OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 14
10 Jan.2008 7:24
In en om die grafkelder was dit stil en geen mens kon dit sien of hoor nie maar daar was geeste wat oor MY liggaam gestry het. Die bose wou MY liggaam oorneem en daarmee wou hulle die mense mislei het om verkeerde dinge te doen. Julle wonder nou hoe hulle dit met so ‘n geskende liggaam kon doen, maar EK sê vir julle dat die satan ook die mag het om gesond te maak. Baie van julle weet nou al van sekere “geloofsgeneeshere” wat mense in “MY Naam” genees. MY kinders, as julle nie wakker is nie, sal julle deur hulle mislei word en dan val julle baie diep in die duisternis in. Die sogenaamde geloofsgeneeshere doen hulle genesings in die naam van satan en genees net die mense se liggame en nie hulle siele nie. Hulle siele word dan onherroeplik geskaad en hulle (die bose) het dan ‘n houvas op daardie mense totdat hulle besef wat aangaan en die satan deur MY verjaag word. Dan keer daardie siekte oombliklik weer terug en die mens besef dan dat die bose hom nooit genees het nie. EK genees eers die siel en die siel genees dan self die liggaam. Wanneer daar ‘n siektetoestand ontstaan, sal die siel ook daaronder ly, omdat die siel eerste siek geword het en dan die liggaam aangetas het. EK genees volkome, terwyl satan net die liggaam genees sodat hy ‘n houvas op daardie siel kan hê. Dit was dan die doel met MY liggaam ook en hy wou my liggaam tydelik hê, sodat hy MY mense op ‘n baie slinkse manier kon oortuig dat hulle verkeerde weë moes volg. Dit is nie aan hom toegestaan nie en om daardie stil grafkelder het oorloë gewoed wat nie deur die fisiese oog van die mense waargeneem kon word nie. EK het dit nie toegelaat nie en daarom het satan nog in meer woede ontvlam wat hy natuurlik nie op MY kon uithaal nie, maar op sy demone. Die demone is verskriklik deur hom gemartel en hy het met alle wraak op hulle neergekom. MY kinders, in vandag se tyd is daar ook so iets soos ‘n bose gees wat in ‘n dooie se liggaam in kan gaan en dan die mense om hom/haar kan verlei tot groot sonde, omdat die mense dan daardie persoon glo. Gewoonlik is die persoon wie se liggaam dit was, ‘n baie groot gelowige en baie mense het dan ook na daardie persoon geluister omdat hy/sy naby aan MY geleef het. In daardie geval het EK net die mens kom haal en niemand was eers bewus van die heengaan van daardie gelowige nie. Julle almal weet dat iemand wat nie verknog is aan sy liggaam nie, sommer net uit die liggaam kan stap as EK hom/haar roep en daarom nie ‘n dood sterf wat pynlik is nie. Sodra daardie persoon dan uit sy liggaam uitgestap het en die lewelose liggaam dan agterbly, word die liggaam deur ‘n bose gees oorgeneem en die persoon wat julle dan aansien as die gelowige, is dan nie meer dieselfde mens nie. Die liggaam bly dieselfde, maar die gees daarbinne is die van ‘n bose en hy kan dan groot skade aanrig. Ongelukkig weet amper niemand van so iets nie en daarom kan satan dit baie maklik gebruik om mense te verlei. Maar MY kinders, julle moet MY GEES in julle hê om te kan onderskei tussen die ware en die valse en daarom is dit nodig vir julle om die hele tyd by MY te skuil en MY lief te hê, sodat jy van dinge bewus sal wees waarvan die wêreldling niks kennis dra nie. EK het dan ook toegelaat dat dit met ‘n profetes en haar seun gebeur en dit het al ‘n paar mense verlei en hulle glo nog steeds daardie persoon. Die dinge wat deur daardie vrou gesê word, is lankal nie meer van MY af nie, maar díe wat MY GEES het, het by MY die waarheid ontvang en kon deur die skelmstreke van die satan kyk. Glo niemand nie, MY kinders, maar glo MY en kom vra voordat jy enige openbarings lees. EK gebruik MY skryfknegte, maar julle moenie van hulle iets probeer maak nie en glo dat hulle alleen al die antwoorde ken nie. Hulle is ook maar net mense en kan ook foute maak as hulle self ‘n uitspraak moet maak. Kom daarom net na MY en EK sal jou al die antwoorde gee. EK sal jou ook antwoord deur MY skryfknegte, maar die Gees in jou sal jou sê of dit die waarheid is of nie. Ken ook die boom aan sy vrugte. `n Boom wat liefdevol is, sal liefdevolle vrugte dra en ‘n boom wat vol haat is, sal mense agter hulle rûe beswadder en alles wat hulle doen afmaak as verkeerd. Glo dit MY kinders, omdat daar baie dinge is waarvan julle nie kennis dra nie. Daar is baie snaakse dinge om julle aan die gang en niemand kom dit agter nie. MY kinders, EK is sag en MY kinders en MY ware diensknegte is ook sagmoedig. Kyk na die mense wat deur MY gebruik word en as hulle nie die vrugte van die GEES dra nie, is hulle nie uit MY nie. Vermy hulle dan en kom soek na MY ware diensknegte, sodat hulle aan julle die woord onvervals kan gee. Maar dit lê ook by elke een afsonderlik om MY te kom soek en die onvervalste woord van MY alleen te ontvang, sodat almal dit direk van MY kan kry. Daarom maan EK julle om ook die innerlike Stem te soek sodat niemand julle kan verlei nie, omdat EK dan met MY GEES alles vir julle self gee en daar dan niks vals kan uitkom nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205