OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 18
13 Jan.2008 06:59
EK het, nadat Ek MY dissipels wakker gemaak het, weereens aan hulle vertel waarom hulle moes waak en bid, maar nie eers die waarskuwings kon hulle uit die slaap uit wek nie. Hulle het werklik eers wakker geskrik toe hulle kom om MY gevange te neem. MY dissipels het inderhaas begin bid soos nog nooit tevore nie en het geweet dat die tyd aangebreek het dat hulle ten volle net op MY moes steun. In die verlede het hulle ook op MY gesteun, ja, maar hulle was die hele tyd in MY nabyheid en kon MY wonders sien en het geweet dat niks hulle aan MY sy sou oorkom nie. Met MY gevangeneming was dit vir hulle angswekkend om te sien dat EK MYSELF nie teen díe verset het wat gekom het om MY in hegtenis te neem nie. En hulle wou vlug, maar het eers by MY gebly vir ‘n ruk totdat hulle moed hulle begewe het. Daar staan geskrywe dat Petrus MY probeer verdedig het, deur een van die wat gekom het om gevange te neem, se oor af te kap. Dit is so en het werklik gebeur en daardie persoon het weggegaan en MY Gees het in hom begin werk en hy is ook deur MY gered, maar die oorgrote meerderheid is nie eers deur daardie gebeurtenis geraak nie en het MY weggevat na Herodes en Pilatus. Petrus se daad het bewys dat hy MY liefgehad het, maar dit was van korte duur. Toe hy sien dat niks meer help nie, het hy ook gevlug en My stadig van agteraf gevolg, tot op die plek waar hulle hom gevra het of hy MY geken het en hy MY skaamteloos verloën het. MY kinders, wat EK hiermee aan julle almal wil sê, is dat julle nie moet dink dat julle geloof so groot is dat julle MY nooit sal verloën nie. EK het geweet dat Petrus MY sal verloën, ten spyte van sy groot liefdesbetuiging aan MY en het gevoel gehad met sy swakheid, maar het hom ook voor die tyd gewaarsku, soos wat EK julle nou voor die tyd waarsku. MY kinders, kom nader aan MY, sodat julle krag kan ontvang vóór die groot geloofstryd aanbreek. In daardie geloofstryd sal niemand staande kan bly wat MY nie ken nie. Niemand wat nie voor die tyd krag van MY ontvang het daarvoor, sal kan staande bly sonder om MY te verloën nie. As julle nou al te swak is om MY woord te verkondig, weens bangheid oor wat jou naaste daarvan gaan sê, hoe groot sal jou geloof dán wees? Nog kleiner, sê EK vir julle! Kom daarom nóu na MY en waak en bid saam met MY, sodat die wolwe julle nie onkant vang en julle dan nie genoeg geloof in MY het nie. MY kinders, dit is verskriklik belangrik en EK wil dit weereens vir julle op die hart druk sodat julle nie kan sê dat julle nie geweet het nie. Dink aan MY en aan die groot pyn wat EK moes verdra en weet dat julle pyn nie veel minder sal wees nie en baie van julle wat nou hier lees, sal ook nog vir MY moet ly en sterf. Julle sal dit nie kan doen as julle nie waak en bid en só julle innerlike versterk met geloof en hoop nie. Wees maar nie bevrees nie, wil EK weereens vir julle sê, maar dit beteken nie dat daar geen onheil oor jou pad gaan kom nie, omdat die satan elke een van julle wat MY dien, ken, en julle dan baie fel gaan aanval op die groot dag waarna EK die hele tyd verwys. MY kinders, as hy klaar met die wêreld gespeel het en hy verveeld gaan rondkyk wat om te doen, sal sy vieslike oë reg op julle val en met nuwe ywer sal hy julle aanval, omdat hy moeg gespeel is met die wêreld en hulle regeerders. Hy wil julle aanval, omdat hy MY wil aanval, maar nie kan nie. Daarom sal hy met wreedheid op julle toesak en so probeer om MY terug te kry, maar EK sê nou vir julle, dat vir julle wat MY liefhet en waak en bid, dit nie so moeilik sal wees nie en dat hy nie die oorhand oor julle sal kry nie. Maar, en julle moet nou mooi luister, dan moet julle nou al begin waak en bid en julle krag van MY kom haal, sodat julle nie ‘n tekort sal hê daaraan in die kwaai stryd wat voorlê nie. Bring dit vir MY in julle gebede en dra julle swakhede aan MY op, sodat EK julle kan vernuwe, en julle met nuwe krag en ywer voort kan gaan en net soos Petrus, wat op die ou einde werklik sy lewe vir MY gegee het, kan uithou tot op die einde.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205