OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 26
16 Jan.2008 11:19
EK SELF sal MY volk uit die nasies gaan haal en EK sal hul bring in hul land. Almal sal weet dat EK die Heilige van Israel is en hulle sal sien hoedat EK MYSELF aan hulle openbaar. Dit sal so waar as wat EK leef geskied en elke oog sal sien en elke mond sal bely dat EK Jahweh van die leërmagte is. Daar sal nie meer ‘n sweempie van twyfel by enige iemand wêreldwyd wees, dat dit EK is wat MY volk uit die hande van die bose bevry het nie. My kinders, julle wat MY woord glo, sal verstom wees om te sien wat alles sal gebeur en hoe EK julle uit die grootste gevare uit gaan red. Julle sal geen bang haar op julle koppe hê as julle besef hoe EK julle sal red nie. Daar sal, ten tyde van hierdie groot stryd tussen lewe en dood in julle land, nie ‘n sweempie van twyfel in julle harte oorbly nie, want EK sal julle beskerm en julle sal dit met julle eie oë sien. Daar sal niemand wees, wat ten volle op MY vertrou, wat iets sal oorkom nie. Dit belowe EK julle en kom toets MY aan MY woord. Rig julle oë net op MY en EK sal julle beskerm en geen wonderwerk is te groot vir MY nie. Niks is teveel moeite vir MY nie. MY kinders, kom gee julleself onvoorwaardelik in MY Hande oor en julle sal niks hoef te vrees nie. Geen swarte sal ‘n hand teen julle kan rig nie, of Ek sal hom SELF tref en hy sal weet, as hy sy laaste asem uitblaas, dat dit Ek is wat gepraat het. Geeneen van hulle sal daarna ooit weer ‘n hand teen julle rig nie. Na hierdie groot stryd sal die wêreld verstom wees en sal met groot bewondering en ook met haat na julle kyk, omdat hulle sal besef dat hierdie klein geringe oorblyfsel nooit alleen die stryd kon stry nie. Dan sal EK MY boodskapper stuur om hulle te gaan haal en EK sal al MY kinders van die ander lande hierheen bring en hulle sal saam met julle by MY pilaar vergader en saam met julle sal hulle MY liefhê en aanbid. Dit sal EK doen vir die mense wat MY liefhet en in diens van MY wil wees. Die res van die wêreld sal met afsku toekyk hoe EK julle dan weer sal seën en julle voorspoedig maak en met jaloesie sal hulle dan weer planne smee om julle tot ondergang te dwing. Maar MY GEES sal alleen hier heers en niemand sal julle weer tot diens van die bose kan dwing nie, want EK sal julle sterk maak, en al kom hulle met magtige wapens om teen julle te veg, sal julle eerder julle lewens gee as om weer deur die bose oorheers te word. Die bose sal dan deur julle oorwin word hier en baie ander mense wat weer hierheen sal kom om teen julle oorlog te maak, sal dan deur julle tot MY gebring word, waar EK hulle ook sal red. Maar aan die wat nie wil glo en ook gered word nie, sal daar ‘n einde aan gemaak word en hulle sal saam met die ou aarde verbrand en weer gekluister word, nadat daar baie kanse aan hulle gegee was. Hulle sal dan letterlik die stoppels wees wat saam met die aarde gaan verbrand. Tussen julle vyande wat weer teen julle gaan oorlog maak, sal daar ook verlore koringkorrels wees wat gered moet word en EK sal hulle almal uit kom haal met julle aan MY sy. Julle sal julle ligte laat skyn en die verlore koring sal dit dan herken en ook na julle kom om gered te word deur MY. Daarom, MY liewe kinders, moet julle nóu alles in die stryd werp en Een met MY word, sodat jy kan staande bly en ook verlore koring na MY kan bring. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205