|
DIE MELGISEDEK ORDE VERSKEIE SKRYWERS
Hoofstuk 23
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35. |
|
|
INTREDE VIR DIE VOLK VANAF DIE LAER
TE BLOEDRIVIER
Die laaste keer waar ons die Gelofte sou gedenk op hierdie
terrein, naamlik 9 tot 16 Desember 2001, was gekenmerk
deur groot omstredenheid. Ons het weereens opdrag gekry
om die leuens en bedrog wat met die 1838 Gelofte gepleeg
was, te bind in die geestelike sfeer. Weereens is ons
opdrag gegee om die prosedure van Jerigo in Josua 6 te
herhaal. Vir 7 dae het ons elke dag, dou voor dag, rondom
die walaer gemarsjeer, met 7 ramshoringblasers voor, die
silwer “verbondsark” (Boek van Herinnering) in die middel
en die volk heelagter. Die laaste dag moes ons al 2h00 die
oggend begin het, aangesien ons 7 keer om die laer moes
loop op die sewende dag van ons opdrag, om klaar te wees
voordat die Bloedrivierstigting hulle gelofte wou hou om
6h00 die oggend op 16 Desember.
Hierdie hele saak het groot woede en konsternasie
veroorsaak by die lede van die Bloedrivierstigting. Hulle was
behoorlik boos. Alles is geprobeer om ons te stuit, maar ons
Vader JaHWeH was in beheer en daar is deurgedruk tot
aan die einde. Daardie sewende dag was toe die oggend
van 16 Desember 2001, en ons het reeds vooraf daardie
nag, 64 Vierkleurvlae met die Naam JaHWeH daarop, aan
elke kapstok vasgemaak. In die vroeë oggendbriesie het
hierdie verering van die Almagtige `n geweldige indruk op
ons gemaak. Ons was so 5h30 klaar met ons gelofte
aflegging. Nog steeds in die laer, het `n digte kolom mis
aangekom, vanaf die bergkant aan die weste. In stille
verwondering het ons onsself in hierdie mis laat opneem,
gedagtig aan dit wat so lank gelede met ons voorouers op
hierdie einste plek gebeur het. Die vrees, die afwagting, die
intense nabyheid van ons Vader was emosies wat elkeen
beleef het .....
Skielik verdwyn die mis, en uit die mis kom `n gedreun van
talle 4x4 bakkies, mense wat deel gevorm het van die
Bloedrivierstigting en die 4x4 klub van Radio Pretoria. Hulle
was op pad om hulle Gelofte om 6h00 af te lê. Hulle sien
die vlae wat op die waens wapper en raak ineens vervul
met woede. Dit was asof `n besetenheid hulle oorval het en
hulle ruk die vlae met geweld af en sleep die vlae op `n
hoop, net buite die ingang waar die Grietjie-kanon staan.
Toe die vlae op `n hoop lê, spring sommige in hul 4x4
voertuie en jaag heen en weer oor die vlae en so word die
Boerevlag met die Allerhoogste se Heilige Naam deur die
volk self in die rooi modder ingetrap! Wat `n ontsettende
vernedering! Sien die embleem van die Dogter van Sion
hieronder.
Hierdeur het gemoedere hoog geloop, en `n direkte
konfrontasie met die Stigting se bestuur het gevolg. Hulle
wou ons uitsmyt, maar ons het vasgestaan, meer nog, die
Dogter van Sion het `n besluit geneem om vanaf daardie
dag op die Bloedrivierterrein te vertoef, en te bid en in te
tree vir ons Boerevolk wat vasgevang was in die leuens van
hulle kerk-, politiek- en kultuurleiers. So het daar toe tweeweekliks
groepe mense afgegaan na die terrein en twee
dienste is elke dag waargeneem. Een diens voor sewe
soggens, voordat toeriste ingekom het, en een saans, nadat
alle toeriste weg was. Ons het `n kampplek op terrein gehad
en dit sorgvuldig betaal. Daar was geen moeilikheid nie,
geen wette of regulasies is verbreek nie.
Op `n mooi oggend in Mei 2002, presies 100 dae nadat ons
op die terrein gekamp het, word ons gekonfronteer deur die
plaaslike balju, met `n hooggeregshof bevel, om ons summier,
sonder verweer, van die terrein af te sit. Die Bloedrivierstigting
het hierdie bevel op `n bedrieglike wyse bekom,
deur die Hooggeregshof voor te lieg dat die Dogter
van Sion in openbare belang en om veiligheidsredes wat in
landsbelang was, van die terrein verwyder moes word. Ons
het geen kans tot verweer gehad nie, en moes noodgedwonge
die terrein verlaat.
Hulle het verder `n beslagleggingsbevel gehad op roerende
eiendom op die terrein, wat ingesluit het verskeie voertuie,
karavane en `n bus. Ook is ek en twee ander lede lewenslank
van die terrein geskors. `n Kopie van uittreksels van
hierdie bevel is ingesluit in hierdie dokument. Die redes in
die hofbevel wat uitgestaan het, is die geweldige negatiwiteit
jeens die Boek van Herinnering, die Apartheidsbybel
soos hulle hom genoem het, en ook die Hebreeuse Naam
JaHWeH van ons Vader wat op die Vierkleurvlag aangebring
was, wat geweldig aanstoot gegee het. Die besluit
deur die Bloedrivierstigting om ons van die terrein te
verwyder, is eenparig geneem en onder die voorsitterskap
van Genl. Gert Opperman en ander prominente Afrikaners,
waaronder Betsie Verwoerd, oorlye vrou van die Orania
stigter Carl Boshoff, is voortgegaan met die afsetting.
Hier moet dit ook genoem word, dat daar vele leuens
verkondig was gedurende die naloop van hierdie episode,
want alles rondom die uitsetting was uitgesaai op nasionale
TV. Daar is beweer dat ek, namens Dogter van Sion, sou
gesê het dat indien hulle ons sou afsit, ons die afsetting met
geweld sou teenstaan; dat ek sou gesê het dat die bloed sal
loop as ons afgesit sou word. Dit is `n infame leuen, en
enigiemand met gesonde verstand sou nooit so `n belaglike
en uittartende stelling gemaak het nie, want dit sou op
selfmoord neergekom het. Wat wel voorheen deur my gesê
was, en dit is op rekord, dat by `n vorige geleentheid, toe
berig was dat Steve Hofmeyer en Koos Kombuis `n konsert
op die terrein sou aanbied, wat later as leuens bewys was,
was dat ek gesê het die bloed sal loop as hulle dit sou
waag, bedoelende dat die Boerevolk soos een man teen so
`n beoogde ontheiliging van hul terrein sou optree.
Van die volk se kant af het ons het nie een sent ontvang om
die hofbevel teen te staan nie, so min was die volk gepla
oor ons afsetting en ons drie se lewenslange verbanning
van die terrein.
Hoe dit ookal sy, ons is van die Bloedrivier terrein na
Pretoria, voorheen genoem Philadelphia, waar ons onderneem
het om ons biddienste, waar ons intree by ons
Skepper vir ons volk, elke dag sou voortsit en daarna is oggenddienste
om 6h30 te Kameeldrif 225 gehou waar elkeen
innig gebid het vir sy volk. Dit is nou 5 jaar later en waar ons
begin het met `n enkele paar mense, is ons nou sowat 60
wat elke oggend bymekaar kom om te bid vir ons volk.
Hierdie dienste is ononderbroke voortgesit vanaf Mei 2002
tot vandag (September 2007) toe.
|
|
|
|
|