OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 33
19 Jan.2008 06:51
EK wil aan julle bekend maak hoedat satan te werk gaan om julle van MY af weg te rokkel en julle te keer om in julle harte te gaan en MY daar te soek. MY kinders, julle almal het al gelees dat EK altyd sê dat julle MY in julle harte moet soek en nie in julle verstande nie. Nou, daar is ‘n verskil tussen julle koppe en julle harte. Julle harte is die gebied waar julle emosies vandaan kom. Dink maar hoe jou hart voel as jy hartseer is of bly. Dit is ook hoekom `n mens van “hartseer” praat. Jou hart krimp regtig inmekaar en jy voel jy wil huil. Ook in jou hart is die gevoel van blydskap te vinde en as jy iemand lanklaas gesien het kom die emosie van verlange ook in jou hart na vore. Nou, wanneer Ek sê dat julle MY daar in julle harte moet gaan soek, moet julle letterlik met julle siele in julle harte ingaan en MY daar kom soek. Wanneer julle met baie liefde aan MY dink, sal julle voel hoe julle harte warm word en in daardie staat moet jy dan in jou hart in afsak en daar met MY kom praat. Wanneer jy in jou verstand is, kan jy nie tot MY deurdring nie en Ek sal jou verhoor, omdat EK weet jy weet nie van beter nie. Maar as jy van beter weet en al geoefend is om in jou hart in te gaan, moet jy MY nie meer in jou verstand aanroep nie. Sodra jy MY daar aanroep, sal jy oombliklik deur Satan aangeval word en jou gedagtes sal nie by jou gebed bly nie. Wanneer jy egter in jou hart tot MY bid, sal jy vir ure daar kan bly en jou gedagtes sal nie afdwaal nie. Satan weet dat julle nie weet hoe om in julle harte in te gaan en MY Stem daar te hoor nie en daarom sorg hy dat julle nooit self agterkom dat daar ‘n verskil tussen julle harte en julle koppe is nie. En hy poog daarin om julle soveel as moontlik in julle verstande te hou, deur middel van dinge wat julle die hele tyd moet besig hou in julle koppe. Daarom is die radio in elke winkel waarin jy stap aan en in elke straat waar jy stap word die musiek kliphard gespeel, sodat jy nie daarin kan slaag om jou verstand af te sluit nie. Kyk maar of jy in jou hart in kan gaan wanneer die televisie aan is, of enige ding wat voor jou gegooi word wat keer dat jy stil kan raak in jou binneste. Daarom verbied EK julle om na wêreldse musiek te luister en televisie te kyk. Hou jouself eerder met MY woorde besig as om ‘n aardse tydskrif te koop wat jou besig hou met die dinge van die aarde, en jy dan nie in die stilte van jou hart in kan gaan nie. Dink hieroor na en jy sal die waarheid agter dit raaksien. Julle wat dink dat EK net ‘n pretbederwer is, sal eendag spyt wees dat julle nie na MY woorde geluister het nie, aangesien daar ook ‘n verstand en ‘n hart in die siel geleë is, en na die dood moet die siel ook werk maak daarvan om MY in die hart te soek en nie in die verstand nie, as die siel dit nie op aarde reggekry het nie. Maar in die ryk hierna is dit net baie moeiliker as op aarde en daarom raai EK julle aan om liewer nou julle verstande te kruisig, soos wat EK op die Hoofskedel gekruisig is, en julle harte oop te maak en daarin te gaan en MY Stem daar te soek. Dit is ook daar waar julle MY Stem sal hoor en nie met julle verstande, of julle fisiese ore, soos wat baie mense glo nie. Dink aan MY met liefde in jou hart en daar waar jy die gevoel van liefde voel, moet jy ingaan met jou siel en jy sal weldra MY stem hoor en ook sommer deur jou geopende geestesoog ook kan kyk. Julle is die hele tyd in ‘n geestelike dimensie ook, al weet julle dit nie en MY skryfkneg wat hier skryf, kan oombliklik sien waar sy is, die oomblik wanneer sy in haar hart ingaan. Maar wees gewaarsku, die bose weet wie van julle ook al in julle harte in kan gaan en sal alles doen om jou gevange te hou in jou verstand. Poog daarom om nie na aardse dinge te luister nie en bly in jou hart, dan sal jy nooit verkeerd handel nie, omdat EK jou die hele tyd kan waarsku en jy MY Stem kan hoor.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205