OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

OP GOLGOTA 2
 
5 Jan. 2008 06. 59
In MY vorige boek oor MY kruisiging het EK julle vertel hoe dit gebeur het en ook hoe EK satan in die diepte van die hel oorwin het. MY kinders, julle het geen benul van wat EK alles moes deurmaak, sodat julle gered kon word nie. Die grootste pyne en die leed van eensaamheid was MY spys en dit was bitter swaar om te dra. MY kindertjies wat EK so liefhet, EK het dit gedoen omdat EK geweet het dat daar niemand was wat nog ooit geleef het en nog sou leef wat dit kon dra nie en daarom het EK MYSELF in ‘n menseliggaam kom hul, om so die las vir julle te kon dra. Daar is baie wat dit nie waardeer nie en wat dit afmaak as die grootste nonsens denkbaar en EK het dit ook geweet terwyl EK daar aan die kruis gehang het, maar dit het MY nie afgeskrik nie en EK het gesterf vir almal wat van MY verlossingsdaad gebruik wil maak. Dit is die rede dat EK daarmee volgehou het, al was en is daar nog steeds díe wat MY bespot. Dink daaroor na, gedurig en julle sal liefde vir MY in julle harte ondervind en EK sal alles aan julle bekend maak in verband met MY kruisiging. Aan die wat MY liefhet, sal daar niks geheim gehou word nie en EK sal alles ongesluierd aan julle gee. Wees maar net rustig, al val alles om jou inmekaar en vertrou net op MY, want as EK die dood en die satan kon oorwin, is dit vir MY net so maklik om julle in die grootste natuurkatastrofe veilig te bewaar. MY kinders, in MY sterwensuur het daar baie dinge deur MY gedagtes geflits en een daarvan was die komende rampe wat die aarde gaan tref. Met nuwe moed het EK weer verder die las gedra, omdat elke een van julle wat nou hier lees en wat MY liefhet se gesigte voor MY oë opgedoem het. EK kon elke een van julle sien in die groot nood wat julle gaan beleef en dit het MY Vaderhart verteder en EK wou die las tot op die einde vir julle dra. Dink nie dat julle net per toeval op hierdie oomblik op die aardbodem is nie en weet dat dit alles in MY Heilsplan ingewerk is. EK het geweet wie vir MY gaan stry aan die einde van tye en het daarom net die regte mense vir hierdie tyd op die aarde geplaas. Dink daaraan as jy weer nutteloos voel en weet - EK sal jou ook nog gebruik, want EK laat nooit ‘n behulpsame arbeider nutteloos rondsit nie. Kom bied jou dienste vir MY aan en EK sal julle elke een gebruik om te help om MY koring af te haal. Dit is dan die eerste hoofstuk van “OP GOLGOTA 2” en EK wil graag hê dat julle hierdie brood van MY ook opeet soos wat julle al MY ander Brood, gebring deur elke gewillige “pakdonkie” van MY, opgeëet het.
Amen.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205