DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

VISIOEN TE KAAP AGULHAS OP 16 DESEMBER 2002 Op hierdie dag, terwyl die Dogter van Sion hul eerste gelofte in 4 jaar, nie by die Bloedrivier terrein hou nie, maar tuis te Kameeldrif-Wes buite Pretoria, sien `n onbekende vrou op 16/12/2002 `n duidelike visioen oor die oseaan van Kaap Agulhas. Dit behels `n syfer 6720, `n uurglas en `n groot letter M in die lug. Ook kry sy `n boodskap om die visioen aan ons deur te gee. Die volle verhaal kan in die boekie “Die einde kom”, gelees word wat by Dogter van Die visioen van Alletta Barkhuizen Sion beskikbaar is. Noudat bykans 5 jaar verloop het, en `n mens bekyk die afgelope jare se gebeure in retrospek, kan mens die groot en liefdevolle hand van ons Vader sien in die wel en weë van die Dogter van Sion. Bogenoemde visioen, deur Aletta Barkhuizen, wat beteken Aletta=Waarheid, bark=boot en huizen=huis was `n boodskap oor die bou van die toekomende geestelike Sionshuis, oftewel die geestelike ark waarin die volk nog sal moet ingaan. Die daaropvolgende gebeure wat in 2002 plaasgevind het, was die eerste stene in hierdie huis van Sion, waar die fondament reeds in 1998 `n aanvang geneem het, met die daarstelling van die Boek van Herinnering. Die syfer 6720 as ure geneem, is 280 dae, die volle looptyd van `n vrou. Vanaf 16 Desember 2002 het dit ons gebring na 22 September 2003 en daarom het ons hierdie dag uitgesonder vir `n spesiale dag, waarop `n gelofte aan JaHWeH gebring is. Waarom hierdie visioen spesifiek op hierdie Geloftedag in 2002 gegee is, sal later nog baie duideliker geword het vir ons. U kan aanneem dat dit was omdat dit die eerste Geloftedag was, waar die nuwe bestuur van die Bloedrivier-terrein, die Voortrekkermonumente-kommissie, onder leiding van Genl. Gert Opperman, botweg geweier het om ons as Dogter van Sion op die terrein toe te laat. Daar was hordes polisie en weermag op die terrein ontplooi, om die moontlike opwagting van die Dogter van Sion teen te staan. Ten spyte van `n persoonlike besoek deur myself aan Opperman, het hy nog steeds botweg geweier. Dus kan hierdie visioen ook as waarskuwing gesien word, met `n tyd wat gegee was vir hulle om tot hulle sinne te kom. Geeneen het die reg om enigeen van God se kinders te verbied om die terrein van Sy Gelofte te betree nie. Gedurende die week voor die 22 September 2003, het die Dogter van Sion weer, deur ons Vader ingegee, spontaan `n nuwe Gelofte opgestel, waarin ons belowe het om ons Die getekende kontrak deur persone wat vir 7 dae afgesonder het op Kameeldrif 225, die grond van die DOGTER VAN SION. huis te Kameeldrif 225 beskikbaar te stel vir sy kinders wat oor die wêreld heen verstrooi is, om `n opleidingsplek vir die ware Woord te vestig, en ook om voortaan in ware broederliefde met volksgenote om te gaan. Hierdie Gelofte is weer deur 7 voorafgaande dae gekenmerk waarin ons die Gelofte gesewe het, deur dit elke oggend af te lê, en ook elke oggend sewe ramshorings te blaas, met die laaste dag waarop die prosedure sewe maal herhaal is. Die Gelofte is die sewende dag afgelees, en elkeen het `n klip geneem en `n klipstapel is onder `n eikeboom (sal later duidelik word) opgerig, as tasbare getuie van hierdie Gelofte met ons Verlosser, JaHshua. Sien getekende Gelofte langsaan. Uit Amerika het `n profesie gekom wat drie keer bevestig het dat 22 September 2003 “the day of the heart” was. Hierdie profeet, Raymundo Aquilera was selfs in Suid-Afrika waar hy ook, in opdrag van ons Vader, sy eie klipstapel kom pak het. Die ware betekenis van die dag was dus dat dit die dag was waarop ons ons harte en ons huis in Suid-Afrika, Sion, oopgestel het vir ons Vader se Sionskinders regoor die wêreld. Destyds in 2003 was ons as Dogter van Sion baie verward oor wat hierdie dag werklik sou beteken. Ons het `n wêreldoorlog verwag, ons het die ster Nibiru verwag, en nooit gedink dat die dag eintlik maar net die bevestiging van die toekomende ark/huis vir sy kinders was nie. Noudat die huis bevestig was, moes ons, onwetend wat nog vir ons in die toekoms gelê en wag het, `n baie deeglike beproewing van die leuengees van Satan ondergaan. Ons groot proef was voor die deur.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205