OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 27
 16 Jan.2008 11:42
EK kom om julle weer te verlos van al die bose dinge op aarde en elke een wat MY liefhet sal nie ondergaan in die stryd teen die bose nie. EK sal MY kinders nooit verlaat nie en sal niemand wat opreg na MY kom ooit wegwys nie. MY kinders, julle almal weet dat Judas Iskariot MY verraai het en dat hy ook dan sy eie lewe daaroor geneem het. Sal dit vir julle snaaks wees om te hoor dat EK hom vergewe en gered het? Waarom dan nie? As EK die manne wat MY gemartel en gekruisig het, gered het, waarom sal EK hom dan nie ook vergewe en red nie? MY kinders, Judas is al lankal deur My vergewe en EK het hom aan MY bors vasgedruk nadat hy opreg berou gehad het oor sy sondes. Judas was ‘n man wat baie verknog was aan sy aardse besittings en daarom kon hy MY nie heeltemal herken nie. Hy het My altyd aangesien as ‘n baie magtige man maar het nie besef dat EK eintlik die Messias was wat MY volk van die bose kom bevry het, en nie van die Romeine, soos wat almal gehoop het nie. Judas het dan ook gedink dat as hy MY in ‘n posisie plaas waar EK MY mag moes laat geld, EK dan ook as die koning van die land gekroon sou kon word. Dit sou dan die Romeine, wat MY geken het, die skrik op die lyf jaag en hulle sou dan die heerskappy aan My oorgegee het, aangesien hulle geweet het hoe Almagtig Ek was. Dit was die rede dat hy My gaan verraai het en nadat hy MY verraai het, het hulle dan ook gekom en MY gevange geneem. Tydens My marteling het hy dan ook alles probeer om te keer dat EK gekruisig word, aangesien hy nie wou gehad het dat Ek doodgemaak moes word nie. Dit was vir Judas iets verskrikliks om te aanskou en hy het besef dat EK MY nie teen hulle gaan verset nie. Hy het tot die geld wat hy ontvang het om MY te verraai, gaan terug gee, sodat hulle MY moes vrylaat en dit was iets groots vir Judas om te doen, aangesien jy nie maklik geld uit hom gekry het nie. Nadat hy dan ook alles probeer het en gesien het dat niks sou slaag om MY lewe te red nie, het hy homself dan om die lewe gaan bring. Nadat hy in die doderyk ingegaan het, het hy net daar gesit en bitterlik geween. Met MY intrede in die doderyk het EK tot voor hom gegaan waar hy MY dan ook herken het. Hy het homself voor MY voete neergegooi en so geween dat hy nie ‘n woord kon uitkry nie. EK het hom met liefde aangekyk en hom opgetel en aan My bors vasgedruk en hom so tot in MY ryk gedra waar hy vandag nog is. MY kinders, vir hom was daar genade en EK het vir elke sondaar dieselfde genade en erbarming. Kom na MY, met al jou sondes en EK sal jou vergewe en jou ook so teen MY bors vasdruk soos Judas Iskariot. Dit sê EK, die Ewige, Groot Koning aan alle sondaars!
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205