OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 37
20 Jan.2008 07:55
Gee jou hele hart net vir MY alleen en moenie terughou van jou hart nie. Dit is wat EK vir julle almal wil sê vandag, omdat baie van julle geneig is om van julleself terug te hou en dit vir iemand anders te gee. MY kinders, as julle julle harte onvoorwaardelik aan MY gee, sal julle dan ook julle harte met ander kan deel deur MY liefde. As julle MY eerste liefhet, sal julle dan julle naaste deur MY liefhê, soos wat dit hoort en niemand sal dan groter as Ek wees in julle harte nie. Daar is baie wat MY liefhet, maar nog ‘n klein stukkie van sy hart oorhou vir sy vrou of kind en dit kan nie toegelaat word nie. Kom gee jou eerstens aan MY oor en kry MY lief met jou hele hart en jy sal sien hoe jy jou naaste liefkry deur MY en dit sal dan ‘n verhewe liefde wees wat rein is. Niemand is groter as EK nie en niemand kan MY plek inneem nie en daarom moet julle MY eerste kom soek en dan sal EK julle met liefde in julle harte seën, sodat julle dit kan uitdeel aan ander mense. Wie sy vrou of kind bo MY stel, is MY nie werd nie en sal daarom dan ook deur die bose aangeval word, omdat die bose selfs dít weet. EK het julle eerste liefgehad en daarom moet julle MY ook eerste liefhê, sodat EK julle weer met liefde kan beloon sodat julle dit in oorvloedige mate kan teruggee aan julle vrouens of kinders of mans. Dink julle dat julle staande kan bly wanneer julle iemand bo MY liefhet? Sal jou vrou, kind of man jou staande kan hou in die geloofstryd? Wat van die lewe hierna? Kan enige iemand vir jou die ewige lewe gee? Nee, MY kinders, net EK kan julle die ewige lewe gee en sal julle daarom aanraai om niemand bo MY te stel nie. Kom vra MY en EK sal dit aan jou openbaar en jou wys of daar iemand in jou hart is wat groter is as EK. Dan kan jy dit ook in MY Hande gee en EK sal jou daarvan bevry. EK sal julle almal rein maak voor die groot geloofstryd aanbreek, omdat EK reine kinders nodig het om vir MY in die wingerd te arbei. Wanneer hierdie stryd in julle land met die ander nasies verby is, sal julle almal rein voor MY staan en daar sal nie meer ‘n vuil kolletjie op julle harte wees nie. Hierdie stryd is daar om julle te reinig en julle skoon te was, en daarom moet julle noual vir MY vra waar julle nog onrein is, sodat EK jou noual skoon kan was en jy nie so ’n kwaai stryd nodig het om jou te reinig nie. EK sal die wat alreeds voor die tyd na MY gekom het vir die reiniging, deur baie dinge laat gaan sonder dat dit hom of haar enigsins skade kan aanrig, terwyl die ander wat nog nie deur MY gereinig is nie, deur slegte dinge sal moet gaan en baie meer sal verloor omdat hulle daardeur gereinig moet word. Dink daaraan en kom liewer nou, sodat EK julle kan reinig en julle hierdie stryd wat kom, makliker sal kan dra as die een wat meer reiniging nodig het, en dit dan in die stryd moet deurgaan. EK alleen sal julle skoon was en julle sal rein voor MY staan sodat EK julle kan optel en teen MY bors vasdruk. MY liefde aan julle, MY volk van ouds.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205