OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 22
14 Jan.2008   07:50
Nadat EK uit die dode opgestaan het, het EK na al MY kinders oral oor die land gegaan en hulle oortuig van die lewe na die dood. Hulle almal was baie verheug en kon hulle oë nie glo nie. Elke een is daardeur versterk en kon die komende tyd tegemoetgaan sonder enige vrees vir die dood, en omdat hulle uitgesien het na die vereniging met MY na die liggaamlike dood. Julle sal ook so deur MY besoek word, voordat die laaste en felste stryd van alle tye aanbreek en met blydskap sal julle MY dan ontmoet en bly wees, omdat EK julle dan alles sal wys wat julle nodig het vir die groot stryd. Julle sal almal die krag en wysheid nodig hê, omdat satan buitengewoon slinks is en sal poog om julle van MY af weg te rokkel in die geloofstryd, maar EK sal nie toelaat dat een van MYNE deur hom oorval word en uit MY arms uitgeruk word nie. Daarom moet julle nou al bid sodat julle ook daar kan wees waar EK julle sal vergader en met julle sal spreek. EK sal wonders daar doen en julle sal MY herken as Jahshua van Nasaret wat ook SY mense daar gehelp het. MY kinders, julle sal baie bly wees oor elke ding wat EK oor julle sal bring en elke mens wat daar vergader, sal deur MY persoonlik aangespreek word. EK sal van tent tot tent en van mens tot mens gaan en elke een sal ‘n beurt kry om met MY alleen te gesels. EK sal elke liewe een, groot en klein, so versterk dat almal bereid sal wees om hulle lewens vir MY af te lê in die stryd wat dan sal volg. Nie een sal afgeskeep word nie en elke een sal deur MY vasgehou word. Julle sal almal die stryd tegemoetgaan en in die aanskyn van gevaar, sal julle nie val nie, omdat EK nog steeds vars in julle harte sal bly. EK sal ook hoorbaar in elke een se hart wees en met tye sal EK ook aan julle verskyn terwyl die stryd om julle aangaan en die gevegte nie ophou nie. Maar ten spyte van die deurmekaarspul hier om julle, sal julle vrede in julle harte hê en aan MY dink, terwyl julle lewens vir MY red. EK stel julle almal aan as MY lewensredders en julle sal ook die talente ontvang wat nodig is om menselewens te red van die bose vangnet. Dit sal die satan buitengewoon kwaad maak, omdat hy niks met julle sal kan uitrig nie en julle dan onaantasbaar sal wees deur MY GEES wat in elke een van julle teenwoordig sal wees. MY kinders, hierdie dinge is ook nie meer vêr in die toekoms nie en julle sal dit ook nog almal beleef en hoef nie eers oud te wees voordat dit gebeur nie. Direk na die stryd in julle land, sal EK julle almal saam vergader en EK sal daar in julle midde wees en in die vlees loop en julle versterk. Nadat EK elke een versterk het, sal EK dan weer na MY hemele gaan en julle net in die Gees bystaan. Daarna sal die geloofstryd dan volg en daar sal elke een vir MY moet stry en MY bely voor die mense en voor die gevaar wat satan in julle pad sal gooi. Julle sal wel ‘n kort tydjie vrede in julle land hê en voorspoedig wees, maar daarna sal die Derde Wêreldoorlog begin en daarmee saam ook julle stryd teen die Antichris. MY kinders, EK sal die aarde met ‘n groot aardbewing teister en dit sal dan groot chaos op die aardbodem tot gevolg hê. Wanneer die aardbewing gaan plaasvind, weet niemand nie en EK sal dit nie nou aan julle bekendmaak nie, omdat julle dan die hele tyd daarvoor sal vrees. Wat EK wil hê, is dat julle MY nou moet kom soek en MY nou al moet liefhê, dan sal geen ding wat oor jou lewe kom, vir jou iets groots wees nie. Julle sal ook deur MY beskerm word wanneer die groot aardbewing kom en julle sal niks hoef te vrees nie, want EK sal julle almal in MY arms vashou. Daarom sê EK nie vir julle presies wanneer die aarde gaan bewe nie, omdat EK wil hê dat julle julle tyd aan MY moet wy en nie aan die sinnelose vrees vir die aardbewing nie. MY kinders, julle moet niks vrees nie, want EK is die hele tyd naby en sal julle na veiligheid bring, al skud en beef die aarde soos ‘n riet in die wind. Kom net na MY met al jou sorge en vergeet van die aardse dinge en dan sal julle almal in MY arms veilig wees. Dit sê EK aan julle, sodat julle kan weet wat julle te wagte is. Onthou net dat EK julle nooit sal verlaat nie.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205