Vader, Hy was nog steeds in beheer, en het net verlang dat ons liefde onder mekaar moes gehad het, want dit was met hierdie onderlinge liefde, wat hierdie valse insypelaar verslaan is. Die dodelikste ding wat sy gedoen het, was om aan mense titels en range te gee, en gemaak het of dit JaHWeH Self Die Broederskap alliansie Verbond wat geteken is op 27 April 2004 deur verskeie groepe Israeliete in Suid-Afrika. Nie almal het geteken nie, en sommige het namens hulle gesin of groep geteken. was wat dit gedoen het. Hierdie vrou was ongelooflik begaaf met `n intellek wat vir niks geskrik het nie. Later sou ek uitvind dat sy een van slegs drie mense in Amerika was, wat die hoogste onderskeidings ooit in sielkunde behaal het. Sy het die vermoë gehad om verskillende gesprekke gelyk te monitor, en uit haar waarnemings het sy mense as apostels, herders, evangeliste en profete geïdentifiseer. Die titels was dan later onder gebed, waar sy voorgegee het dat sy die Vader self raadpleeg, deurgegee aan die mense. Die mense, en daar was sowat 300 van hulle, was so aangedaan en geraak deur hierdie vrou, dat ons werklik geglo het in ons roepings. Vandag weet ek, dat ons almal, deur hierdie boeke van haar te gelees het, onsself deur haar gees vervul het, en dat hierdie selfde gees ons bedwelm het. Hier was dit die klassieke geval van gees-oordraging, net soos wat mens dit in valse kerke vind, waar elkeen in die kerk met dieselfde gees beset raak. Die gevolg was dat ryker mense wat geld gehad het, ook die beste titels weggeraap het. As jy haar gunsteling was, het jy profeet of apostel geword. As jy in haar slegte boekies was, word jy stoorman op die plaas of jy moet met die diere werk! So het daar toe onder mekaar `n rangorde ontstaan. Apostels het hulle beter geag as ander, profete het feitlik mag van lewe en dood gehad, want een van die profete het sulke lang drome gehad, dat een nagskof te kort was vir alles wat hy opgedroom het. Manipulasie en beheer was aan die orde van die dag. Mense wat nie hulle titels en poste kon verwerk nie, het afgunstig en hoogmoedig op hul medebroers en -susters geword. Ek het nou hierdie fase van die geskiedenis van die Dogter van Sion redelik in detail geskets, want elkeen van ons moet gedurig op ons hoede wees teen dieselfde soort van magsbeheer oor ons lewens. Die ironie is dat die meeste mense wat vandag nog so lekker lag oor die petalje van die Dogter van Sion en hierdie verleidster, sit self nog net so diep in hul eie verleiding vas. Vandag is daar vele vingerwysendes, wat almal self teenwoordig was, wat gerieflik vergeet hoe lekker dit was om die groot apostel of profeet van Linda Newkirk te wees. Wat wel gebeur het met die opregte mense op die plaas, was dat ons mekaar baie beter leer ken het, en naasteliefde het werklik gedy onder mekaar. Mense was baie behulpsaam en ondersteunend. Op `n dag besluit `n groep om vir Judith de Beer in Ottoshoop te gaan kuier, en hulle neem vir Ms Newkirk saam. Hulle was sowat 20 wat van Dogter van Sion gereis het met `n Unimog. Hier bars die bom toe letterlik. Judith sien toe deur hierdie vrou se manipulasie en die gort was behoorlik gaar. Gerrit Venter, eienaar van die Unimog, en Ms Newkirk bots toe trompop en met die eersvolgende vergadering op die plaas trek Ms Newkirk in `n vreeslike tirade teen my en Dogter van Sion los. Sy bid en skreeu dat die spoeg spat. Dis asof sy letterlik mal geword het. Toe is al die mooi woordjies en die kamma-liefde verby. Sy was teengegaan, ek het hulle kant gekies en dit was onvergeefbaar. God se “alleen-bruid” duld dit toe nie. Hier manifesteer sy toe as dit wat sy altyd was, naamlik `n gemaskerde Jesébel-gees. Die mooi kleed van `n engel van die lig val toe af en onder dit kom die vieslike kleed van boosheid toe te voorskyn, die kleed van onvergewensgesindheid, hoogmoed, heerssug en onbeheerste woede. Satana (satan se vroulike gees) staan toe in haar volle glorie voor ons, en spoeg soos `n groen mamba. Van hier af is sy toe vort na Springs, en die skille begin toe van ons oë afval. Een vir een kom ons almal uit ons beswyming uit. Mense, dit was erg, en ek kan nou nog presies voel hoe erg dit was, die verslaentheid, die leegheid en die vernedering wat `n mens gevoel het oor hierdie groot verleentheid waarin jy jou volk laat beland het. Veral ek was verpletter. Ons, die uitverkose Dogter van Sion, met God se uitverkose bruid was dan op pad om die koninkryk op te rig! Nou sien ons dat dit alles `n versinsel en misleiding van Lucifer was. Vandag weet ek dat net die liefde onder mekaar ons gered het, en dat dit die alleenlike faktor was waarmee ons Liewe Vader ons oë oopgemaak het. Die liefdesband onder mekaar kon sy nie gebreek kry nie. Soos een man het ons saamgestaan, die oorblywende boeke verbrand en elke teken van haar bestaan by ons uitgewis. Baie skade was gedoen, en nie `n bietjie aan die menslike ego`s nie. Ons by die Dogter van Sion sou weer van voor af moes begin. Vandag dank ek ons Abba Vader vir hierdie toets waardeur ons moes gaan. Dit het baie van ons verdeemoedig. Ook weet ek vandag dat Lucifer nie verniet een van sy bestes gaan haal het in Arkansas in Amerika om haar na hierdie klein plasie in Suid-Afrika te laat kom nie. Vanaf hierdie einste plek sou nog meer wonderwerke plaasvind met betrekking tot die toekomstige planne van ons Hemelse Vader vir Sy Sionsvolk. Dadelik het ons met hernieude ywer voortgegaan met die vertalings van die Groot Johannes Evangelie van Jakob Lorber, wat ons toe al byna vir een jaar nagelaat het. Hierdie boeke van ons Meester JaHshua was waarlik ons redding gewees, want dit was daarmee wat ons kon staande bly teen Lucifer se gesant. Hiermee het die 16de Desember 2004 ook nou aangebreek en ons het ons gereedgemaak vir die Geloftevieringe op Kameeldrif.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205