OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 29
17 Jan.2008 06:37
EK het julle almal lief en wil julle almal versterk vir die tyd wat kom. MY kinders, kom soek My met vreugde in julle harte sodat Ek julle kan red en julle lig kan hê in die duisternis wat binnekort gaan heers. Daar is niks soos algehele duisternis van gees nie en wanneer daar gevaar is, sal dit baie erger wees. Bang sal almal wat MY nie liefhet nie, hulle gang gaan en probeer wegkruip vir die aanvallers. Maar julle wat MY liefhet, sal tussen hulle deurgaan en hulle sal julle niks kan doen nie, omdat EK julle sal beskerm. Ja, My kleintjies, EK sal hulle oë toehou, sodat hulle julle nie kan sien nie. In die verlede is daar baie gevalle gewees waar Ek MY kinders op wonderbaarlike wyses gered en bewaar het. Julle hoef niks te vrees nie, omdat EK, Jahshua, julle bystaan, en niemand ruk uit MY hand as EK gered het nie. Staan nader, sodat EK MY arms om julle kan sit en julle veilig en beskut kan wees. Gee julleself onvoorwaardelik in MY bekwame hande oor en moenie op wêreldse middels staatmaak om vir julle redding te bring nie. As EK MY kinders kon beskerm terwyl EK in die doderyk neergedaal het, sal EK julle ook sekerlik kan beskerm. Maar julle moet dit glo en nie twyfel nie, want EK, Jahshua, is Almagtig en sal fel op almal neerkom wat MY woorde bespot en beskimp. EK sal nét die red wat MY liefhet en die wat glo, al is daar net ‘n sweempie van liefde. Wees nie bevrees nie, omdat die onheil, en daarmee die dood, nader kan kom. As MY lig helder om jou is, sal die bose nie naby jou kan kom nie, maar as jy vrees, verminder jou lig en die bose kom al hoe nader. Daarom moet julle volle vertroue en geloof in MY hê en julle sal gered word. Dink daaraan, voor die groot dag aanbreek en julle nie meer daaroor kán nadink nie. EK gee julle nog ‘n rukkie kans, maar julle moet dit benut, omdat die tyd baie kort is. Wees nou al lief vir MY en EK sal julle almal red.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205