DIE MELGISEDEK ORDE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

16 DESEMBER 2006 – DIE NUWE GELOFTE Hierdie Geloftefees op 16 Desember 2006 was weereens by Kameeeldrif 225 gehou, en al drie Geloftes is gelees, die 1838, die Dogter van Sion–Boek van Herinnering-gelofte en die Dogter van Sion Nuwe Huis-gelofte. Dit het spontaan gebeur, nadat ons besef het dat ons Vader hierdie laaste Gelofte geseën het. Die huis was nou funksioneel en mense het weekliks ingestroom na hierdie huis, waarvan ons die deure per gelofte vir Sy kinders oopgehou het. Die res van 2006 en 2007 was gekenmerk deur wonderlike geestelike openbaringe wat na ons toe gekom het. Die grootste deel van die Lorberboeke se vertaling was 169 afgehandel, so ook die meeste van die Bertha Dudde werke wat vanuit Hollands na Afrikaans vertaal is. Gedurende hierdie tyd open Dogter van Sion nog `n webwerf, www.nuweopenbaring.co.za waar al die direkte openbaringe van ons Vader geplaas word. Al die boeke word gratis in elektroniese formaat beskikbaar gemaak. Duisende mense begin die webwerf maandeliks besoek en die nuwe openbaring begin nou wêreldwyd bekend te raak. Die wonderlikste gebeurtenis het egter die oggend van 30 Julie 2007 plaasgevind, toe Judith de Beer, `n Boeredogter van die Dogter van Sion (nou wel sowat 50 jaar oud en nie meer `n dogtertjie nie!) die innerlike stem van ons Vader hoor. So gee Hy toe die eerste direkte boodskap deur na Sy Sionsvolk, die Boerevolk in Suid-Afrika. Van daar af het sy ononderbroke elke dag `n boodskap ontvang en vandag, 22 September 2007, is ons reeds by die 122ste boodskap. Een van die mooistes, gegee op 6 Julie 2007 lees as volg. Uittreksel uit openbaring 41: ... Maar nog altyd in My wysheid het Ek trou `n oorblyfsel bewaar en onder julle volk het `n geringe groepie `n nuwe skriftelike ooreenkoms met My aangegaan en in hierdie nuwe skriftelike kontrak lê die hoop en opstaan van julle volk. Hierdie ooreenkoms kan net die Nuwe Gelofte wees, die een wat op 22 September 2003 afgelê is vir die eerste keer en wat onder die eikeboom bevestig is met `n klipstapel. Die een wat Hy op wonderbaarlike wyse bevestig het met `n verdorde ou eikeblaartjie. Hierdie inhoud sal deeglik bestudeer en nagekom moet word deur elkeen in hierdie Sionsvolk. Hierdie geskrif word tans geskryf, en dit is vandag die 23 ste September 2007, een dag na die 22 September 2007, die dag waar ons weereens hierdie Gelofte afgelê het as herinnering aan ons belofte aan JaHWeH. Wat `n wonderlike geseënde dag het ons nie gehad nie. Sy teenwoordigheid was tasbaar vir elkeen wat daar was. Daardie middag 16h00 gee die Vader die volgende boodskap aan Judith, naamlik Openbaring 122: Die vyeboom se finale bot “Nog altyd was My boodskappe en profesieë van so `n aard deur profete en sieners aan die mensdom oorgedra, sodat niemand `n vasgestelde tyd van die einde daaraan kon koppel nie. En vir baie eeue het baie geslagte voortdurend gespekuleer oor die spesifieke tyd van My wederkoms en telkemale en met die nodige tekens, het die vyeboom dikwels, tot aansporing van vele geslagte se geestelike groei, gebot. Maar Ek sê nou vir julle, sy loot het baie sag en groen vir sy finale bot geword. Die onder julle wat julle gesig van hierdie openbaringe wegdraai, omdat dit nie voldoen aan die vereistes, wat volgens julle standaarde, rondom My gebou is nie en julle julle daarom in hoogmoed en trots vir my skaam, vir julle sê Ek: Die dag van die groot ontmoeting het naby gekom, en ook sal julle nie voldoen aan die verwagtinge wat ek rondom julle gebou het nie, en wanneer julle in wanhoop na MY sal roep, sal Ek julle die gesig wegkeer, omdat Ek My vir julle sal skaam. Maar My kinders waarsku Ek met `n dringendheid, dat Satan die vermoë het om met `n flinke tong en vaardige spraak, homself baie geloofwaardig aan die mens te kan oordra. Wees daarom dubbel versigtig vir enigiets wat na `n te maklike oplossing lyk.” Hoe wonderlik is hierdie bevestiging nie! Dankie Abba Vader, dat U ons nog `n kans gegee het in 1997, dat u mis gegooi het op hierdie boom, dat u hom nie uitgespit het nie, dat U hom voortdurend onderhou het, 49 keer daarna te Bloedrivier en Kameeldrif 225, daarna die 50ste keer as vrylating en ons daarna as volwaardige eie boom, op 22 September gevestig. Dankie, dankie dankie. Amein. EINDE VAN INSETSEL OOR HUIS VAN SION OP ROTS

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205