OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 3
6 Jan. 2008 06:15
EK het MYSELF laat kruisig en daarom kon julle gered word. Dink ‘n bietjie daaroor na en besef; as jy jouself kruisig, kan jy ook iemand anders red. Jy kan een met MY word en daardeur jouself kruisig, sodat MY Gees in jou ander kan red deur jou werk hier op aarde. Is dit nie ook ‘n onbaatsugtige daad wat jy aan ander bewys nie? Deur Een met MY te word, word jy vervul met krag en wysheid en jy sal presies weet hoe om te werk te gaan met die persoon voor jou en jy sal die regte metode gebruik om hulle harte aan te raak. MY kinders, vergeet van jouself en die liggaam wat jy so graag wil behaag en kom na MY. Baie haastig en met spoed. EK het al aan julle gesê dat julle die liggame moet kruisig en dat julle selfverloëning moet toepas, maar wat beteken dit regtig alles? Is dit nie die verloëning van die liggaam in alles wat vir hom lekker is nie? Baie mense is vies vir my skryfkneg oor die hoofstuk oor die wellus in die boek “Maak en Breek”, terwyl hulle niks verstaan wat EK daarmee probeer sê het aan julle nie. Hulle gooi klippe, terwyl hulle nie ‘n idee het van wat EK bedoel nie. Al wat hulle daarin raaksien is dat hulle nie meer iets mag doen waaraan hulle so gewoond geraak het nie en dat hulle nou baie swaar gaan kry sonder dit. Wel, EK wil vir julle sê dat daar wel mense is wat na MY stem geluister het en baie krag van MY ontvang het en nou dankbaar hulle Eenwording met MY voltooi. Aan julle wat nog aan die liggaam en sy begeertes wil vasklou, sal net dit geskied wat jy graag wil hê en jy sal baie spyt wees daaroor omdat jy dan nie soos jou getroue broers wat na MY Stem geluister het, beloon sal word nie. Ek belowe baie aan die wat hulleself laat kruisig en na MY kom om vernuwe te word en daarom spoor EK julle weereens aan om die wellus (die lus na enige iets waarvan die liggaam nie genoeg kan kry nie) heeltemal van julle af weg te werp. Sodra julle dit begin doen, sal julle baie vinnig begin groei, omdat al die krag wat eens in die liggaam ingegaan het, nou in die siel ingestoot word. Dit is baie soos ‘n boom wat gesnoei word en beter vrugte dra. As jy begin met die snoeiwerk, sal jy binnekort ‘n pragtige boom vol van die heerlikste vrugte hê, maar weier jy halstarrig om te snoei aan jouself, sal jou vrugte ook van ‘n lae gehalte wees en dit sal dan vir jou bittere hartseer besorg. Dit is dan ook die geestelik betekenis van MY kruisiging. EK het aan julle getoon dat MY hande nie meer kon doen wat hulle graag wou nie. Ook was MY voete vas gewees om nie die weg te gaan wat EK wou nie. EK is op die plek van die hoofskedels gekruisig en dit is dieselfde as wanneer julle, julle eie verstande kruisig en in julle harte begin leef. MY hart/siel het voortgeleef en nadat EK eers deur die diepste hel (pyn van die kruisiging) gegaan het, is EK verenig met MY Vader waar EK die grootste loon ontvang het vir dit wat EK opgeoffer het. Die diepste hel beteken maar net in geestelike terme dat EK die dood moes oorwin voor EK Een met MY Vader kon word. MY kinders, julle wat hier lees, moet ook eers die dood oorwin voor julle Een met MY kan word. Oorwin die liggaam want dit is die dood! En dit sal dan vir jou die eenwording met MY besorg. Menige mense wil maar nie die aardse los nie en hardloop herwaarts en derwaarts om die liggaam te versorg en besef nie dat hulle besig is om ‘n dooie stuk vlees te behaag nie. (Kyk na die stuk oor die vrou en die lyk in “Geesteservarings” en ook waar ek met Jahshua sit en my arms verbrand is. Louise) Kyk na MY knegte in die Bybel en julle sal sien met watter krag hulle te werk gegaan het. Daar is bose duiwels uitgedryf en wonderwerke verrig en dit net alles deur MY krag wat hulle deur die eenwording met MY bewerkstellig het. EK sal elke een wat werklik ernstig is, met baie krag voorsien, sodat hy sy liggaam kan aflê en hom met MY verenig. Julle kan nie in die gees sien nie en daarom gebruik EK MY kneg om dit vir julle te vertel wat EK aan haar toon. Deur die verbranding van haar arms, bene en kop het sy alreeds een met MY geword tot op ‘n sekere punt, maar sy het nog baie dinge om te verbrand en is nog vêr van volmaak af. Baie van julle is ook al op dieselfde punt en besef dit ook nie,,omdat julle nog nie in die gees kan sien nie. Strewe daarom daarna om in die gees te kan sien en EK sal jou aantoon in hoeverre mate jy al een is met MY.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205