OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 32
18 Jan.2008 16:55
EK het aan MY skryfkneg gewys hoe EK gelyk het aan die kruis en dit het haar diep geroer en sy het gewonder waar EK die krag vandaan gekry het om nog te praat terwyl EK aan die kruis in pyn vasgespyker was. EK het aan haar gesê dat Ek krag van My Vader ontvang het om alles deur te maak, al was EK van HOM geskei tydens MY kruisiging. Net soos wat julle nog nie met MY Een is nie en julle krag van My ontvang, het EK ook krag ontvang om daardie swaar las te dra. Dit is die las wat EK vir julle gedra het en EK het die onbeskryflikste pyne deurgemaak. Daar was nie ‘n heel plek aan My liggaam nie en die satan het sy kans goed benut om MY te pynig. My kinders, julle sal nie nou alles verstaan nie, omdat daar baie dinge in die geesteswêreld afgespeel het wat vir julle heel nuut sal wees. Daarom sal EK nie in diepte aan julle alles verduidelik nie, maar Ek sal julle wel die volgende daaroor sê: Terwyl EK gekruisig is en die marteling deurgegaan het, was daar oorlog in die hemele en die bose was heeltemal uit hulle velle uit en het gedink dat hulle MY ryk kon oorneem terwyl Ek “hulpeloos” aan die kruis was. In die hemele was daar oorlog en dit het almal as groot donderslae waargeneem. Hulle kon egter geen teken van reën sien nie en het gestaan en kyk wat met MY gebeur. In My hemele het die satan en sy demone probeer inkom en het gedink dat hulle MY nou gaan onttroon en self MY troon bestyg. MY engele het egter die opdrag gehad om hulle met alle mag te verwyder en hulle in die diepste put te gooi, waar Ek dan ook ingegaan het. Die wagters by die poorte van die hel het ook die opdragte gekry om die hekke te bewaak, sodat EK nie daar kan inkom nie. Hulle het MY geweldige lig gesien en het gevrees vir MY lig in hulle koninkryk. MY lig het hulle gepynig en toe EK met MY mag daar inkom, het hulle met groot vrees en bewing neergeval en kon nie opstaan nie, weens hulle groot vrees. EK het egter MYNE daar uit gaan haal en die duisternis het teruggekeer in die midde van die hel waar dit nog vandag is. Nou is dit dieselfde met julle en waar julle besig is om gekruisig te word, het die oormag julle oorgeneem en wil hulle koning kraai waar hulle nie mag nie. MY kinders, Ek gaan julle weereens verlos en julle sal weer regeer saam met My as julle Heerser. Die bose gaan EK verjaag, omdat hulle is waar hulle nie mag wees nie. In sataniese hoonlag het hulle julle uitgelag en wou alles van julle oorneem, maar daar sal nou ‘n einde aan gemaak word en EK sal díe laat heers wat EK SELF aanstel. Moenie hulle vrees nie, want dit is nie uit MY uit nie. EK sal julle help en die orde in julle land herstel en daaraan kan niemand iets doen nie. Al dreig hulle julle met allerhande dinge, moet julle nie bang wees nie, omdat EK julle van al hulle dreigemente sal bewaar. Niks sal teen julle uitgerig kan word nie, omdat EK so sê. Gaan julle gang sonder ‘n bang haar op julle koppe en vertrou net alleen op MY. EK sal die poorte van die duisternis in julle land ook oopmaak en daar ingaan, al waak hulle almal gelyk by die ingange. EK tree in en gaan haal MYNE daar uit en niemand sal MY keer nie. Nie die grootste oormag op aarde of in die hemele kan MY keer nie. Vertrou net op MY en EK sal julle almal uit die donker put kom haal en julle sal juig en jubel omdat EK MY deur niemand van stryk af laat bring nie. Sorg net dat jy aan MY kant is en nie aan die kant van die bose nie, omdat EK nie die bose van hulle eie boosheid bevry, solank dit hulle wil is om boos te wees nie. Luister na MY woorde en wees getrou.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205