OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 21Hoofstuk 21
14 Jan.2008   07 :28
Op Golgota het EK verlossing gebring en vir elke een wat MY Naam aanroep, sal daar verlossing wees, omdat EK dit vrylik gee aan elke een wat daarvoor vra en wat MY liefhet. Daarom moet julle nie vrees vir die gedrang en die chaos in die wêreld om julle nie. EK sal met julle veilig in MY arms staan sodat niemand julle uit MY arms uit kan haal nie. MY kinders, die “vrede” wat so aan julle verkondig is sedert die vroegste tye, is amper op ‘n einde en dan sal die leiers wat MY kinders so verlei het, die “vrede” kry wat hulle so verkondig het. Daar sal net vrede in MY kinders se harte heers en die wêreld sal gedompel word in die grootste oorlog wat nog ooit uitgebreek het. Dit sal ‘n oorlog wees wat volskaalse vernietiging sal bring. Net hier in Suid-Afrika sal daar vrede heers, omdat dit MY vrede sal wees wat hier is. Na alles hier weer hervestig is en almal na hul huise teruggekeer het, sal die wêreld in ‘n oorlog woed en net MY kinders sal in vreugde lewe en MY loof, omdat EK die EEN is wat dit vir hulle bewerkstellig het. Net soos die dag van My opstanding, sal dit dan hier wees, omdat julle almal MY dan sal kan sien en julle sal bly wees terwyl die wêreld huil. Dit is nie ‘n oordeel oor die wêreld nie, hulle verkies dit dan so. Kom skaar julle by MY en julle sal juig en vrede hê, terwyl die res van die wêreld wat MY nie gekies het nie, in die grootste oorlog gewikkel sal wees. MY kinders, hulle sal weereens probeer om julle by die oorlog te betrek en julle vrede van julle af weg te vat, maar julle moet dan weereens net op MY vertrou en EK sal julle weer help, omdat MY hulp nooit opdroog vir die regverdige wat MY in sy hart liefhet nie. Daar is nie meer so iets soos wêreldvrede nie en daar was nog nooit so iets nie, al het die wêreldowerhede dit so probeer voorstel. Maar in die toekoms sal daar baie erger dinge kop uitsteek en dit sal baie bloed laat vloei, as tot op hede. Kom skuil net by MY en julle het niks om te vrees nie. Laat die wêreld woed en die storms slaan, maar kom laat EK jou beskerm en beskut teen die kwaai winde van wat ook al. Net EK kan julle daarteen beskerm en julle sal veilig in MY arms wees tot op die dag van MY wederkoms. MY kinders, onthou dat julle almal met MY Een sal wees, voordat die Antichris sy verskyning sal maak en onthou dat niks julle dan sal oorkom nie, al maak hulle julle liggame dood. Julle sal geen vrees ken nie en sal die wat wel vrees en MY nog nie ken nie, maar ook nie saam met die Antichris wil gaan nie, moet gaan help en na MY lei. Dit is waaroor die hele geloofstryd dan sal gaan. Dit sal wees omdat die satan sy mes vir MY in het en MY wil aanval en nie kan nie. Hy sal dan op julle wil neerkom, maar sal nie rekening hou met die feit dat julle Een met MY sal wees nie. Hy sal dan net julle liggame kan skend en nie julle siele nie. Dit sal hom woedend maak, maar hy sal daar niks aan kan doen nie. My kinders, julle sal dan die swakkes wat ook in sy hand is, moet gaan haal en aan MY bring sodat hulle nie verlore sal gaan nie. Die hele geloofstryd sal gaan oor die bewys van onbaatsugtige naasteliefde aan die een wat nog in satan se kloue is en wat van hom bevry moet word. Geen mens kan raai wat alles daar sal gebeur nie, maar wees net verseker van MY Liefde vir julle wat julle uit groot gevare sal red sodat julle julle werk vir MY kan volbring.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205